Raadsverkiesing 2026

Baie dankie vir u gewilligheid om persone te nomineer wat u waardig ag om as Orania ambassadeurs op die Orania Beweging se Raad te dien!
Volg asseblief die instruksies hieronder.

‘n Verkiesing van nuwe Raadslede van die Orania Beweging vind op Saterdag 28 Maart 2026 tydens die ledevergadering in Orania plaas. Slegs lede van die Orania Beweging mag kandidate, wat ook lede van die Orania Beweging is, nomineer. Slegs lede wie se ledegeld opbetaald is sal toegelaat word om kandidate, wat ook opbetaald moet wees, te nomineer. Die voorgestelde lid moet toestemming gee om as Raadslid genomineer te word.

Nominasies moet die Orania Beweging se kantoor voor Maandag 23 Maart 17:00 bereik. Hierdie nominasievorm kan elektronies ingevul word. Harde kopieë kan by die kantoor ingevul word vir persone wat dit so verkies.

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel