Aangesien die media op hulle bekende manier van ʼn muggie ʼn olifant gemaak het en meer as ʼn week nuwe “onthullings” in al wat ʼn Afrikaanse koerant of radiostasie is uitgebasuin het (spotprente inkluis), dink die hele land nou dat daar drama in Orania is. Dit alles laat ʼn mens nogal dink aan ʼn vergelykbare geval rondom 2005/2006, waar ook mense in Orania wat sekere griewe gehad het met skinderstories en kamstige onthullings hulle na die media gewend het. Ook van hulle pogings het niks gekom nie, maar dit het veel energie opgeëis en wantroue tot gevolg gehad.
Ook afgesien daarvan het Orania in die laaste tyd veel wind van voor gekry, iets wat gewoonlik gebeur in verkiesingstyd: voor elke verkiesing is Orania onder die vergrootglas en word daar gepoog om ons met een of ander rasseredenasie uit te lok. Daar was ENCA se baie gelaaide en skeefgetrekte nuusreeks oor Orania en kort daarna die BLF en EFF se dreigemente om Orania te wil beset. Ook dit gebeur elke keer voor ʼn verkiesing om aandag te trek en ʼn gewilde teiken aan te val. Orania is gereed vir ʼn aanval, maar soos eweneens elke keer is dit net dreigemente om rassepolarisasie verder aan te hits en goedkoop publisiteit te kry. Die verkiesing sal kom en gaan en na die tyd is alles weer vergete en die volgende teiken word gesoek.
Intussen stoom Orania onverpoosd voort. Ons inwoners en ondersteuners het intussen ʼn groot volwassenheid en nugterheid bereik as dit by sulke dreigemente en “onthullings” kom: hulle lag daaroor of skud hulle kop en gaan aan. Meer nog, dit maak ons nog meer vasbeslote om aan te gaan. Hier bou ons iets vir die toekoms, iets wat baie langer hou as ʼn verkiesingsbelofte, naamlik die vooruitsig van vryheid, wat in die kleine reeds gestalte kry.
Reeds nou is besoekers verstom hoe ons dit regkry om te doen wat ons doen: eenvoudig, deur dit te doen wat al vir 27 jaar werk, en om nie vir elke fopnuus en muis met ʼn luidspreker te skrik nie. Dreigemente teen Orania en sensasionele beriggewing oor onbenullighede is immers so oud soos Orania self. Die menige suksesverhale vind uit die aard van die saak geen of baie min dekking in die hoofstroommedia, maar soos ons mense meer en meer Orania besoek en ons eie kommunikasie meer doeltreffend raak (en ons mense die hoofstroommmedia al hoe minder vertrou) kom ons boodskap deur. Ons kan dit sien aan die groeiende getal besoekers, nuwe en voornemende inwoners, beleggers, nuwe strukture wat opgaan, nuwe projekte en inisiatiewe. Geen fopnuus en geen dreigement kan dit ongedaan maak nie.
n Baie wyse Mark Twain het lank gelede die opmerking volgende gemaak (verskoon asseblief die Engels): ” If you don’t read the newspaper you are uninformed. If you read the newspaper you are misinformed “. En dit som basies die media op in n neutedop. Die media verkoop graag perde drolle as vye
Het die media nie al genoeg sirkus/dieretuin van Orania gemaak nie? Wat van die reg op Privaatheid van inwoners in Orania? Ek verstaan dat meeste joernaliste SJW’s(Social Justice Warriors) is, maar hul moet verstaan dat selfbeskikking vervat is in VN konvensie oor menseregte in Art1, Afrika konvensie oor menseregte Art 20 (2), Art 235 van SA GRONDWET 108 van 1996 en ook 23 April 1994 Akkoord met ANC.
Wittes hoef nie werk te skep vir politieke swartes nie. As Geforseerde etniese amalgamasie en assimilasie die nuwe politieke beleid van SA is, dan is dit Misdaad teen mensdom, die teenpool van geforseerde etniese apartheid.
Waarom kan swart gemeenskappe nie ‘n gemeenskap kollektief vorm en hulself ophef soos wit gemeenskap in Orania nie?
Ek het soveel respek vir elke inwoner van Orania en sou gladnie omgegee het om daar te woon nie. Elke besoek aan Orania was warm en ‘n gemeenskap wat wikkel en vooruit gaan – geluk en God seën julle! Ek hou van die jongmense wat so ‘n pertinente rol speel in die gemeenskap – dit is hoop in praktyk!