Silikonbevattende klippe soos hierdie word gesmelt met 99% suiwer silikon as produk. Dit word volgens die metallurgiese metode verder gesuiwer tot songraad silikon.
Kom ons maak ‘n vinnige vergelyking: Die Medupi kragsentrale behoort met voltooiing net minder as 5 gigaWatt elektrisiteit te lewer; dit is net meer as 10% van Eskom se totale vermoë.
Medupi is sedert 2007 in aanbou en is nog steeds nie heeltemal voltooi nie. Geprojekteerde koste is sowat R200 biljoen.
Om ‘n aanleg te bou wat 1 gigaWatt se sonpanele kan vervaardig, neem sowat ‘n jaar en kos sowat R75 biljoen; die installasie daarvan drie maande. Panele uit dié aanleg kan Medupi se vermoë binne vyf jaar oortref teen minder as helfte van die koste.
Die son skyn wel net bedags, maar die vinnige ontwikkeling in batterytegnologie speel in ons hand.
Hierdie soort kragopwekking hoef nie in een hand, soos dié van Eskom of SASOL te wees nie. Dit kan oor duisende eienaars van wisselende groottes wat almal aan die netwerk gekoppel is, versprei wees.
Om só ‘n stelsel te verwaarloos, te kaap of te plunder is veel moeiliker as met een groot onderneming.
Natuurlik het ons nie R75 biljoen om mee te begin nie. Maar Eskom dwing huishoudings en besighede om energie-onafhanklik te raak. In die Noord-Kaap gaan elke rand wat op sonkrag spandeer word, meer elektrisiteit oplewer as elders.
Ons vergesig is ‘n Noord-Kaap wat met skoon energie ‘n florerende, skoon ekonomie huisves, vry van onderdrukking en van armoede. Dit is die vergesig wat vandag se aksies rig.
Die Noord-Kaap het die grondstowwe, die ruimte en die sonskyn om ‘n tegnologiegebaseerde ekonomie tot stand te bring. Ons het selfs die mense. Maar het ons mense die wil, die deursettingsvermoë en die ondernemerskap?
Ek hoop so, want ons toekoms hang daarvan af.
Dr. Wynand Boshoff
|
Wynand, ek stem dit is moontlik. Ons het net ‘n goeie touleier nodig wat realistiese stappe in die regte rigting gee. Ek hoop iemand sal daardie leisels opneem… dit Orania op ‘n heel ander kaart sit!
Ek het ‘n eerste stap geneem en 4 kW geinstalleer teen R60 000 op ‘n bestaande dak. As daar dus geen voordeel of nadeel van skaal is nie, kos 4 MW R60 Miljoen en 4 GW R60 Miljard. In Suid afrika kan ons reken om ongeveer 22% van die potensiele krag uit panele te kry. (ons noem hierdie 22% die benuttingsfaktor). Dus as ons dieslefde hoeveelheid krag in totaal wil he wat ‘n 1 GW steenkool kragstasie maak wat vir ‘n hele jaar op vol kapasiteit loop, het ons net meer as meer 4 GW panele nodig en of baie energie stook kapasiteit nodig. As ons minder kapitaal in stoor kapasiteit wil sit, moet ons ons aktiwiteite aanpas om meer krag te gebruik as die son skyn en so min as moontlik as dit nie skyn nie. Ek stem saam dat ons krag in die noodkaap moet maak en alhoewel Orania nie die eerste of enigste stad is waar jou krag in die netwerk kan ingaan nie, is die seker een van die beste plekke om dit te doen want dit verminder die kapitaal wat nodig is om krag kabels na Orania aan te le.
Wat egter vir my ‘n verassing was om nou die dag uit te vind is dat wind energie se benuttingsfaktor 37% is. Dus as mens 1 GW se steenkoolgebaseerde krag wil ewenaar, het mens minder as 3GW wind kapasieit nodig en minder stoorkapasiteit ook. Maar dan moet die windmeulens hoog wees (tipies 80 m of so).
In Afrikaans en Duits is
‘n 1000 miljoen (1 000 000 000)= 1 miljard(e)
‘n 1000 miljard (1 000 000 000 000)= 1 biljoen,
‘n 1000 biljoen (1 000 000 000 000 000)= 1 biljard
‘n 1000 biljard (1 000 000 000 000 000 000)= 1 triljoen
en 1000 triljoen (1000 000 000 000 000 000 000)= triljard.
In die engelse wereld is
‘n 1000 miljoen (1 000 000 000) = billion (Afrikaans/duitse miljard)
‘n 1000 billion (1 000 000 000 000) = trillion (Afrikaans/duitse biljoen).