fbpx

thumb(4)Waarom sal ‘n 21-jarige jong wit man in ‘n oorwegend swart kerk instap en tydens Bybelstudie nege mense, insluitende die predikant, doodskiet?

Die onlangse aanval deur Dylann Roof op ‘n kerk in Charleston, Suid-Carolina het hierdie vraag op ‘n eenvoudige wyse na vore gestoot. Die skieter het na sy inhegtenisname van ‘n rasoorlog gepraat en die media het vinnig tot die eenvoudige gevolgtrekking gekom dat Roof ‘n rassis is wat swart mense wou dood maak. Sogenaamde kenners en kommentators het selfs verder gegaan om te beweer dat hierdie voorval ‘n toonbeeld van die algemene voorkoms van wit rassisme is.

Tog het Roof verskeie swart vriende op sosiale media gehad. Hy het in die dae voor die skietery ook gereeld saam met ‘n swart vriend gekuier en dronk geword. Enkele dae voordat hy die misdaad gepleeg het, het hy aan dié swart vriend genoem dat hy ‘n aanval op ‘n plaaslike kollege beoog.

Roof het egter voortgegaan om ‘n swart kerk te besoek, nege swartmense dood te skiet en daarna te verklaar dat hy graag ‘n rasse-oorlog in Amerika wil sien afspeel.

Die hoofstroommedia in die VSA en talle ander lande se eenvoudige opsomming van die gebeure as maar net nog ‘n teken van onopgeloste rassisme onder blankes, is nie voldoende nie.

Eenvoudige misdaadstatistiek en die talle haataanvalle van swart Amerikaners op wittes weerlê in elk geval die idee dat daar ‘n eendimensionele rasseprobleem van wit op swart rassisme in die Amerikaanse samelewing teenwoordig is.

Roof se misdaad wat duidelik rasgedrewe. Hy het self so gesê. Daar word egter ook voortdurend in die VSA haatmisdade deur swartmense op blankes en deur mense van Latyns-Amerikaanse afkoms op swartmense en omgekeerd gepleeg.

Om Amerika se rasseverhoudinge op ‘n eenvoudige tydslyn van slawerny gevolg deur die Burgerregtestryd en nou die laaste asem van witrassisme te beskou, is naïef. Baie liberale Amerikaners gaan selfs so ver om te dink dat die verwydering van die historiese konfederatiewe vlag uit alle openbare ruimtes tot ‘n einde aan rassisme sal lei.

Amerika het ‘n komplekse multikulturele samelewing wat gedurende die afgelope paar jaar deur massa-immigrasie, pogings tot geforseerde integrasie, veral onder mense van ‘n laer inkomstegroep en rassewetgewing, selfs meer ingewikkeld gemaak is.

Groot klem word steeds deur die media, die vermaaklikheidsbedryf en politici soos Barack Obama op witskuld en swartagterstand geplaas. Verder woed daar in verskeie Amerikaanse gemeenskappe ‘n stryd tussen behoeftige mense van verskillende rasse vir behuising, werk, toegang tot goeie skole en ander dienste. Die vraag moenie wees oor of wit Amerikaners hul rassisme agter hulle geplaas het nie, maar veel eerder hoe Amerika toenemende rassespanning gaan ontlont wat deur die druk van multi-kulturalisme veroorsaak word.

Dylann Roff kom uit ‘n gebroke gesin en ‘n gebroke gemeenskap. Hy was en is duidelik ‘n gebroke persoon opsoek na betekenis in die lewe.

In samelewings soos die VSA sal die probleem van haat en woede wat tot misdaad aanleiding gee eerder opgelos word indien mense ruimte kry om hul self te wees en hul plek in die samelewing te vind. Stabiele gesinne, ruimte en respek vir elke kultuurgemeenskap en ‘n aanvaarding van diversiteit eerder as geforseerde integrasie moet ernstig oorweeg word.

3 Comments

  1. elli meyer

    Hierdie artikel is beslis ‘n aanbeveling vir elke Afrikaner en spesifiek vir my. My verstaan van hierdie komplekse swart/witprobleem is om spasie te skep vir eie ontwikkeling met dieselfde infrastrukture vir beide groepe, op plekke waar hulle eie kulturele sake, godsdiens, skole, Kerke
    kan uitleef. Publieke transport, inkopiesentrums en ander maatskaplike dienste is vir elkeen en in ‘n sentrale plek, waar almal hulle dag kan deurbring, sonder enige insidente.
    My probleem is die opvoeding Die familiebande is egter nie sterk nie en alle probleme ontstaan by die woning. As mense geleer kan word om respek te hê vir ‘n ouer/of ouers en ouers die leiding kan ontvang deur publieke samesprekings op ‘n weeklikse of maandelikse kan hê, sal daar meer verdraagsaamheid wees, want opvoeding begin by die geboorte van ‘n kind. Hoe meer ons, ons kinders kan leer, hoe meer weet hulle hoe om op te tree en vreemde dinge te hanteer in publieke plekke. Elkeen het opleiding nodig om te funksioneer vir en met ander.
    Baie dankie vir nuwe insigte, dit doen my goed

    Reply
  2. Sebastiaan

    Interessant is vir my dat geen van die honderde joernaliste en kommentators wat oor die geval geskryf het iets daaroor te sê gehad het dat hier 9 Christene in ‘n kerk geskiet is, tydens Bybelstudie. Hoekom noem niemand dit ‘n aanslag op Christene nie? Na alles wat ons weet was Roof beslis geen Christen nie. Oor sy motiewe weet ons min, maar as ‘n spesifieke groep met ooreenstemmende kenmerke geteiken word dan is velkleur nie alles nie, maar ook geloof. Dit geld veral omdat dit in ‘n kerk plaasgevind het. As Roof slegs swartmense wou skiet is daar seker ander plekke behalwe kerke om hulle bymekaar te vind?

    Reply
  3. Pretorius

    Rasse verhoudinge is oral n probleem in feitlik alle lande, maar die teendeel kom voor in Europese lande wat hulle graag met ander rasse (moslems en swartes) assosieer. Die rede daarvoor is dat daar nog nie werklik negatiewe assosiasie ondervind is deur Europese blankes nie. Daar sal egter met die tyd die werklike situasie homself manifesteer wat dan sal lei tot konflik. Sodra hierdie swart en moslem imigrante begin met eise en optoee en rasgedrewe aanslae teen die selfde regering wat hulle huisves. Die wit gemeenskap sal dan begin besef dat hulle n groot fout gemaak het deur hierdie swartes in hulle land toetelaat.
    Op die oog af laat die Europse media dit lyk asof die wit gemeenskap hulle aanvaar en verdra wat in n mate ook so is. Die massas swart imigrante wat nou in Europa toesak bring wel vir die inheemse blankes voordeel in die vorm van goedkoop arbeid. Vir die Europese regerings is dit voordelig in die sin van inkomste belasting wat gerinegeer word en so ook ekonomiese groei wat die goedkoop arbeid meebring. Maar dit sal nie lank wees voor dat die swart gemeenskap hull skole, universiteite en sosoiale bymekaarkom plekke binnedring en oorvat nie. Dit is dan waar konflik tussen swart en wit uitbreek. Die skade wat dit dan meebring kan nie terug gedraai word nie en die rasse vedeeltyd begin dan groei. Die swartes vaar die strate in en eise word gestel wat die wittes daarinteen benadeel. Swart onganisasies word dan gestig deur regering organisasies en ander organisasies wat voordeel trek uit en die goedkoop arbeid te veseker.
    Vra maar vir die Afrikaners ons ken die storie

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

14 − thirteen =