Daar is belangrike redes waarom rassisme onaanvaarbaar is. Dit is onversoenbaar met die Christelike waardes en etos wat respek vir God se ganse skepping vereis. Dit benewens die opdrag om alle lewe met waardigheid te behandel en om ander lief te hê soos onsself. Rassisme is dikwels ‘n aanduiding van swak oordeelsvermoë (veral in vandag sê wêreld) en ‘n valse sin van selfvertroue. Dit sê baie meer van die persoon wat dit inspan as van die persoon teen wie dit gerig word.
Afrikaners is ‘n hoogs uitkenbare en kwesbare groepie mense in Suid-Afrika. Ons is uitkenbaar weens ons velkleur en die wyse waarop ons praat. Ons is kwesbaar omdat ons yl verspreid en in isolasie in klein woonbuurte, sekuriteitskomplekse of plase woon. Ons is slegs ‘n groepie omdat ons getalle minder as 5 uit elke 100 Suid-Afrikaners verteenwoordig.
Hierdie werklikheid bring mee dat wanneer ons rassisties (of gewoon meerderwaardig) optree teenoor die ander volkere van Suid-Afrika, dit soos ‘n rooi vlag is wat vir ‘n bul gewaai word. Met die verskil dat dit nie een bul is nie, maar ‘n arena vol bulle met genoeg getalle en krag om ons binne oomblikke uitmekaar te ruk en tot stof te vertrap.
Dit is daarom nie alleen reg dat ons rassisme in ons geledere uitroei niel; dit is vir ons ‘n oorlewingstaak.
Waar ons rassiste in eie geledere teëkom, moet ons hulle dade verwerp en dit duidelik maak dat Afrikaners nie so optree nie.
Dit bring ons egter by die punt van geregtigheid. Gelykheid voor die reg vorm ‘n hoeksteen van vooruitstrewende samelewings. So ook die reg om die beskuldigings teen jou aan te hoor en om jouself daarteen te verdedig. Hierdie gebruike het ook uit Bybelse beginsels ontwikkel.
Dit raak ongelukkig al duideliker dat hierdie beginsels van geregtigheid nie tot Afrikaners se beskikking is wanneer ons van rassisme beskukldig word nie. Ons word byvoorbaat as rassiste beskou.
Nie alleen word ons politiek altyd as rassisme gebrandmerk terwyl ander se rassisme net politiek is nie (kyk maar na die min gevolge vir Julius Malema se rassistiese beleide), maar ons misdade is ook altyd rassisme terwyl ander se rassisme net misdaad is.
Wanneer swart bendes ons aanval, martel, verkrag en vermoor, is dit misdaad. Wanneer ‘n bende Afrikaners ‘n swart boemelaar vermoor is dit rassisme. Wanneer ‘n Afrikaner-boelie ‘n swart betreder in ‘n kis prop sonder om enige rassistiese stellings te maak, is hy nie net ‘n misdadige aanrander nie, maar ook ‘n rassis.
Hierdie dubbele standaard is ‘n eenvoudige werklikheid. Om daaroor te kla, help nie. Weet dit: as jy iets verkeerd doen teenoor iemand van ‘n ander velkleur gaan jy nie aleen vir jou misdryf gestraf word nie, maar jy gaan as rassis gebrandmerk word – met ernstige finansiële, sosiale en fisiese gevolge.
Wat staan ons dan te doen? Daar is drie belangrike dinge wat ons wel kan doen. Die eerste is om nie ‘n rassis te wees nie. Die tweede is om op te hou om die mite te voed dat ons almal rassiste is. Ons kan dit doen deur rassiste in eie geledere te veroordeel en onsself van hulle te distansieër. Ons moet ook ophou om te maak asof individuele swape se onverstandighede optrede ons kollektiewe skuld bewys. Ons moenie ons “skaam” of ‘n kollektiewe swaart-val uitvoer vir elke rassis wat uitgekrap word nie. Hulle verteenwoordig ons nie en ons het hulle ook nie aangemoedig of ondersteun nie. Ons moet ook die media en politieke partye voor stok kry wanneer hulle ons by enkeles se wandade wil betrek.
Derdens, en die belangrikste, is om onsself van hierdie konflik en wrywing te verwyder deur te werk vir ons selfbeskikking in die Noord-wes Kaap. Deur selfstandig en op onsself aangewese te wees, en daar vir mekaar te wees, kan ons die versoeking asook die gevolge van rassisme (wit en swart) vryspring.