Integrasie is die towerwoord waarmee Europa glo dat hy die miljoene vlugtelinge wat uit veral lande van die Derde Wêreld instroom, kan beheer en tot landsburgers wat ʼn bydrae lewer en ʼn aanwins is, kan omskep.
Veel warm lug is al geproduseer in die debatte en nog veel meer geld is al ingeploeg in burgerkunde, taalkursusse, inligting- en opleidingsessie, alles met die oog daarop om so veel as moontlik van die nuwe aankomelinge in die hoofstroom-samelewing in te smelt.
Veel word gesê, veral van Europeërs, oor die ou Suid-Afrika onder bewind van die Nasionale Party, wat misluk het met sy beleid om mense volgens ras en etnisiteit te skei. Dit het nie gewerk nie, maar die teendeel, integrasie, gaan werk, so word geglo. Europa het min ervaring met die opbou van ʼn nuwe, multi-kulturele samelewing en sal gou ontnugter word oor die beperkinge van integrasie.
As ʼn mens wil leer oor hoe integrasie van mense uit verskillende lande en agtergronde (met beperkinge) werk, moet ʼn mens eerder na tipiese immigrasiesamelewings soos die VSA, Australië, Kanada of Brasilië kyk. Selfs daar is die suksesse baie gemeng.
Een vasstelling wat gemaak kan word, is dat integrasie op ʼn individuele vlak werk, maar baie moeilik op ʼn gemeenskapsvlak. Die Ierse of Duitse of Italiaanse gesin of enkeling wat byvoorbeeld na die VSA geëmigreer het, moes eenvoudig by die meerderheidssamelewing inskakel as hulle wou oorleef. Sodra daar egter groot getalle immigrante van ʼn spesifieke land emigreer, en veral as hulle in ʼn spesifieke gebied vestig, vorm hulle hulle eie subkulture en gemeenskappe en dien as aanlooppunt vir individue wat nog op pad is. In die VSA het byvoorbeeld ten spyte van alle smeltkroes-idee ʼn Sjinese en ook Italiaanse subgroep ontstaan, deels met eie woonbuurte. Terwyl Europese volke gewoonlik wel uiteindelik in die meerderheidskultuur opgeneem word (soos die Duitse of Ierse immigrante na die VSA), is dit moeiliker, indien nie onmoontlik nie, met gemeenskappe met ʼn ander ras en godsdiens as die meerderheidskultuur. Daarom kry jy ook oor die wêreld heen “China Towns” en “Little Indias”.
Interessant in die verband was ook die stem van buitelandse Turke in die onlangse referendum oor grondwetlike veranderinge, wat in praktyk daarop neergekom het om Turkye van ʼn demokrasie na ʼn outokrasie te omvorm. Daar waar Turke net in klein getalle en wyd verspreid woon, soos in die VSA, Kanada, Australië en ook Suid-Afrika, het die groot meerderheid teen die grondwetlike veranderinge gestem. ʼn Mens sou daaruit kan aflei dat hulle met hulle gasheerland en sy demokratiese strukture vereenselwig. In lande waar daar groot getalle Turke is en waar hulle hul eie woonbuurte met eie media, restourante, winkels, skole, moskeë ensovoorts het, soos in Duitsland, Nederland, België en Frankryk, het hulle oorweldigend gestem vir die grondwetlike veranderinge en by implikasie gesê: ons identiteit is in die eerste plek Turks en die president, mnr. Erdogan, is ons leier en ons voel nie tuis in die lande waar ons is nie.
Die Afrikanervolk is ʼn interessante voorbeeld waar ʼn nuwe volk uit individue gevorm het wat hulle moederland en sy kultuur grootliks agtergelaat het, maar wat nie in ʼn bestaande samelewing opgeneem kon word nie, omdat daar nog geen bestaan het nie. Latere immigrante, soos Britte, Grieke en Portugese, het in meeste gevalle nie in die Afrikanervolk ingesmelt nie omdat hulle in groot getalle gekom het of kultureel en godsdienstig te verskillend was.
Selfs in Orania, wat ʼn etnies homogene gemeenskap is, is integrasie belangrik en nie iets wat van self gebeur nie. Die enkele Engelssprekendes wat hier is, kan net opgeneem word omdat hulle as individue, dikwels met ʼn Afrikaanse eggenoot, hier aankom en daar geen Engelse skool, klub of kerk is om hulle identiteit te bevestig nie. Selfs boorling Afrikaners moet geïntegreer word in die spesifieke Orania-gemeenskap en moet talle gewoontes en persepsies uit Suid-Afrika, soos oor arbeid, agterlaat.
Laastens, die beginselvraag wat die balans tussen integrasie en eiesoortigheid moet wees, is ook iets waaroor die laaste woord nog nie gesê is nie. In die ou bedeling is byvoorbeeld gepoog om die Afrikanervolk te versterk deur die aanmoediging van immigrasie en integrasie van stamverwante Europeërs, terwyl terselfdertyd rasse-integrasie verhoed en eiesoortigheid aangemoedig is. Suid-Afrika as geheel het geen meerderheidskultuur nie (selfs die swart meerderheid is etnies versplinter), maar roem op sy diversiteit, wat ons krag sou beteken.
In die geval van Orania, waar ons ʼn nuwe samelewing in ʼn sekere sin wil skep sowel as ʼn bestaande volk wil bewaar, is dit nodig dat die basis van die begin af reg is en ons nie later met ʼn klomp individue, of erger, verskillende etniese subgroepe sit wat niks voel vir Orania en sy strewe nie en wat nie bereid is om hulle deel tot sy uitbou by te dra nie.
Stel jou voor: Burger oorlog loop uit op volskaalse oorlog in Europa en wit mense vlug Suid-Afrika toe, Orania toe. Stel jou voor.
Merhaba,
Duitsland en Europa sal integreer. Hulle sal by die meerderheid-kultuur aansluit, want die massastaat-demokrasie maak dit onvermydelik. Die toekoms behoort aan diegene wat daarvoor opdaag. Etniese Duitsers se gatalle kwyn. Hulle word nie vervang nie, want hulle “verligte” vrouens wil hulleself nie meer met moederskap bemoei nie. (Hulle vekies om belastingslawe vir die welsynstaat te wees.) Hulle bure – in opdrag van Sultan Recep in Ankara – lewer daarenteen drie tot vyf kinders per gesin. Die moskees is hulle barakke. Die ou kerke is leeg en vervalle. Wie gaan die toekoms erf?
Hoşça kal.
NS: Dalende getalle kan werk, mits jy beheer oor jou etniese grense kan behou. Japan is ‘n goeie voorbeeld.
Goeie dag.
Altyd lees met groot belangstelling jou verslag.
Ek is reeds oud, so ek het om te lees deur PC.
En nou vir jou artikel.
Geen integrasie van verskillende rasse kan nie reg wees.
Ons sien dat selfs hier in Europa.
VSA, Israel en ander lande hier stoot ‘n groot inval van immigrante.
Dit het een of.
Vernietig nasies en hulle kuturu geweld.
Nou is die regime die VSA berei om Rusland te verower.
Ek dink hierdie Islamiete ook gebruik as soldate.
Ons het ‘n groot genoeg kommer vir ons kleinkinders.
Wie sal hoor en dadelik ‘n rassistiese of neo-Nazi.
Dit sal nie bring ons iets goeds.
Daarom sê Ek dat geen vermenging rasse en kulture is nie goed nie.
Ek bewonder jou harde werk en sin van eer.
Ek het as dit nie weet nadat ek dit gelees het.
Ek wens jou alles van die beste en baie energie vir jou pogings.
Totsiens Rudolf Beneš
Hier in nederland is integrasie onder vuur. Afegelopen jare is veel Syriërs hierheen gekom, mense wat nie taal en cultuur spreek en andere gewoontes. In dat soort lande is menselewens minder waard.
Suid-Afrika ken geen kultuur van mensregte soos vervat in die Grondwet van ZA.
Integrasie beteken ook kennismaking met die Handves van Menseregte. Dit is iets wat LEEF in Nederland. Net soos laat vir een afspraak. Ongeskrewe reël en waar nodig een betugtiging. Sodat mense weet hoe dit werk.
Engelse kan makliker in Orania integreer, omdat norme en waarde oreenstem met Afrikaners.
Sebastiaan, ons met in gedagte hou dat die huidige Republiek van Suid-Afrika die produk is van die integrasie van 4 soewerein onafhanklike lande afgedwing deur Brittanje.
Die volgende vrae kan gevra word:
Het dié integrasie gewerk?
Sou dit nie dalk beter gewees het as Natal, die Kaap Kolonie, die ZAR en die Republiek van die Oranje Vrystaat steeds 4 onafhanklike entiteite was nie?
Dalk kan jy ‘n artikel hieroor doen. Dalk is dit ook ‘n goeie MA (Geskiedenis) onderwerp met ‘n hipotese dat die voortsetting van 4 soewerein onafhanklike lande [beter] [swakker] sou gewees het.