Talle besoekers aan Orania (en waarskynlik nog meer mense wat Orania nog nie besoek het nie) het die persepsie dat Orania volgens een of ander sosialistiese model bestuur word, omdat ons sê dat ons ‘n gemeenskap is.
Die persepsie is byvoorbeeld dat jy grond nie kan koop nie en dit nie jou eiendom is nie, maar dat jy net ‘n lewensreg het en dit ook nie mag verkoop nie, behalwe aan die maatskappy en sonder wins. Verder is die persepsie dat die dorp se inkomste uit die gemeenskaplike boerdery kom en die inwoners se inkomste na die bestuur toe gaan wat dit dan gebruik vir ontwikkeling en om almal se salarisse te betaal.
Daar is blykbaar ‘n probleem om die idee van privaatbesit en privaatinisiatief met die idee van ‘n gemeenskaplike strewe te versoen. Privaat word gekoppel aan individualisme, en gemeenskap aan sosialisme. Verder is dit blykbaar ook moeilik om te verstaan dat ontwikkeling en voorspoed nie soseer kom uit ‘n maatskappy of bestuur wat alles beheer nie, maar uit verskillende privaatinisiatiewe. “Maar hoe verdien die dorp dan sy inkomste as die landbougrond aan privaatpersone behoort?” word dikwels gevra.
Orania funsioneer met die beginsel van die vrye mark, maar met die gemeenskap as die basis en vryheid vir die Afrikaner as ideaal. Dit is ‘n soort derde weg tussen sosialistiese staatsbeheer aan die een kant, en liberale individualisme aan die ander kant. Sowel die alles beheerdende staat asook die individualisme kalwe gemeenskappe uit, dus moet ons nie te veel van die een of die ander een hê nie. Ons soek egter groei en ontwikkeling, en dit is oor en oor bewys dat owerheidsinmenging groei eerder belemmer as bevorder en dat die owerheid hoogstens ‘n rol moet speel as inisieerder van ontwikkeling en dan moet onttrek en die bestuur aan ander moet oorlaat.
Dit is nie toevallig dat Libertariërs nogal ‘n groot mate van aanklank by Orania vind, nie so seer oor die ideaal nie, maar oor die praktyk van ‘n gemeenskpa met die minimum staatsinmenging. Omdat die staatsfunksie in Orania grootliks afwesig is, word ‘n groot mate van dit wat die staat moet doen, deur Orania-instellings gedoen. Die Dorpsraad, wat dikwels as die regering van Orania beskou word, beperk homself grootliks tot die pligte van ‘n munisipaliteit, naamlik dienslewering. Die Dorpsraad het wel ‘n soort “belasting” tot sy beskikking deur middel van heffings. Die Orania Beweging word befonds uit vrywillige bydrae van lede en ondersteuners. Sekere “staatsfunksies” soos die daarstelling en onderhoud van infrastruktuur, die handhawing van orde, geskilbeslegting, maatskaplike hulp en voorsiening van maatskalike behuising word deur die Dorpsraad of die Orania Beweging bestuur en befonds. Daar is sowel betaalde amptenare asook vrywilligers wat daarmee gemoeid is.
Die verskaffing van werk, lewering van produkte en dienste word feitlik heeltemal aan die privaatsektor oorgelaat. Die ekonomie is markgerig en vry, en die owerheid meng selde daarby in. In die beginjare van Orania was die ekonomie gereguleer deur ‘n permitstelsel wat slegs een besigheid van ‘n soort toegelaat het. Dit het egter nie gewerk nie en gelei tot bevoordeling van sekere mense en ontevredenheid by ander en is daarom vervang deur die huidige stelsel van vrye kompetisie. Dit is werklik betreklik maklik om ‘n besigheid in Orania oop te maak, dit is slegs die markkragte wat jou sukses bepaal. Daar is egter ‘n hele paar markkragte wat in ag geneem moet word voor ‘n mens ‘n besigheid begin. Die kompeterende voordele van Orania is die gemak waarmee ‘n besigheid oopgemaak kan word, relatief lae huur, goeie veiligheid en goeie werkende infrastruktuur asook ‘n betroubare en nie-korrupte plaaslike bestuur. Die nadele is dat Orania ver van die markte is sowel vir in- as uitvoer, dat die plaaslike mark klein en in talle opsigte oorbedien is en dat die aanbod aan geskikte personeel nie altyd volop is nie. Die tegniese sentrum en ander onderwysinstellings in die toekoms sal laasgenoemde toedrag van sake egter aanspreek, en met meer inwoners is daar ook meer geleenthede.
Die basis van die ekonomiese model is dat hier geleenthede geskep moet word om ‘n gesonde gemeenskap te bou, maar dat van die enkeling verwag word om die geleenthede aan te gryp en om nie met die leupel gevoer te wil word nie. Sterk individue vorm sterk gesinne en families en bou sodoende ‘n sterk gemeenskap.
Dit is die tammeletjie waarmee Orania tans sit. Ek verwys na die stadige groei. Daar word van mense verwag om hulle eie besighede te stig om ‘n lewensbestaan daar te maak. Anders moet jy finansieel onafhanklik wees.
Ek dink tans is die toerisme bedryf, die bedryf wat potensiaal die grootste geleenthede bied vir entrepeneurs. Daar is baie stede wereld wyd en selfs lande, wat hulle grootste inkomste verdien uit toerisme.
Wat van ‘n groot “Waterwereld” by die swembad ? Met reuse glybane ens. Iets wat werklik die verbeelding aangryp. Verdere huurverbly vir vakansie gangers….Hierdie kan duisende vakansiegangers trek. Nietemin Orania is op die regte pad…
Hier twee maniere hoe u ook kan help om Orania te help groei.
‘n Baie suksesvolle model wat gebruik word in Orania is vennootskappe met maatskappye in ZA wat bereid is om mense in diens te neem in Orania. Self doen ek werk vir http://www.EJM.co.za wat sagteware ontwikkel. EJM se doel is om oor ‘n paar jaar meer programmeerders in diens te neem wat in Orania gestasioneer is. So ‘n sagtewarehuis kan sagteware skryf vir kliënt in ZA of elders.
-o0o—-
Waarmee ons ook betrokke is, is die uitbou van ons Volhoubare Energie Koöperasie (V.E.K.). Enige persoon wat bewus is hoe belangrik energie is sal waarskynlik belangstel om betrokke te raak by V.E.K. en of aandele wil bekom in jou (volks)eie energie koöperasie.
-o0o—-
As jou besigheid ook mense in Orania in diens kan neem of jy stel belang in V.E.K. kontak gerus die Orania Beweging.
Ek wil aansluit by Ludwig.
Ek dink baie professionele firmas kan die model volg.
In EJM se geval kon ons ‘n werksgeleentheid in Orania skep in plaas van in Kempton Park.
Die oorhoofse koste van ‘n werksgeleentheid in Orania is baie laag in vergelyking met in stedelike gebiede.
In ons geval kon ons ‘n baie bekwame persoon met toepaslike ervaring kry.
Met die Internet word dit baie maklik en prakties om mense wat in verskillende geografiese gebiede is, as ‘n span te laat saamwerk.
Ons doen sagteware ontwikkeling maar dieselfde model sal goed werk vir ingenieurs ontwerp, argitektuur – enige beroep wat ‘n groot mate van kreatiwiteit en selfgedrewendheid vereis.
Stig ‘n “Startup Incubator”.
Ons moet Open Source beginsels gaan toepas op die Orania-droom. Dit is gratis software, en tegenwoordig in Europa ook vir dienste en opleidingen. Die betrokkenen by Open Source is meestal HOOGS opgeleid, MEGA ervaren, en veral wereldverbeteraars. Daarom musiek in die ore van ‘n Orania idealist :).
Die incubator;
* Lei jongmense op in tech, uitvoerende kunst.
* Is winsgerig, kommersieeel besigheid.
* Ploeg winst- en ervaringe terug in die incubator.
* Inkomstemodel: Besighede wat uit die Incubator ontstaan het moet 10% aandeel afdra aan die incubator.
* Die incubator moet toeganklik wees, vir alle Afrikaanssprekende jongmense.
* Produkte en dienste moet gerig wees op EXPRT na die buiteland.
* Coaches en trainers help studente om besighede te stig, en sorg vir begeleiding.
* Docenten uitwisselprogram met Europese universiteite en -Incubators.
* Die incubator het >=3 man vaste mense in diens wat dit onderou en uitbou. Verder leun op open source, en gemeenskapsbydrae.
Hoe start?
1. Ek denk met ‘n crowdsourcing aksie begin sodat ‘n FTE aangestel kan word om die kar te trek.
2. Bepaal die cursusse.
3. Koop materiaal
4. of…. ander aanpak..
Die incubator moet na ‘n paar jaar omskep wordt na ‘n soort Universiteit of Universiteitstatus kry.
Ek is ‘n leek wat ekonomiese modelle ens betref maar watse ekonomiese sisteem het SA gehad voor 94, was dit nie ‘n mengsel van kapitalisties sosialisties nie? Dit het goed gewerk.