
Orania Beweging Ledevergadering 2025
(dokumente sal binnekort hier beskikbaar wees)
Notule: Ledevergadering 2024
Sakelys: Ledevergadering 2025
Sakelys: Raadsvergadering 2025
program


Kennisgewing van ʼn ledevergadering van die Orania Beweging
UITNODIGING NA DIE 2025 LEDENAWEEK, MET LEDEVERGADERING, KUIERGELEENTHEDE EN KUNDIGE SPREKERS
Geagte Orania Beweging-lid,
Hiermee ʼn hartlike uitnodiging na die jaarlikse ledevergadering van die Orania Beweging.
Soos in vorige e-nuusbriewe, en per SMS gekommunikeer vind die ledenaweek vanjaar op 28-30 Maart te Orania plaas.
Orania Beweging-lede in gesprek: Eet en kuier saam
Die Orania Beweging se ledenaweek beloof om weer ‘n heerlike geleentheid te wees vir Orania Beweginglede om Orania te besoek, mekaar te leer ken, saam te kuier, na kundige sprekers te luister en lede tot die Orania Beweging se Raad te verkies.
Ons wil graag genoeg geleentheid gee vir ons lede om saam te eet en kuier. Dus gaan die Orania Beweging dit vanjaar moontlik maak vir alle lede om Vrydagaandete, Saterdagoggend ontbyt, verversings, en ‘n aandete Saterdagaand vir ‘n skamele R265 mee te maak. Nie-lede is welkom om etes by te woon teen R240 per ete.
Ons weet dat ons lede vêr reis na hierdie geleentheid, en daarom subsidieer die Orania Beweging ‘n groot deel van die etes en saamkuiergeleenthede.
Om seker te maak ons kan vir al die gaste etes verseker, is dit van kardinale belang dat u vooraf RSVP. Doen asseblief so by https://orania.co.za/lede-rsvp/
Regstreekse uitsending
Die vergadering, sowel as die sprekers wat optree se aanbiedings sal regstreeks uitgesaai word en ‘n skakel sal aan lede van die Orania Beweging uitgestuur word.
Raadsverkiesing
Die ledevergadering dien ook as ʼn geleentheid om oor tien (10) vakante posisies op die Orania Beweging se Raad te stem. Raadslede wie se termyne verstryk is herkiesbaar.
Die Raadslede wie se termyne verstryk, asook die nominasievorm om lede te nomineer vir verkiesing is hierbo by ‘Raadsverkiesing’ beskikbaar.
Administrasie
U sal binnekort die notule van 2024 se ledevergadering en vanjaar se sakelys hierbo kan vind.
Enige mosies wat moet dien sal ook daar gelys word. U het nog geleentheid tot Maandag 24 Maart 17:00 om mosies vir die vergadering na joost@orania.co.za te epos.
Die Orania Beweging se finansiële state is beskikbaar vir elke lid, en sal tydens die vergadering bespreek word. U kan die state vooraf by joost@orania.co.za aanvra.
Moet asseblief nie versuim om so spoedig moontlik verblyf in Orania te bespreek nie. U kan ʼn volledige lys van verblyf in Orania hierbo vind.
Ons sien baie daarna uit om ons lede en sprekers hier in Orania te ontvang en saam planne te maak sodat ons …een dag nader aan vryheid kan wees!
Orania Beweginggroete