Verlede week se Nampo-oesdag by Bothaville in die Vrystaat was nie net ’n toonvenster vir die nuutste landbouprodukte en dienste nie, maar het ook die kollig laat val op die talle uitdagings wat die landboubedryf in Suid-Afrika in die gesig staar.
Met die onlangse droogte wat nog nie orals heeltemal uitgewoed is nie, hoë insetkoste en ’n voortdurende aanslag op die veiligheid van boere, staan Suid-Afrika se landboubedryf voor ’n tyd van groot uitdagings.
Die fout wat baie ekonome, denkers en politici maak is om die landboubedryf bloot net as nog ’n sektor van die land se ekonomie te beskou. Om die landboubedryf te reduseer tot sy beperkte bydrae tot die bruto binnelandse produk, is ’n groot fout. Om op te hou om van boere te praat en eerder na produsente te verwys, is net so verkeerd.
Boere en boerderye in Suid-Afrika het ’n sterk kulturele en gemeenskapsbelang wat toenemend besig is om verlore te gaan. Regdeur Suid-Afrika het dorpe in die agtiende en negentiende eeu tot stand gekom omdat boere ’n kerk en later ander dienste nodig gehad het. Die plattelandse dorp was die sentrum vir boere waar hulle bymekaar kon kom, kon sosialiseer en aan ekonomiese en gemeenskapsaktiwiteite kon deelneem.
Min dorpe en selfs klein stede in Suid-Afrika het enige bestaansreg sonder die deelname van boere en hul gesinne gehad. Skole, kerke en talle besighede het vir lank floreer weens die deelname van die landboubedryf.
Die afgelope twee tot drie dekades het boerdery-eenhede begin vergroot, meer mense het na die stede getrek, maar boere en hul gesinne het ook toenemend verby hul naaste dorp gekyk en kinders na skole in groot stedelike gebiede gestuur. Talle dienste en produkte is nie meer plaaslik aangekoop nie.
Daar is drie redes hiervoor. Eerstens is die toenemende individualisering van Afrikaners as antwoord op die vervreemding binne die Nuwe Suid-Afrika, ook op boere van toepassing en het die verruiling van die gemeenskap vir materiële oorvloed ook sommige boere besluite laat neem wat hul gemeenskappe hard getref het. Nog ’n rede vir die verskuiwing is die vervreemding wat nuwe politieke beheer in ons dorpe en stede gebring het. Mede-eienaarskap van ons gemeenskappe het verval. Die derde rede is dat die Suid-Afrikaanse landboubedryf ook deur globale invloede geraak is. Die Amerikaanse idee dat die plaas ’n groot fabriek moet word, het ook hier begin posvat. In die VSA beheer vier maatskappy tans die produksie van 65% van varkvleis en 84% van beesvleis. Die gemeenskapsgefokusde kleinboer word deur siellose korporatiewe landbou vernietig en talle studies in die VSA het bewys dat dit ook tot minder mededinging en selfs ekologies-onvriendelike praktyke lei. Die grootste verlies is egter die verval van gemeenskappe en hul instellings.
Die verlies aan die familieplaas en sy naelstring aan ’n hegte gemeenskap met ’n dorp, ’n kerk, ’n skool en strukture wat mekaar bevorder en volhoubare oplossings vir die uitdagings van landelike gebiede skep, gaan in die toekoms bewys dat die idee dat plase sommer net fabrieke sonder ’n siel kan word, vernietigende gevolge kan hê.
Dit is inderdaad ’n uiters kommerwekkende punt wat jy uitlig Jaco. In my omswerwinge het ek meermale met moedelose kleinboere gesels wat deur die winsbejag van groot koöperasies stelselmatig uit die mark uit geboelie is. ’n Besondere deel van ons kultuurerfenis word op die brandstapel geoffer en ek weeg die kostes vir uiters kompeterende landbou praktyke te hoog. Ongelukkig word die waarde van praktyke meermale eksklusief gemeet aan die rand en sent waarde van so ’n praktyk en die ander bydraes, as voorbeeld kultuur, tradisie, erfenis en gemeenskap, negeer tot ’n inkonsekwensie. Laat my sidderend vandag dink aan die tydperk van die grondbaronne, nie net hier plaaslik nie, maar ook binne die Iere se hartseer geskiedenis voorafgaande die groot Aartappel Hongersnood. Tragies dat ’n gemeenskap so ’n kort geheue het en grootliks die onvermoë om uit eie of andere se foute te leer. Die geskiedenis dui daarop dat hierdie praktyke in die eerste plek lei tot die verlies aan onmeetbare kulturele en maatskaplike rykdom, maar dan onafwendbaar uitloop op ’n uiteindelike ineenstorting van die omliggende ekonomieë ook. Jammerte, ek voel soms of ons almal aan die Cassandra Kompleks lei.
Suid-Afrika se plattelandse dorpies is op ‘n skinkbord deur die boere aan die ANC oorhandig. Hul was op die voorpunt van die stryd binne Afrikanerkringe om te verhoed dat tuislande groot genoeg gemaak en ekonomies ontwikkel word om lewensvatbaar te word. Hul het daarop aangedring dat goedkoop swart arbeid geredelik beskikbaar moet wees en het selfs sover gegaan om gesinne te gaan werf in tuislande om by hulle op hul plase te gaan woon en werk. As gevolg hiervan is daar nie ‘n enkele munisipale distrik in Suid-Afrika waar Afrikaners meer ‘n meerderheid is nie. Dit terwyl Afrikaners in die Vrystaat die meerderheid was voor die Tweede Vryheidsoorlog.
Weens die wêreldwye bevolkingstoename is dit noodsaaklik dat voedsel so effektief moontlik geproduseer word. Kleiner boere beskik nie oor die nodige kapitaal, spesialisvaardighede of kulturele ingesteldheid om die nuutste tegnologie in te span om hul kompeterend te hou in die internasionale voedselmarkte nie.
Die toekoms vir bestaande boere in Suid-Afrika lyk ook swak. Winsmarges bly krimp terwyl die swart arbeiders nie meer bereid is om die grond te aanbid waarop die Baas loop nie. Tewens arbeiders is dikwels die vernaamste bron van binnekennis by plaasaanvalle. Grondhervorming en veral onteiening teen minder as billike waarde word ook ‘n al groter moontlikheid. Geen wonder dat min kinders kanssien om met die familieplaas aan te sukkel nie.
Jaco
Hoe gevrywaar is Orania met die onteieningswet wat nou goedgekeur is. Die regering kan basies nou enige grond onteien, so ook vee en pensioenfondse. Laasgenoemde is in die spervuur omdat die regering knaend geld soek. Faksies soos die EFF sal Orania teiken om hul rewolusionêre aard uit te leef. Ons toekoms lyk nie goed nie. Wat doen ons t.o.v voorkoming van onteiening in Orania?
Johann, hoe akkuraat en tydig was jou vraag nie. Ek verneem die EFF slyp hulle tande bir Orania. Wat is die antwoord van bestuur se kant, hierdie gaan deurslag gewend wees vir toekoms planne. En mag ek noem dat ek hoop beroeping op die grondwet is nie die enigste antwoord nie. Hoe nou vorentoe?
Al is die vraag aan Jaco gestel (wat tans in die buiteland is), sal ek poog om te antwoord.
Die Orania model van boer verreken juis dit wat aanleiding gee tot die situasie wat bo geskets is. Ons antwoord bevat talle fassette soos: volkseie arbeid; kleiner stukke grond wat meganies bewerk kan word; eienaarskap in die vorm van ‘n koperasie; gesinne wat saamgetrek is naby hulle grond en die konsentrasie van Afrikaners (of dan Boere vir die wat die term verkies) wat ‘n direkte belang by hulle grond het as gemeenskap en wat bereid is om dit te verdedig.
Heel eerstens wil ek se,ek hou nie daar van om n afrikaner genoem te word nie. Ek is n boerseun al het ek nie n plaas nie. My vyand wat my taal en my regmatige erfenis as burger in hierdie land wat probeer ontneem weet jy kry boere wat boer en jy kry boere in stede. Dit is waar die lied vandaan kom,”shoot the boer,shoot the farmer”. As ons boer gemeenskap wil oorleef,moet hulle dit aanlkolik vir ons maak om weer eens na hulle te kom. Plase moet deur plaas boere deur sekerheid saam beskerm word. ONS KAN SAAM ONS LAND TAAL EN TOEKOMS NOGSTEEDS VORM,MAAR SAAM NIE ANDERS.
Dankie vir n baie insiggewende opsomming van die tragiese gebeure Jaco. Vir my wat omring word deur presies die voorbeelde wat jy beskryf en self ook deel is van n gemeenskap waar ons as boere hard moet werk om die instellings se wiele te laat draai, het die artikel as motivering gedien. Ons moet mos maar eers iets verloor voordat ons die waarde daarvan besef!!
Dit is ‘n baie korrekte weergawe van die somber werklikheid en is presies wat ek sou wou sê. Mynsinsiens het die Landbou-unies (veral die “gematigdes”) ook skuld omdat hulle boere tot produsente gereduseer het en die argument vir boerdery altyd net klinies-kapitalisties (trefwoord uitvoergeleenthede, globalisering ens) gevoer is. Die boere moes nooit ingestem het dat die kooperasies in maatsakppye verander word en net nog ekonomies funksioneer. In Zimbabwe was die blanke boere (waarvan heelwat Afrikaners) net nog “commercial farmers” en hulle enigste verteenwoordiger die Commercial Farmers Union, en die gevolge is bekend.
Ek vermoed dat die robotrevolusie wat op hande is, die prentjie vir klein-skaal, hoë presisie, plooibare boerdery met meer produkdiversiteit, ‘n nuwe lewe kan gee, aangesien die benuttingsfaktor per hektaar van ‘n masjien dalk aan die laer kant mag wees. Bedoelende een masjien per 100 hektaar vs. 10 per 1000ha, maar met dieselde koste impakte. Reusetrekkers en ander swaar masjiene word dan eerder koöperatief besit, alhoewel ek nie sou kon sê wat die detail van so iets kon wees nie.
Oor die grondbesit kwessie, dink ek dis tyd om die verdrae wat hierdie regering rondom korporatiewe en kommunale grondbesit by Commie organisasies soos die ILO, onder die loep te neem – dis verdrae wat spesifiek gemik is op die voorkoming van die onteiening van gemeenskappe. Kan dalk tog handig wees….
Ons moet ook nie die waarde van kleinskaalse en deeltydse boerdery onderskat nie. Selfs in jou eie tuin kan jy genoeg groente en vrugte verbou en hoenders aanhou om in ‘n deel van jou eie behoefte te voorsien en selfs oorskotte te verkoop of te ruil. ‘n Liefde vir die grond en vir handewerk is natuurlik ‘n voorvereiste.