Nadat die NG Kerk onlangs ʼn wesenlike besluit oor huwelike tussen persone van dieselfde geslag geneem het, is die Afrikaanse media weer gedomineer deur artikels, briewe en redaksionele kommentare oor die rol van die kerk in ʼn moderne Westerse samelewing. Die huidige debat onder Afrikaners oor die toekoms van die Afrikaanse kerk en die voortbestaan van ons Christelike geloof fokus hoofsaaklik op ʼn afspeel van twee moontlike opsies. Die een is ʼn suiwer konserwatiewe benadering van behoud, terwyl die ander ʼn suiwer liberale benadering van aanpassing is om aan die mens se moderne behoeftes te voldoen.
Die NG Kerk se besluit staan nie in isolasie nie. Dit is deel van ʼn internasionale liberalisering waarvolgens Bybelse geloofsoortuigings toenemend tot die private beperk word en kerke desperate pogings aanwend om by mense se behoeftes aan te pas ten einde relevant te bly.
Die VSA, dié land met die grootste Christelike bevolking in die wêreld, het vroeër vanjaar gesien hoe Christenskap tot die private ruimte beperk word met verskeie hofuitsprake teen Christelike beginsels. Voor die VSA het hierdie proses in bykans elke Wes-Europese land plaasgevind. In Suid-Afrika sien ons dieselfde aanslag teen Christenskap.
Die gerespekteerde Amerikaanse konserwatiewe skrywer, Rod Dreher, skryf onlangs in Time-tydskrif dat Amerikaners nou in ʼn kultureel post-Christelike land leef. Dreher identifiseer die moderne kultuur van individualisme as die kern van die probleem in Amerika. Die verval van die tradisionele huwelik is slegs een gevolg van die totale verval van die gemeenskap as die draer van tradisionele waardes. Gesinne wat saamkom en ʼn sterk gemeenskap met gedeelde waardes vorm, bestaan byna nie meer in Westerse lande nie.
Dreher stel ʼn sogenaamde Benedictus-opsie vir Christene voor. Die filosoof, Alasdair MacIntyre het in 1982 in sy boek, After Virtue, vandag se kulturele verval met die kulturele verval van Antieke Rome vergelyk. Benedictus van Nursia, ʼn jong Christen het uit Rome getrek om in afsondering in ʼn woud oor die verknorsing van sy volk te gaan bid. ʼn Gemeenskap van tradisionele Christene het om hom ontstaan en regdeur die vroeë Middeleeue het sogenaamde Benediekse gemeenskappe tot standgekom wat die Roomse beskawing en Christelike waardes lewendig gehou het.
Andrew Walker, ʼn gerespekteerde Christelike skrywer in Amerika stel ʼn ander opsie, die Kuyper-opsie voor. Abraham Kuyper, Nederlandse dominee en politikus uit die laat negentiende eeu, het ʼn meer Neocalvinistiese benadering tot ʼn veranderende wêreld voorgestaan. In hierdie idioom moet Christene nie die veranderinge in die wêreld as ʼn bedreiging beskou nie, maar eerder dit as ʼn gegewe aanvaar en binne hierdie realiteit ruimtes skep om steeds ʼn suiwer geloofslewe te lei.
Walker vra vir ʼn benadering waar Christene teen die wêreld, maar ook vir die wêreld is. Christene moet dus tot ʼn mate onttrek en hergroepeer, maar daar moet ook ʼn voorvoetbenadering wees om steeds die boodskap van tradisionele waardes in die wêreld uit te dra. Die daarstel van sterk Christelike gemeenskappe soos wat nog in die Bybelgordel in Nederland en sommige Oos-Europese lande teenwoordig is, is nodig, maar Christene moet ook voortgaan om in post-Christelike ruimtes mense aan die langtermyn oplossing wat Christelike waardes vir die wêreld inhou, te herinner. Orania kan hier ʼn unieke rol speel as ʼn Christelike ruimte wat na binne en buite fokus.
In aansluiting, lees gerus – Die Oproep tot Gereedheid vir Christus se Koms – http://www.bibleguidance.co.za/Afrartikels/Waakenwerk.htm
As gewese lid van die NG Kerk en tans ‘n nie bywonende lid van die AP kerk wil ek graag net my mening lug oor die kerke desperate pogings om by mense se behoeftes aan te pas ten einde relevant te bly. Dit bly ‘n besigheid en het dus lede se finansies nodig vir sy voortbestaan. Die NG het ook sy mag misbruik oor die jare heen om politieke doelwitte te bereik.
Die NG kerk se geskiedenis loop hom vooruit. Net soos sy voorloper “DIE KAAPSE KERK” die voortrekkers onder sensuur geplaas het, so bewys hy weer dat hy aanpasbaar is soos die wêreld verander.
Skuld en boetes is ‘n tema wat die Afrikaner oor die verlede oorheers. Veral sedert die laat veertigerjare het die NG Kerk apartheid tot ’n norm verhef en dit was Bybels gegrond. Die “teologie” van apartheid was aan die orde van die dag en kritiek daarteen was nie op ‘n liefdevolle wyse uitgedeel en bespreek nie. Nee! Dit was met Anti-Apartheid stakings. Maar toe die groot ommekeer kom is apartheid by die deur uitgegooi en sommer ook tot sonde verhef.
In September 1985 het ‘n groep predikante van verskillende kerke in Pietermaritzburg bymekaar gekom vir ‘n byeenkoms genaamd Nasionale Inisiatief vir Versoening (NIV). Hulle ideaal was ‘n veelrassige samelewing wat so gou moontlik in Suid–Afrika tot stand moes kom.
Hiervoor moes die NG Kerk as grootste Afrikaanse Kerk gewen word. As die Afrikaner se Kerk sou val, sou die pad na die uiteindelike abdikasie van partisie soveel makliker wees.
By hierdie byeenkoms het predikante van die NG-kerk prominent in die trant van die nuwe rigting na vore getree. Na afloop van die vergadering het hierdie NG predikante ‘n gesamentlike verklaring uitgereik waarin hulle onbeskroom verklaar het: “Ons het berou oor die wyse waarop ons die eenheid van die kerk geskend het, sowel binne ons eie kerk as in die breër ekumeniese verband in Suid-Afrika.”
Dit blyk hulle het die dinge agter PW Botha se rug bekook. Groot geheimsinnigheid omhul vandag nog steeds hierdie vergadering. Die reis en verblyfkostes van sowat 50 predikante wat per vliegtuig soontoe gereis het en van hotelhuisvesting voorsien is, is deur ‘n onbekende donateur deur bemiddeling van die destydse moderator van die NG kerk in Noord-Transvaal betaal.
Nou weer die GAY debakel. Net soos Konstantyn 325 nC ‘n ooreenkons tussen Christene van sy dag en die Paganiste met die insluiting van feeste en gebruike om polities te groei, doen die NG kerk dit vandag weer on sy afnemende getalle te stuit.
Waar lê die gevaar dan vir die oningeligte lidmaat? Dit is die MANTEL NA DIE WIND strategie wat gevaar inhou.
Die NG kerk vereis ‘n plegtige eed wat jy voor getuies aan die Kerk moet maak het dat jy “in die belydenis van die leer [soos dit in alle Protestante Kerke geleer word] tot die einde van jou lewe sal volhard, en alle leringe wat daarvan afwyk, sal verwerp.” Romeine 1:32 behoort vir die lidmaat die rooiligte te laat flikker. “mense wat al ken hulle die verordening van God goed, dat die wat sulke dinge doen, die dood verdien dié dinge nie alleen self doen nie, maar ook hulle goedkeuring skenk aan die wat dit doen.” Deur jou lidmaatskap aan die NG kerk gee jy goedkeuring aan wat die “kerk” as aanvaarbaar beskou soos gay verhoudings. Dis dan o.a waaroor Romeine 1 waarsku in verse 27!
Was daar al ooit enige kerk in die geskiedenis wat ‘n standpunt soos in die geval van apartheid en nou weer oor gay-verhoudings in so ‘n kort tyd so drasties en dramaties verander het? As apartheid dan ‘n dwaling was en homoseksualiteit nie sonde meer is nie, dan is die ander teologie van die NG Kerk ook nou ‘n dwaling.
Ek dink skrif is duidelik omtrent hierdie aspek. Indien jy jou Christenskap wil beoefen moet jy totaal teen hierdie gruwelike en afdwalende leefwyse staan. As ons die Bybel aanvaar as Gods gesag, kan ons nie afwyk van dit wat ‘n gruwel in die Allerhoogste se oȅ is nie. Daar is, of die regte weg, of die verkeerde weg.
Goed gesê, Wanda. Stem saam.
Goed beredeneerde artikel.
Die NG Kerk het lankal begin om soos die wereld te lyk. Nou kan jy hom glad nie meer onderskei nie! Ons (Christene) is veronderstel om anders as die wereld te wees! On leef in Romeine 1:18-32 se profesie, en Lev 18:22 se dis ‘n gruwel teen God. Jy kan nie met God kompromiee aangaan nie! Die EG Kerk het dit lankal besef en is stdees ‘n Bybelkerk!
Soon. Die artikel gaan nie oor die NG Kerk nie en ek sou verkies dat ons nie hierdie bespreking laat ontaard in ‘n afspeel van kerke teen mekaar nie, maar dat ons eerder met mekaar sal gesels oor die krisis waarin die Christendom vandag verkeer.