Van die stigting van Orania in 1991 was die klem daarop om so gou as moontlik so veel as moontlik Afrikaners na die aangewese volkstaat te trek. Orania was nooit bedoel om die volkstaat te wees nie, maar slegs ‘n groeipunt en beginpunt in die toekomstige volkstaat, soos prof. Carel Boshoff dikwels beklemtoon het. Die verwagtings van die 1990’s, dat Orania en die volkstaatgebied binne enkele jare derduisende Afrikaners trek, het ongelukkig nie so gerealiseer nie.
Alhoewel die voorspellings oor die toedrag van sake in Suid-Afrika onder ANC-bewind amper woord vir woord waar geword het (misdaad kry die oorhand, munisipale dienste verval, Afrikaans en Afrikaanse onderwys word uitgefaseer, Christelike waardes word deur sekularisme en materialisme vervang, stakings verlam die land, die eiendomsreg word uitgehol ens), het die volkstaatstigters twee dinge nie reg voorspel nie, naamlik die aanpasbaarheid van Afrikaners aan die verslegtende omstandighede, en die sterk emigrasiestroom. Van die begin af is te veel op die stootfaktore en te min op die trekfaktore gefokus. Die Afrikaner se vryheidstrewe, waarvoor die volk in die verlede bereid was om groot offers te bring soos die Groot Trek en die Vryheidsoorloë teen die magtige Brittanje, is telkens as bewys aangehaal dat die volk wel op ‘n punt soos een man sal opstaan en sy toekoms self sal vorm. Daarby is egter net na die Eerste Afrikaner (die mense van die Groot Trek en die Boererepublieke) verwys en nie in berekening gebring dat die Afrikaner fundamenteel verander het na die neerlaag in die Tweede Vryheidsoorlog, vergelykbaar met die Duitsers na die Tweede Wêreldoorlog.
As iemand wat reeds vanaf 1996, in die pionierstyd, by Orania betrokke is onthou ek goed die gesprekke tussen volkstaters en gewone Afrikaners, wat dikwels bymekaar verby gepraat het. Die volkstaters was vol idealisme en het die groot prentjie geskilder van waarheen die land onder ‘n ANC-bewind op pad is en watter wonderlike geleenthede die volkstaat vir Afrikaners bied en hoe kosbaar vryheid en selfstandigheid is. Die deursnee Afrikaners het egter telkens vasgehaak by klein dinge wat vir hulle die trek na Orania onaantreklik gemaak het: die droë omgewing, die onnet sypaadjies en tuine, die gebrek aan goed betaalde werk, die afwesigheid van winkelsentrums, mediese dienste, en vermaak en die vrees vir isolasie.
Deesdae word baie meer op trekfaktore gefokus en ‘n beleid van klein treë vorentoe gevolg. Estetika van ‘n dorp is natuurlik nie so belangrik soos behuising en werksgeleenthede nie, maar dit is dikwels die eerste indruk wat by voornemende intrekkers die uitslag gee om te kom of nie te kom nie. Die Dorpsraad en Orania Beweging het al ‘n paar jaar gelede begin om openbare tuine aan te lê. Dit het geleidelik die inwoners beïnvloed en deesdae is meeste tuine netjies, talle is selfs ‘n ware lus vir die oog. ‘n Mens kan nie netheid afdwing nie, maar jy kan ‘n voorbeeld stel en jou omgewing beïnvloed.
Die aanbod aan winkels en ontspanningsgeleenthede het ook aansienlik toegeneem, veral sedert die bou van die Saamstaan Winkelsentrum in 2005, en sal later vanjaar, wanneer Stokkiesdraai Avontuurpark en Ou Karooplaas Winkelsentrum voltooi is, ‘n verdere groot hupstoot kry.
Die dorpsuitleg is ook georden en word geleidelik van die pioniersdorp met die voorkoms van ‘n “Wilde Weste dorp” waar almal in hulle erwe en huise doen wat hulle wil, verander na ‘n amper Europese dorp wat netjies en gestruktureerd is en ingedeel is volgens sones vir woon, werk, ontspanning en besigheid.
Mediese dienste, vir lank ‘n groot rede vir mense om nie na Orania toe te kom nie, verbeter ook geleidelik. Vir die basiese mediese behoeftes is ‘n kliniek ingerig, en daar word aktief gewerf vir ‘n voltydse dokter. ‘n Oogkundige praktyk sal ook binnekort in Orania gevestig wees.
So lei een tree tot die volgende een en die hekkie vir voornemende inwoners word al hoe laer. Daarby moet ons egter nooit die groot doel uit die oog verloor nie. Alles wat Orania se inwoners en uitwoners al vir dekades ingesit het, is en was nie bedoel om net ‘n oulike en mooi dorpie, waarvan daar talle in Suid-Afrika is, te skep nie. Die doel is nog altyd die totstandkoming van ‘n eie, vrye Afrikanergebied waar ons volgens ons waardes, tradisies en oortuigings kan leef en beheer oor ons eie toekoms kan neem.
Sebastiaan Biehl is `n navorser by die Orania Beweging.
Sebastiaan, hierdie is ‘n baie belangrike onderwerp. Ek stem saam, mens moet beide die trek en stoot faktore deeglik verstaan. Daarby moet mens die moderne Afrikaner se behoeftes ook begryp.
Jou klem op estetika is waardevol, want vandag se mense is beslis baie daarop gefokus. In daardie verband het Orania dit moeilik omdat dit nie goedkoop swart arbeid het om in tuine te werk nie. Dus natuurlik hoe dit hoort. Maar, dit skep ‘n onregverdige nadeel vir Orania, want in NS en Aus kan hulle om dieselfde rede ook nie hul dorpe mooi hou nie. Nietemin Orania sal by die SA standaard MOET kersvas hou wat dit betref.
Ek is een van daardie Afrikaners wat dit moes opweeg of ek Orania toe trek en of ek emigreer. Ek het emigrasie gekies omdat daar geen ekonomiese geleenthede in Orania vir my was nie. Meeste emigrante oorweeg nie eens Orania nie. Hoe kan mens dit verander?
Vandag wens ek dikwels ek kon eerder in Orania woon. Geen voornemende emigrant verstaan wat dit behels om in ‘n Engelssprekende land te woon nie. Dis nie Suid Afrikaanse Engels waar almal ewe swak praat omdat hulle almal eintlik ‘n ander taal as moedertaal het nie. Hierdie is ‘n geheel ander omgewing en daar is nie geduld vir tweede taal sprekers nie. Orania moet ‘n manier vind om hierdie boodskap oor te kry. Hulle kanse vir bevordering hier is aansienlik minder as die eerste taal sprekers. Al die top poste word deur Nieu Seelanders, Ausies, Britte ens gevul.
Tweedens, hier is ook nie goedkoop arbeid nie. Dus: Die sypaadjies is onnet en so ook die tuine. Huise is ver minderwaardig aan SA en astronomies duur. ‘n Gewone 3 slaapkamer huis met een badkamer kos so in die orde van sewe tot agt miljoen rand. Boonop MOET jy ‘n deposito van 20% neersit vir ‘n huislening. Salarisse is egter vergelykbaar met SA dus kan nuwe toetreders nie meer huise bekostig nie. Weereens, hierdie feite moet aan voornemende emigrante oorgedra word.
Daar is nog baie meer wat ek met jou kan deel, maar dit sal ‘n elle lange gesprek raak.
Wat Orania, self betref is daar twee dinge wat my opval en wat ek dikwels hoor:
1) “Uiteindelik gaan die ANC dit afvat”. Hierdie vrees moet besweer word.
2) Geleenthede: Orania benodige ‘n enkele massa ekonomiese inspuiting. ‘n Fabriek, of ‘n opleidingsentrum of so iets. (Waarom bou Solidariteit nie sy Tegeniese Kollege op Orania nie? As Orania ‘n Afrikaner onderwys dorp kan word sal dit baie ouers se vrese oor hul kinders se skoling in multiras SA besweer).
Laastens. Hoewel NS nie volmaak is nie, sal ek nooit terugkom na SA nie, want hier het ek ‘n baie beter kwalitiet lewe. Nietemin, Orania is vir my nie deel van SA nie (miskien is dit naief?) – en daar sou ek maklik na terugkeer as daar werk was.
Dankie vir die goeie terugvoering en die inligting oor die lewe in die buiteland. Ek ken talle ander lande en kan net vir osn mense sê dat hulle nie naïf moet wees nie en dat daar ‘n verskil is tussen ‘n besoek van 2 weke in ‘n land, en om daar te woon en werk en om ‘n permanente tweedeklasburger te wees. Daarom moet ons ons eie land skep, vir Afrikaners en deur Afrikaners.
Wat die opleiding betref is hier tans ‘n ambagskool in aanbou, met die hulp van Solidariteit. Ook die skole gaan goed aan. Kwaliteit opleiding word in die nuwe SA al hoe skaarser.
Sebastiaan, is daar noue skakeling tussen Oraniabeweging en Solidariteit? Soms wil dit my lyk of Solidariteit eerder stillweg kontak maak, maar nie openlik nie.
Verder stem ek saam met ‘Oraniër in gees’, dat as daar nie ‘n vervaardiging sektor op die been gaan kom nie – of meer op die bestaande landbou ekonomie gefokus gaan word nie (dienste/eerste verwerking)- groei teen ‘n slakkepas sal plaasvind.
Ek het ook al gewonder of Aros nie daar ‘n sateliet kampus kan open, wat dit dalk toegankliker vir die suidelike gedeeltes van die land sal maak nie. Soos ek verstaan het hulle hierdie jaar die tweede meeste onderwystudente inskrywings in die land gehad- naas Unisa (terloops, ek verstaan dat hulle akkreditering ontvang het om graad kursusse aan te bied).
Faan, daar is goeie skakeling tussen Orania en Solidariteit, maar Solidariteit fokus op sy lede se belange in veral die werksplek. Die vestiging van ‘n teologiese kampus sou ek verwelkom. As Aros of wie ook al met ‘n voorstel kom sal die dorpsraad dit seker met belangstelling bestudeer. Dit pas beslis in by ons christelike lewens- en wêreldbeskouing.
Ek het ook NS toe ge-emigreer. Wat wel in Orania kan werk en tans hier in NS en Australie gebeur, is dat tuin werk, paaie,bouwerk ens uitgekontrakteer kan word.Dws mense wat met die nodige kennis en ondervinding kan hul eie besigheid begin en so die gaping vul.Hier in NS werk dit baie goed en skep werks geleenthede.Ek stem nie saam met die onnet sypaadjies nie – hier by ons word paaie gereeld gevee en sypaadjies skoon gehou.’n Ander voorbeeld is waar een persoon al die vullis optel wat in houers uitgesit word.Dit word gedoen met ‘n voertuig wat ingerig is om die houers in die trok leeg te maak.Die houers is verskillende kleure vir vullis, plastiek en organiese materiaal.
Ek is oortuig dat dit sal gebeur soos wat Orania se populasie begin toeneem.
Baie welaf mense verlaat die land net om te vind dat hul geld nie veel werd is oorsee nie.’n Miljoen rand kan jou nie ‘n huis koop nie en om ‘n nuwe begin te maak is nie maklik nie. Ek is al 15 jaar in NS en moes ook maar van vooraf begin.My webblad is http://www.brushware.co.nz vir die wat belangstel om te sien wat ek doen.
Ek was altyd ‘n ondersteuner van Orania – van die dag toe Oom Karel Boshoff sy idee bekend gemaak het en glo dat dit ‘n kwessie van tyd is voordat meer en meer Afrikaners soontoe sal verhuis.
Ek wil ook graag eendag kom inloer by Orania vir’n koppie koffie.
Ek is ‘n Vriend van Orania en volg julle vordering met groot belangstelling. Ek wonder sommer oor iets waaroor julle seker al gepraat het, maar sal dit nie wonderlik wees as ‘n paar fabrieke by Orania opgerig kan word nie? So baie voordele: baie betroubare werkers. mense wat bereid is om ‘n volle ag uur per dag te werk. geen Unies, geen stakings met die gepaardgaande vandalisme nie, wonderlike werkskepping en uitbreiding vir die dorp.
Ja ons stem saam. Die uitdaging is om die entrepreneurs en kapitaal te kry wat die fabrieke kan oprig en volhoubaar kan bedryf. Dit is waarmee ons tans besig is.
Ek sal se onderwys is die sleutel. Selfs die ANC erken dat Afrikaners onbuigbaar is as dit by hulle kinders kom. Met die Puk wat waarskynlik gaan engels word is daar nie meer ander opsies nie.
Gepaard daarmee is goeie internet. Ek bedryf besighede in Pta vanaf Potch sonder probleme te danke aan goeie internet.
Indie Orania goeie goedkoop internet kan kry sal mense vanaf Orania hulle besighede kan bedryf sonder probleme.
Stem saam oor Internet. Die dorpsraad moet weer bietjie met Telkom praat oor die DSL in die dorp. Ek is al 7 maande hier en is steeds op hul waglys omdat daar nie genoeg poorte is by die lokale Telkom boksie.
Op die oomblik gebruik ek maar ‘n wireless opsie maar dit is duurder, onstabiel, en haal nie naastenby die spoed wat ek met DSL gewoon is nie.
Mense, soos ek, wat hul werk oor die Internet doen het goeie konneksie nodig en dit kan Orania net goed doen om meer mense te kry wat met hul werk hier aankom en nie poste soek nie maar moontlik werk kan skep in die toekoms.
Ja die tekort aan ADSL-lyne is ‘n groot probleem. Ons praat voortdurend met Telkom en skakel tans direk met ‘n bestuurder in Bloemfontein wat oor ons area se lyne besluit. Hulle het egter geen begroting vir uitbreiding en maak die een belofte na die ander. Ons werk nou deur mense wat ons ken wat weer mense op Telkom se hoofkantoor ken en hopelik kom daar erens ‘n oplossing. Selfs die Orania Beweging het nie ADSL nie omdat ons ook op die waglys is!
Ek het verneem daar sal vroeg volgendejaar ‘n opgradering gedoen word. Ons is besig met die installasie van lyne by Stokkiesdraai. Die Telkom verteenwoordiger wat ons beplanning en installering doen het aan my verduidelik dat hulle tans besig is met groot opgradering in Kimberley. Hierdie opgradering sal dit vir Telkom moontlik maak om nuwe DSL lyne in Orania beskikbaar te stel.
Maybe this will help… have you heard of “the Outernet”? Perhaps worth taking a look. https://www.outernet.is/en/ . Blessings to you all in Orania.
Internet, Vra Privaat buitelanders en Burgers om n Private Nuwe Vaste Lyn Netwerk Te Begin BV Telkom nee! NeoTel Nee! OraniaTel Ja! Dankie
Verder net herhaal Afrikaan Univesiteit soos medies;ingeneurs te studeer ens. van karninale belang.
Wel die eerste ding wat Orania moet reg kry is, om die winkels te dwing om nie mal pryse vir kruideniersware te vra nie, een plek waarvan almal weet wat juis oop gemaak het om pryse so lag as moontlik te hou is gesê, hulle moet hulle pryse soos die ander plekke hou of hulle mag nie oop maak nie (hoekom nie bietjie kompetisie) teen mekaar nie??? Die “elite” ryk mense in Orania of die meeste van hulle gaan koop in elk geval in grooter dorpe hulle kruideniersware in groot mate, die 80% middle klas en arm mense moet deur hulle nekke betaal vir kruideniersware, en so verryk die winkels hulle self deur geld te maak uit die arm mense van Orania.
Verder is Orania ‘n lekker plek wat skoon en veilig is!
Louis,
Dit is nie heeltemal korrek nie. Ek koop al my kruideniersware in Orania en pryse hier vergelyk goed met verafgeleë plattelandse dorpe. Hier is ook goeie kompetisie tussen ondernemings. Dit is glad nie waar dat daar vir ‘n onderneming gesê is om nie mededingende pryse te vra nie.
Tog aanvaar ons dat pryse hier steeds hoog is en natuurlik hoër is as in stedelike gebiede. Die antwoord hiervoor lê in meer mense (Orania moet groei en meer inwoners kry sodat die koopkrag kan vergroot) en in sterker ondernemings met goeie netwerke waardeur mededingende aankooppryse daargestel kan word.
En, as ek mag byvoeg, sal dit ook help as alle mense van Orania ook in Orania koop. Hoe meer mense by ons winkels koop, hoe meer wins kan ondernemers deur volumes maak, en moet nie die gebrek aan klandisie opmaak deur hoë pryse nie. Hier is intussen 3 supermarkte en dit het reeds ‘n uitwerking op die pryse.
Louis, ek dink ons moet ten sterkste daarteen waak dat ons nie in Orania verval in ‘n ons en hulle kultuur nie. Ons is almal inwoners van Orania ongeag hoeveel geld ons het. Mens kry maar oral ryk en arm snobs en beide is verkeerd.
Ons is beter as dit!
Louis, om winkels te forseer om hulle pryse te verlaag het nog nooit in die geskiedenis gewerk nie. Zimbabwe, Venezuela, Argentinië en vele ander is sprekende voorbeelde van wat gebeur indien die owerhede op groot skaal met die vryemark probeer inmeng. Indien Orania se winkels wel duur is, dan beteken dit net dat daar ‘n gulde geleëntheid is vir ander entrepeneurs om in daardie behoefte te voldoen deur produkte en dienste teen laer pryse aan te bied. Laat die vryemark sy loop neem.
So byvoorbeeld staan niemand in ‘n entrepeneur se pad wat elke dag in sy bakkie sou klim, Kimberley toe ry vir vars groente en dit dan teen laer pryse as die bestaande winkels op Orania sou verkoop nie. Ek dink egter dat so ‘n persoon gou sal agterkom dat die geografiese ligging van Orania ‘n wesenlike struikelblok is en dat heersende pryse in Orania gevolglik nie noodwendig buitensporig is nie. ‘n Beter idee sou egter wees om op ‘n groter skaal die plaaslike verbouing van vars produkte aan te moedig om sodoende die ekonomie te stimuleer eerder as om geld op ‘n daaglikse basis daaruit weg te neem.
Trouens, ek vind hierdie tendens van die voorstaan van prysbeheer wat ek meer en meer onder Afrikaners opmerk nogal kommerwekkend. Ek het juis onlangs ‘n paar kommentare op hierdie bladsy gesien waar mense voorstel dat huiseienaars binne Orania geforseer moet word om hulle eiendomme teen drastiese laer pryse te verkoop sodat dit meer bekostigbaar is. Ons Afrikaners het nie ‘n geskiedenis van simpatie met die konsep van kommunisme nie so hierdie is vir my ‘n ontstellende verskynsel.
Absoluut in die kol, Arno. Ons sukkel nog ‘n bietjie met eie produksie. Almal wil winkels oopmaak, maar te min produseer daaglikse benodighede soos brood, groente, melk ens.
Om n plek soos Orania te he is seker alle Afrikaanses se droom. Die probleem is egter ekonomies van aard, soos ander mense ook dan gese het. Een van die groot dinge wat my opval, is dat die swartes in die land altyd alles wil he wat wittes suksesvol bedryf. Soos ook nou die geval met Orania. Dit word alreeds wereldwyd afgemaak as n apartheids plek waar swartes nie welkom is nie. Weereens gaan dit liberale media mense wees wat gaan sorg dat Orania skade ly. Dit gaan altyd vooruitstrewend waar wittes saamtrek. Hulle glo aan opbou en harde werk. Swartes wil net he en as hulle nie kan kry nie, begin hulle vernietig sodat niemand dit kan he nie. Julle in Oranie doen uitmuntende werk en dit word raakgesien. Ek sal graag eendag daar wil bly, maar dit sal maar sukkel om daar werk te kry. Wie weet , meskien eendag…….
Wel, dit is moontlik. Aan die begin staan ‘n wilsbesluit. Talle van die middelklasmense kon baie meer in die nuwe SA of in die buiteland verdien het. Hier is byvoorbeeld iemand wat ‘n werksaanbod as tegniese bestuurder in ‘n Arabiese land, met ‘n fenomenale inkomste van die hand gewys het omdat hy liewers tussen sy mense wil wees en vir sy gesin ‘n gesonde toekoms wil bou. Vir so iemand haal ek my hoed af. So is daar talle ander voorbeelde. Sonder patriotisme en idealisme sal ‘n mens dit nie maak hier nie. Ons hoop jy sal in die toekoms ook hier kom vestig.
Die Orania beweging moes meer betrokke gewees het by Sunette Bridges se Kleinvallei projek. Heelwat Afrikaner families gaan hier hervestig word. Hulle kon met haar hulp in Orania hervestig. Sonder die wat natuurlik suip, dwelmmiddels gebruik, en as gevolg van luiheid is waar hulle is.
Ek glo Sunette is ‘n vriend van Orania, en is blykbaar Desember maand daar by julle.
Onthou, die Voortrekkers was ook brandarm. Net ‘n ossewa, ‘n roer en ‘n paar stukkies vee……
Anthony,
Jy het dit verkeerd. Ek en Carel Boshoff het gedurende Junie met haar hieroor in Pretoria gesprek gevoer. Sy het toe onderneem om Orania in Julie of Augustus te besoek sodat ons hier na opsies van grond, ens kan kyk. Sy het nooit opgedaag of dit weer met ons opgevolg nie. Ek twyfel sterk of die projek op sy eie (in Krugersdorp) gaan slaag omdat dit totaal in isolasie sal staan. Dit is jammer maar ons gaan voort om soveel as moontlik Afrikaners na Orania te bring en ons slaag toenemend daarin.
Sunette Bridges is nie ‘n spanspeler nie. Ek het ook aan haar voorgestel dat sy eerder met Orania saamwerk, maar sy het almal wat dit aangevoer het botweg geignoreer. Haar argument was dat sy dit naby haar eie huis wil he. Sy wil koningkraai en ek dink nie sy sal saam met Orania se Dorpsraad kan saamwerk nie. Ek het opgemerk sy aanvaar geen opbouende kritiek nie. Alles moet op haar manier gebeur.
Jacques,
Dit is ongelukkig ook ons ervaring. Ons sou regtig graag wou saamwerk. Ons het reeds hier die stelsels van maatskaplike werkers, mediese dienste en plasing in ons eie goeie skole om seker te maak dat die kringloop van armoede gebreek word. My vrees is dat dit baie moeilik op ‘n ander manier kan gebeur. Ons gaan egter voort om soveel as moontlik van ons mense hier te hervestig en vir ‘n hulle ‘n tuiste te bied waar hulle hul Afrikanerskap weer met trots kan opneem en daarmee saam ook ‘n bydrae tot die gemeenskap kan lewer. Ons model fokus op behuising, maatskaplike sorg, onderwys en werksgeleenthede.
Dankie Jaco. Nou voel ek beter. Orania het darem probeer……
Anthony, die Kleinvallei-projek kan glad nie met die Orania-model vergelyk word nie. Dit is ‘n werkplaas wat verarmde Afrikaners ‘n geleentheid gee om selfversorgend te wees.Die ideaal is om soortgelyke projekte in die kleine oral in SA te kan uitrol waar die nood hoog is. Alle verarmdes en behoeftiges kan nie in Orania afgepak word nie. As raadslid in Krugersdorp wat met die kwessie deel is ek deurgaans op hoogte van sake en werk ek al 11 jaar met die ‘wit plakkers’ van Kroningspark.
BRAVO! n nuwe Trek sonder politiek na ekonomiese onafhanklikheid en verbintenis tot waardevermeerdering na alle Suid Afrikaners
Tydens die Groot Trek het seker baie afrikaners agtergebly in die Kaap. Afgelope jare was te veel geroemd op die grootsheid van die voortrekkers, die boereoorlog ens. Dit was lang gelede. HEEL lang gelede. Ekonomiese welvaart tydens apartheid het die Afrikaner gemaksugtig en dus lui gemaak. Toe was daar lae werkloosheid, en die staat het vir die Volk gesorg. Mense het gewoond geraak aan infrakstruktuur geriewe en stabiliteit. Soos in Europa.
Ek woon al 16 jaar in Nederland..
In Nederland is woninge onbetaalbaar duur. 120 vierkant meter kost €230,000. Arbeid is duur. Tuinhulp of huishulp ‘mevrouw Mokoena’ bestaan nie. Jy moet alles self doen. (Hand)werk is hoogs gemeganiseerd. Hier doen 1 mens die werk wat 10 in ZA sal doen. Tog is 5% van die bevolking werkloos. Nederland is klein, maar groot in denke. Nederlanders is briljante beplanners, gestruktureerd, daadkragtig. Ten spyte van hoe klein Nederland is, is dit een van die grootste landboulande in Europa. Ek werk by ‘n groenteboer wat uitvoer na >12 lande, ook na Rusland. Hier wordt groente in tuinhuise (“kasse”) verbouwd.
Afrikaners het nog altyd uitgeblink in landbou, en dit moet miskien die fokuspunt word. Ons moet iets leer van Rusland, ‘danksy’ sanksies is die Russe bliksemsnel besig om kasse te bou. Eind 2017 sal Rusland 70% van sy groente self produseer, en selfs uitvoer, en sodoende baie werk skep. Die federale regering subsidieer boere, en hulle gebruik Nederlandse kundiges en tegnieke — ironises genoeg om onanfhanklik van NL te word.
Helaas kan Orania as staat nie boere subsideer.
Kundiges uit nederland importeer, en kennisoordrag net soos Oom Paul vroeger gedoen het, lykmy ‘n plan..
Michiel, ons het inderdaad ‘n hele paar lesse in lande soos Nederland, maar ook Israel geleer, wat klimaatgewys meer soos die Karoo is. Daar is nog steeds baie om te leer hoe om meer doeltreffend te werk. Ons het egter ook te doen met ‘n mentaliteit wat nie oornag verander nie. Afrikaners wat Orania toe trek moet eers Oraniërs in denke ook word. Op die gebied van selfvoorsienendheid is daar nog baie om te doen. Oor groenteverbouing is al baie gepraat maar dit kom net nie van die grond af nie. Gelukkig is hier niemand werkloos nie, en as ons die grootste inkomste tans met handel,toerisme en dienste verdien is dit ook nie te verag nie. Heelwat geld word deur landbou gemaak, maar ongelukkig kort nog die skakel tussen produsent en verkoper in Orania. As ons meer mense het, sal daar ook meer mense wees wat sulke projekte aanpak. Daar is egter ‘n groot verskil om ‘n staat te wees of om net ‘n dorp te wees wat staatlike funksies met ‘n klein munisipale begroting moet doen. Daarom is die Orania Beweging so belangrik, wat fondse en steun van uitwoners kanaliseer vir nuwe projekte, soos behuising en maatskaplike sorg.
Ja, dit maak sin.
Dagse Sebastiaan, dankie vir jou sinvolle artikiel. Ons het gedenk, dit sal moontlik help, as die huispryse in Orania ondertoe gaan. Ons denk, daar is baie Afrikaners wat Orania toe wil kom, maar hulle kan die pryse nie betaal nie. Kan Orania nie huissies bou nie vir, se maar, R 200.000 per huissie? En hierdie huissies te koop set net vir Afrikaners wat min geld he? Afrikaners met midde-inkomens en Afrikaners met bo-inkomens kan dan huissies koop, wat duurder kos. Wat denk julle van hierdie voorstel?
Frits en Ella, daar is heelwat mense wat hulle koppe elke dag hiermee besig hou, juis oor die “hoe” hiervan.
Daar word vele eksperimente uitgevoer deur privaatbeleggers, want almal verstaan en glo in die beginsel dat as jy dit bou, dan sal die mense kom.
Die Towerkoeël is egter nog nie bedink nie, maar eendag gaan iemand alles maak inmekaar pas t.o.v. die goedkoop behuisingssituasie.
Ja, Johan, daar is baie arm Afrikaners. Orania het al geantwoord, dat daar ook midde-inkomen-Afrikaners en bo-inkome-Afrikaners Volkstaat toe moet kom, vanwege die koopkrag. Ja, hierdie maak sin en ons stem saam. Maar tog, die moeilikheid bly: arm Afrikaners moet ook gehelp word en hulle kan nie die hoe huiskoste betaal nie. Dus iewers moet daar oplossing vir hulle gesoek word. Goed gaan vir almal.
Ek is n verpleegster wat met n seer hart n n sentrum vir afrikaanse vroue en kinders begin maar waar begin ek as daar dalk iemand is wat my raad het om so iets te doen sal ek dit baie waardeer so baie weduwees soos ek wat nie weet waar hulle hoort in hierdie land nie en ons word n sagte teiken vir die geweld hier om ons kan iemand my raad gee asb dit sal grootliks op prys gestel word ,ek is net iemand wat omgee
Sherryl, wil jy Orania toe kom? Jy moet vir John Strydom kontak en n afspraak maak om jou saak uit te le vir die Orania-mense. As jy swak staan, finansieel of anders, se vir hulle en vra vir hulp.
Sjoe, my oe het oop gegaan, het altyd gedink Orania is AWB boeremag rasiste. Wys net watter beeld bestaan daar nog by van ons mense. Maar nou sal ek help adverteer aan Orania en hoop om dalk erens volgende jaar daar ‘n draai te maak – Kaap is maar ver.
Om die internet te verbeter maak dalk die voorstel aan Telkom dat julle ‘n vesel-optiese verbinding soek. Een so ‘n lyn sal 10’000 mense dien met byde internet en tellefoon. Stel voor om self die kabel te koop en aan te le na julle naaste groot diens sentrum deur van die bestaande pale gebruik te maak. As dit nie ‘n opsie is nie kyk dalk na ‘n mikro golf verbinding. Ek sal graag verder bystand wil bied op die gebied deur naforsing en advies. Ek is ‘n elektroniese ing – so as hier spelfoute is, dis hoekom 😉
Wat van ‘n woonstelblok in Orania? Mense wat wil deel word kan dus goedkoper begin.
Wean,
Dankie dit is goeie voorstelle. Ons moet ‘n ontwikkelaar met genoeg kapitaal vind vir so ‘n woonstelblok. Wat die optiese vesel aanbetref werk ons ook aan moontlikhede.
Jy is reg: Orania is nie ‘n ekstremistiese gemeenskap nie. Ons verwerp alle ekstremisme. Ons is trots VIR Afrikaners en ons kultuur en nie teen enigiemand nie. Hoop om jou binnekort hier te sien!
Waarom kan ons nie weer n Trust Bank begin en n Sanlam nie?
Eintlik begin dit reeds in die kleine in Orania. Ons het ons eie bank hier en hy groei by die dag en word al hoe sterker! ‘n Versekeringsmaatskappy sal een of ander tyd moet volg.
Afrikaners belê tans elke maand etlike miljarde Rande in Sanlams en Ou Mutuals.
Hierdie geld word tans (elke maand) aangewend om winkelsentrums en ander geboue en fasiliteite op te rig in die gedoemde Ou Suid-Afrika – ‘n patetiese belegging.
Sou slegs ‘n fraksie van hierdie geld maandeliks Volkstaat toe kom, sou dit beide ‘n Eerste Wêreldse Volkstaat onafwendbaar maak en boonop baie groter groei vir hul beleggers verteenwoordig.
Afrikaners het, en spandeer reeds, maandeliks die geld wat nodig is om al ons drome te verwesentlik, maar dit gaan tans vir die oprigting en die verstewiging van anti-Afrikaner instansies en individue.
Ons is werklik ‘n baie bright spulletjie…….
Ek stem saam. Ons uitdaging is om hierdie mense te oortuig om in Orania te belê. Daar is reeds groei en meer en meer mense belê reeds hier, maar dit is nog net ‘n klein deeltjie van al daardie kapitaal waarna jy verwys.
Jy is reg Johan. Daar is biljoene in die Afrikanerdom opgesluit….
Maar ai, die tekkie wil net nie die teer tref nie….
Anthony, ons het nog nie slim genoeg geraak nie.
Sonder beleggings gaan daar nie besigheid wees nie, en sonder besigheid, nie werksgeleenthede nie, en derhalwe nie mense nie.
…..dis waarom die volgende gedagte my mal maak: Wat reken jy spandeer 2,8 miljoen Afrikaners maandeliks aan hulle troeteldiere?
As dit R500m was, kon jy maandeliks (teen sê maar ‘n R10m belegging), 50 tipiese tegnologiebedrywe van die grond afkry (gegewe daar is genoeg entrepreneurs). Dis ‘n Tegnologiepark elke maand. Dis ‘n Eerste-Wêreld heenkome vir (aanvanklik) 500 Afrikaners ‘n maand.
…..en hierdie is hoe ek in die aande myself mal maak met troeteldiere……en moenie dat ek begin met DSTv, wyntjies, Lotto, sigarette nie…..bloot op wat Afrikaners elke maand aan sekuriteitsmaatskappye en verhoogde misdaadpremies in die see smyt……kon ‘n Pretoria in ‘n oogwink opgerig wees.
Maar ja. Klou verbete aan die vrot appel wat hulle het en mis die appels bo hul koppe heeltemaal….
As ek my stuiwer mag ingooi – bemarking. Ek dink baie jonger Afrikaners is heeltemal onbewus van Orania en wat dit behels. ‘n Sterk bemarkingsveldtog mag dalk die bal vinniger aan die rol bring?
Carmen, jy’s heeltemaal reg. Ek het al heeltemaal verstom gestaan wanneer ek met ander Afrikaners praat oor Orania, en dan’s dit heel ingeligte en opgevoede en aktiewe mense, maar hulle het nie ‘n clue oor wat Orania is, wat nog te sê van die Vryheidsideaal en wat dit behels.
Ou mense is gefokus op behou wat hulle het – maar aan jong mense moet jy die groot droom verkoop – want die toekoms is waar hulle gaan lewe.
Ons het altyd so ‘n visie gehad – van iets groots en skynend-dierbaars – ‘n netjiese, blink, veilige nuwe huis vir ons mense. Ek kan dit sien.
Om die Toekomsdroom te verkoop, sal ons dit moet klee in tegnologie, vooruitgang, opwinding, en lewe. Daar is nog baie pionierswerk wat gedoen moet word deur gewone mense soos ek en jy in hierdie verband.
Carmen en Johan, julle is albei reg, maar hoekom gebruik julle nie die internet vir hierdie bewusmaking en bemarking van Orania nie? Internet en sosiale media is besig om die wereld oor te neem, ook so in Suid Afrika, Soos ek verder ondertoe in die blog gese het is ‘n web ontwikkelaar SEO spesialis asook ‘n digitale bemarker en meer en meer mense en veral kinders begin die tipe van goed gebruik.
Jammer die sin moet lees my vrou is is ‘n web ontwikkelaar SEO spesialis asook ‘n digitale bemarker
Werkskepping moet sentraal in die Groot Plan wees. Daar moet egte produksiebesigheid kom, waar die doel is om binnen 5 jaar (produkte) uitvoer na die buiteland, en sodoende konreet werk verskaf.
Helaas is baie werk handewerk, en lae lone of gratis werk sal aan die orde wees. Ek dink, mense meot bereid wees om te werk vir kos & slaapplek. En, daar moet dan skoling plaasvind.
Alternatief, oproep doen op vrywilligers, om ‘ontwikkelingswerk’ te doen in Orania. Bevoorbeeld om bestuurders, kundiges vir ‘n vakansie in Orania te kry.. En vakmense. So kan jy die bal aan die rol sit. Met vrywilligers.
Sodoende hoef Afrikaner stedelingen nie te emigreer na Orania, is dit tog moontlik om hulle kundigheid vir die Groot Saak te benut.
Gerhard,
Hierdie idee van jou oor vrywilligers is uitstekend. Ek dink Orania, mot dit erntstig besin.
Selfs vyrwilligers uit die buieland soos Suid Tirole met wie Orania ‘n verhouding het.
Dink maar hoe baie het jong vrywilligers van oor die wereld op Israelse kiboetese gaan werk.
Groet,
Jacques
Ek se vir julle maak nou al grond beskikbaar vir n golf baan
Ekl het nog altyd gevind dat daar iets dinamies in Orania is wat verband hou met waarheid en werklikheid: ‘n mens sien dinge vr wat dit is as jy Orania besoek en skille val van oe af. Dalk is dit ‘n manifestasie van de laertrek sindroom onder Afrikaners, naamlik dat kontak met ‘n oormag van kul;tuurvreemdes veroorsaak het dat jy intens na waardes binne jouself en gemeenskap moes soek, wat eintlik steeds geldig is vandag. Miskien sal dit mettertyd verander met die opkoms van ‘n meer beskaafde swart middelklas waar mense bloot as mense gesien en gerespekteer word, maar intussen is dit goed dat Orania ‘n brandpunt vorm. Volkstaat? Nou wat dan van die res van die Oranje stroom-op wat eintlik die lewensaar vir die res van die rivier en aktiwiteite daarnaas is?
Ben, die volkstaat tot by die Weskus en langs die Oranje is nog steeds die ideaal, maar aangesien so min mense nog verhuis het Orania toe en geen organisasie op ander plekke in de gebied werklik volkstaatbou bedryf nie, moet ons werk met dit wat ons het en dit laat groei, en dit is Orania. ONs mense is ook nog steeds baie traag om oor te skakel tot volkseie arbeid (en dis nie altyd iets wat dadelik moontlik is nie) en veral in die Benede-Oranje sit jy met groot druiweboerderye wat baie arbeidsintensief is.
Een van die grootste knelpunte met Oranje is die feit dat dit ‘n godsdienstige nedersetting is. As dit maar vir die Blanke Boer was, maar dit is nie. Gelowe is oral in beskaafde lande besig om te kwyn, en die indoktrinasie van kinders(in ‘n geloof) word deesdae gesien as kindermishandeling.
Die Nieu-Seelanders is ‘n heel regverdige lot. Hier is baie immigrante in Auckland, en daar is genoeg geleenthede vir bevordering en vooruitgang. Dit is ook sommer nonsens dat NZ se huise nie mooi is nie, of dat die sypaadjies verwaarloos is. Verder is dit ook baie veilig hier, en is dit redelik maklik om ‘n goeie lewensstandaard te handhaaf.
Voorspoed
Dawid
Dawid,
Geniet Nieu-Seeland. Jy die Afrikaners sal daar integreer en verdwyn. Jy is verkeerd oor geloof. Dit is waar vir Europa, maar die teenoorgestelde geld in Suid-Amerika, die Ooste, Oos-Europa en groot dele van Afrika. Orania is ‘n Christelike Afrikanernedersetting en sal dit bly.
Jaco
Hi almal.
Ons het die laaste vier jaar basies gekrepeer. Nie oor lui drank of dwelms. Ek en my man is opgely in verskye rigtings. Altwee matriek met unie toelating. Probeer werksoek in SA? CV 200+ n maand gestuur. N groot probleem hoekom Afrikaners nie sal trek nie is omdat dit nog goed gaan met hulle. Baie meer werk nog vir die regering as wat mens dink en hulle sal niks doen om dit te verongeluk nie. Hulle “sien” nog nie wat aangaan nie. Ons is die laaste 10 jaar gewoond self werk en het oorleef op God se genade met niks. Gee my n vylige plek waar ek nie hoef skaam te kry omdat ek wit is nie en ek werk my fingers af. Ek en my man oorweeg Oranie. Grap van alles: hy het die werk van sy drome gekry. Ek het hom nog nooit so gelukkig gesien nie. Numsa besit die mskpy. Geld brand min maar satisvaksie maak op. Maw sal eers trek wanneer verplaas of aftree. Ons werk maak ons afhanklik en sal maak dat min sal trek. En ja ons is arm wat bied ons Orania?
Ek en my gesin sal Orania oorweeg, groot probleem ADSL lyne, my vrou is ‘n web ontwikkelaar SEO spesialis asook ‘n digitale bemarker haar werk is een honderd persent van ADSL afhanklik, die wonderlike is as die diens beskikbaar is kan sy van enige plek af werk, sy hoef nie by haar kliente te wees nie, Ons is ook altwee gekwalifiseerde Lewens Afrigters “Life Coaches”, so sodra daar betroubare ADSL lyne in Orania is en daar vir ons werk as Lewens Afrigters is kan ons dit ook oorweeg. Ek wil nie graag he my gesin moet in armoede verval net om te se ons bly on Orania nie.Ek sal graag eerder wil sien dat my gesin vooruit gaan. Natuurlik moet ‘n mens ook voorentoe kyk, jou kinders word groot so daar moet ook vir hulle geleenthede wees vir ekonomiese vooruitgang, anders gaan hulle die dorp verlaat.
Stef ons werk baie hard hieraan en onderhandel voortdurend met Telkom. Die ADSL-sentrale in Orania is heeltemal te klein en alle lyne is voortdurend opgeneem met ‘n lang lys van mense wat wag om ‘n lyn te kry. Ons hoop Telkom gaan vroeg in 2015 ons ADSL heelwat uitbrei. Sal julle op hoogte hou want ons besef self watter ekonomiese potensiaal dit vir ons inhou. Ons is egter 100% afhanklik van Telkom hiervoor.
Dankie Jaco wardeer.
Hi Sebastiaan,
So gepraat van skille van oe afval….Ek wil net vir julle se dat ek persoonlik dink julle doen fantastiese werk in Orania. Die dorpsraad en almal wat betrokke is by die bestuur van Orania!! My broer het sowat 10 jaar gelede in Orania gebly vir n kort tydperk. Ek het hom eendag daar gaan besoek en my reaksie was: “Hoe kan jy hier bly?!!!?”. Nietemin het my moeder so 3 of 4 jaar gelede besluit dat sy haarself in Orania wil vestig. Ons as familie het maar saamgestaan en vir haar n huis daar gekoop waar sy kan aftree in vrede.
Nou ja, ek het haar sowat n maand gelede besoek vir n kort kuiertjie en ek kan jou belowe dat die skille van my oe afgeval het!!! Wat n verskil! Ek kon die vooruitgang in Orania nie glo nie!!
Ek wens net meer Afrikaners wil julle besoek en gaan kyk wat daar aan die gebeur is!
Wel gedaan sover en hou aan met die goeie werk!!
Daar is baie stereotipes wat om Orania se nek gehang word, waarvan die oorgrote meerderheid onsin is en geopper word deur oningeligte mense. Moet sê dat Orania baie moeite doen om die meeste hiervan te besweer deur konsekwente optredes en standpunte wat ingeneem word. Een van die steriotipe koejawels is die hele Volkstaat gedagte. Om die een of ander rede het die meerderheid Afrikaners en andere n weersin aan hierdie idee. Ongelukkig is dit waarskynlik die aspek van Orania wat die meeste mense afsit. Dit het tyd geword dat ons hierdie feit aanvaar en aanbeweeg met plan B. Het dit nie dalk tyd geword om hierdie gedagte vir eers vaarwel te roep en Orania spesifiek eerder te posisioneer en te bemark as n self-versorgende, kulturele, Afrkaner gemeenskap nie?
Hendrik le Roux, die stigter van Orania Finansiële Dienste, hou hom al
‘n rukkie met hierdie probleem besig. Sy oortuiging lê daarin dat Orania
moet uitbrei in die dienstesektor wat hiervandaan in die direkte
omgewing (met ‘n instapdiens) en verder na buite (deur tegnologiese roetes) diens moet lewer.
Die professionele advies van Orania Finansiële Dienste kan vanuit Orania na enige volkstater en ondersteuner aangebied word. Die meeste finansiële instellings maak van belsentrums gebruik om hul kliënte te diens. Waar daardie belsentrum
geleë is, maak nie werklik saak nie, buiten vir begeesterde Afrikaners wat graag Orania wil sien groei.
Gevolglik is Orania Finansiële Dienste in Orania tot stand gebring, Ons
het weggespring met korttermynversekering en mediese fondse. Inwoners
uit Orania baat hierby, maar ons mark is eintlik die ondersteuners van
Orania en die vryheid van die Afrikaner. Tereg het iemand vroeër in hierdie
gesprek opgemerk dat groot hoeveelhede geld vir Orania beskikbaar sal
kom indien ons reeds ons eie versekeringsmaatskappy sou hê. Nou terwyl
ons nog daaraan werk, kan ons wel reeds ons versekering deur Orania se eie
makelaars op Orania doen al is dit nog deur die bestaande RSA-maatskappye. Die deel
van jou premie wat vir kommissie gaan, gaan dan na ‘n bedryf in Orania
wat weer hoogs-geskoolde werksgeleenthede skep vir die uitwoners wat nou inwoners kan kom word deur werksgeleentheid in Orania voor aansoek te doen. Daar moet mos vaardige en kundige mense in die
belsentrum werk.
As jy dus reken jy kan nog nie Orania toe trek nie, skuif solank jou
Finansies (Of jou verpligte versekeringsuitgawes) Jou eerste skuif is mos jou
kopskuif. Maak jou tweede skuif jou finansiële skuif en jou derde skuif
jou fisiese skuif. Al het jy byvoorbeeld reeds korttermyn versekering by
‘n bestaande versekeringsmaatskappy en jou eiendomme is in bv. Gauteng
verseker, kan jy mos oorskuif die makelaar in Orania. Dit gaan nie ‘n
sent duurder kos nie, en wanneer jy die dag oor iets navraag wil doen of
wil eis bel jy ons belsentrum en jou volksgenoot gaan in Orania die foon
antwoord om jou daarmee by te staan. Met die tweede skuif in gedagte is
ons telefoonnommer juis Orania no 2 dws: 0532070002.
Hi my naam is Jolande en wil graag weet hoe en wat mens moet doen om in te kom by julle
Ons sal graag meer wil weet van die dorp ek vepleeg by tehuis vir bejaardes. Is daarbly plek tehuur of te koop.