Orania Beweging Ledevergadering 2026

Raadsverkiesing
(nominasies en termyne wat verstryk)

g

Besoek

Ledevergadering:
Notule 2025
1234

Laai af

Ledevergadering:
Sakelys 2026
1234

Laai af

Raadvergadering 2026
versoek wagwoord by: joost@orania.co.za
1234

Besoek

Jaarstate 2025
versoek wagwoord by: joost@orania.co.za

g

Besoek

Oornagverblyf
in Orania

g

Besoek

Kennisgewing van ʼn ledevergadering van die Orania Beweging

UITNODIGING NA DIE 2026 LEDENAWEEK, MET LEDEVERGADERING, KUIERGELEENTHEDE EN KUNDIGE SPREKERS

Geagte Orania Beweging-lid,

Hiermee ʼn hartlike uitnodiging na die jaarlikse ledevergadering van die Orania Beweging.

Soos in vorige e-nuusbriewe, en per SMS gekommunikeer vind die ledenaweek vanjaar op 27-29 Maart te Orania plaas.

Orania Beweging-lede in gesprek: Eet en kuier saam

Die Orania Beweging se ledenaweek beloof om weer ‘n heerlike geleentheid te wees vir Orania Beweginglede om Orania te besoek, mekaar te leer ken, saam te kuier, na kundige sprekers te luister en lede tot die Orania Beweging se Raad te verkies.

Ons wil graag genoeg geleentheid gee vir ons lede om saam te eet en kuier. Dus gaan die Orania Beweging dit vanjaar moontlik maak vir alle lede om Vrydagaandete, Saterdagoggend ontbyt, verversings, en ‘n aandete Saterdagaand vir ‘n skamele R295 mee te maak. Nie-lede is welkom om etes by te woon teen R250 per ete.

Ons weet dat ons lede vêr reis na hierdie geleentheid, en daarom subsidieer die Orania Beweging ‘n groot deel van die etes en saamkuiergeleenthede.

Om seker te maak ons kan vir al die gaste etes verseker, is dit van kardinale belang dat u vooraf RSVP.  Doen asseblief so by https://orania.co.za/lede-rsvp/
voor of op 20 Maart.

Raadsverkiesing

Die ledevergadering dien ook as ʼn geleentheid om oor tien (10) vakante posisies op die Orania Beweging se Raad te stem. Raadslede wie se termyne verstryk is herkiesbaar.

Die Raadslede wie se termyne verstryk, asook die nominasievorm om lede te nomineer vir verkiesing is hierbo by ‘Raadsverkiesing’ beskikbaar.


Administrasie

Enige mosies wat moet dien sal ook daar gelys word. U het nog geleentheid tot Maandag 24 Maart 17:00 om mosies vir die vergadering na joost@orania.co.za te epos.

Die Orania Beweging se finansiële state is beskikbaar vir elke lid, en sal tydens die vergadering bespreek word. U kan die state vooraf by joost@orania.co.za aanvra.

Moet asseblief nie versuim om so spoedig moontlik verblyf in Orania te bespreek nie. U kan ʼn volledige lys van verblyf in Orania hierbo vind.

Ons sien baie daarna uit om ons lede en sprekers hier in Orania te ontvang en saam planne te maak sodat ons …een dag nader aan vryheid kan wees!

Orania Beweginggroete

program

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel