Onlangse navorsing deur die Amerikaanse nuustydskrif, The Atlantic, toon hoe daar toenemend ‘n groot gaping tussen stedelike en landelike Amerika ontstaan. Immigrante van regoor die wêreld stroom na stede soos New York en Los Angeles. Die toename van immigrante met beperkte opleiding in stedelike gebiede veroorsaak dat veral blanke mense uit die werkersklas uit stede gedruk word en ‘n groot uittog van die blanke werkersklas vind na meer landelike gebiede plaas. Daarteenoor verkies jong gegradueerde Amerikaners eerder stedelike gebiede met goeie werksgeleenthede en groter salarisse. Min jongmense uit die platteland wat die geleentheid het om na skool te gaan studeer keer weer na hul studies terug.
Nog ‘n interessantste verskuiwing wat in die VSA plaasvind is op die politieke terrein. Liberale persone verkies die stede en konserwatiewe mense wyk uit na meer landelike gebiede om die stede, sowel as die dieper platteland. Dit veroorsaak dat jy toenemend polities twee uiteenlopende Amerikas raakloop. Die een meer landelik, konserwatief, Christelik en gemeenskaps en waardegerig. Hierdie groep verdien egter ook minder geld en het laer opleidingsvlakke.
Die tweede groep leef in stadsentrums en naby aan stedelike gebiede en is meer liberaal, minder gelowig, meer divers en baie minder op gemeenskapswaardes toegespits en dus eerder individualisties. Die stedelike Amerikaner word meestal gedryf deur ‘n behoefte aan ‘n groter inkomste. Hulle verdien gemiddeld baie meer as mense op die platteland.
Daar ontstaan toenemend spanning tussen die stedelike en landelike VSA en dit spoel reeds oor tot die politiek waar verkose politici uit landelike en stedelike gebiede voortdurend met mekaar bots.
Dieselfde tendense word ook toenemend onder Afrikaners bespeur. Ons beleef ook die verstedeliking van gegradueerdes en die uitwyk van mense met laer opleidingsvlakke na landelike gebiede. Bloukraag Afrikaners vind dit toenemend moeilik om in Suid-Afrika se stede te oorleef omdat daar weens die beskikbaarheid van swart vaardighede op hul terreine ernstig teen hulle gediskrimineer word. Orania ontvang daagliks ‘n magdom navrae van sulke Afrikaners wat moedeloos en soms desperaat is. Die demografiese verskuiwing onder Afrikaners het egter ook ‘n ander dinamika. Die bekende ekonoom, Magnus Heystek, skryf verlede week van semigrasie – ‘n verskynsel waar mense van een deel van die land na ‘n ander trek. Hy verwys spesifiek na ryker Afrikaners wat toenemend Gauteng vir die Wes-Kaap verruil. In baie gevalle verskuif mense hul gesinne na plekke soos Stellenbosch, Somerset-Wes, Paarl en George terwyl hulle vir werk tussen die Wes-Kaap en Gauteng pendel. Ryker Afrikaners met hoë opvoedingsvlakke kan steeds in baie gevalle deur die diskriminasie teen blankes navigeer en vir hulself ‘n ekonomiese sukses in die stede bied. Wat die stede egter nie meer vir hulle kan bied nie is ‘n veilige, kultuurvriendelike omgewing.
Die meeste woonbuurte van Suid-Afrika se stede raak ook toenemend multi-kultureel en liberaal. Daarteenoor bly plattelandse gemeenskappe sentrums vir konserwatiewe, waardegedrewe leefwyses. Die verdeling tussen Afrikaners is egter nie net landelik en stedelik van aard nie. Daar is steeds ‘n sterk suidelike en noordelike verdeling. Afrikaners uit die noordelike en sentrale landelike dele, sowel as die voorstede van Pretoria is meer konserwatief as Afrikaners uit die Wes-Kaap en die voorstede van Johannesburg. Die onlangse debat in die NG Kerk oor die Belhar-belydenis het die verdelings mooi uitgewys. ‘n Liberale, stedelike elite het die Belhar-belydenis probeer deurvoer. Meestal landelike lidmate en gemeentes, uit die noorde en sentrale dele van die land, het egter ‘n stokkie daarvoor gesteek.
Die toenemende organisering van Afrikaners in landelike gemeenskappe is positief. Sommige dorpe is reeds verlore vir die Afrikaner en in ander kom Afrikaners bymekaar om deur organisasies soos AfriForum beheer oor hul eie infrastruktuur, onderwys en kultuurgoedere te neem. Tog bloei landelike gemeenskappe weens die verlies van die meeste van hul slimste jongmense na die stede. Die verlies aan kundigheid verhoed volledige kulturele en ekonomiese behoud.
Afrikaners sal nie ‘n seker toekoms in Suid-Afrika kan hê indien ons slegs binne ekonomies-ontmagtigde landelike gemeenskappe funksioneer nie. Dit is waarom die bou van ‘n Afrikanerstad met ‘n Afrikaanse universiteit, goeie werksgeleenthede en kulturele samehang nou nodig is. Die gesprekke hieroor wat tans in Afrikanerkringe plaasvind is goed en demografiese inligting bewys toenemend waarom dit noodsaaklik is dat Afrikaners nuut oor hul toekoms in Suid-Afrika moet dink. Orania het homself oor die afgelope 24 jaar bewys as ‘n potensiële Afrikanerstad. Ons sal egter ons mense daarvan moet oortuig en hulle dringend by hierdie bouproses betrokke kry.
‘n Landelike Afrikanerstad sal die beste van altwee wêrelde verteenwoordig: die werks- opvoedings en vermaakgeleenthede wat hedendagse Afrikaners na strewe, maar ook die familievriendelike en kultuur-aantreklike en behoudende opset van ‘n plattelandse omgewing. Megastede is volksvreemd en altyd multi-kultureel, maar die suiwer platteland bestaande uit plase en gehuggies sal ook nie aan ons behoeftes voldoen nie. Dit geld veral wat werksgeleenthede betref. Orania se ondervinding leer dat volhoubare werksgeleenthede vir Afrikaners nie in die eerste plek in die landbousektor geskep kan word nie, maar in die sekondêre (nywerheid) en tersiêre sektor (dienste, opvoeding ens).
Dit lyk vir my ons is op die regte pad en reg geposisioneer. Opleiding en navorsing hou legio moontlikhede in, ook en veral op die hoogste kwalifikasievlakke. Die landbousektor wat bv hier aan ons voorstoep is, het onversadigbare behoefte aan navorsing van landbouprodukte om presiessieboerdery tot die uiterste te ontwikkel. n Inwoner (sakeman/boer) van Orania het gister op n forum bv genoem dat veemedisyne soms onverkrygbaar is. Dit nadat ons wereldleiers op die gebied was, en kundiges nog volop en bereidwillig is om hul kennis te deel.
Die plattelandse Afrikanerstad is verseker nie meer net n twyfelagtige droom nie. Elke dag se positiewe handeling van elke Oranier, van watter aard ookal, bring ons onkeerbaar nader daaraan.
Van ‘n volkstaat na ‘n volkstad? Sefanja 3 praat van die gebied anderkant die riviere van Kus, en Duitse kolonialisme met Duits Wes- en Oos-Afrika en die Caprivi-strook het dalk hierby aangesluit. Siener van Rensburg het van Duitse hulp by Prieska gepraat. Nou-toe-nou. Wel, Herr Biehl skiet met sy pen… so ‘n entjie verder op met die Oranje. Lees nou-die dag dat die Nederlandse woord “woerd” die drooggelegde land tussen dyke beteken. Dan was die beste ding wat Dr Verwoerd kon doen om die groot damme te gebou het. Nou kan meer boere boer in ‘n droe deel van die land – met standhoudende water – en die pekanneutindustrie is ‘n sukses. Nee, ernstig: as die staat ‘n sekulere onderewysstelsel volg bied Orania en CVO-skole landswyd ‘n vars briesie en alternatoief vir Engelse Christen privaatskole. ‘n Volgende stap sou ‘n privaat Afrikaanse universiteit wees. Persoonlik dink ek ‘n mens moet ophou om na Europa of die VSA te kyk vir vergelykbare studies en denkmodelle. Dit het in die verlede oneindige konflik veroorsaak en nou sit ons geslag met die gebakte pere. Behou jou geloof, sonder jou af as dit moet en bewerk heling tussen jou eie mense wat buitendien so gefragmenteerd is. Die baie kerke in Orania is klaar weer ‘n bewys daarvan, maar aan die positiewe kant ook ‘n teken van die Afrikaner se indiwidualisme (selfs op die “konserwatiewe” platteland). ‘n Boer maak ‘n plan!
Ek vee seker my kommentaar nou vir die hoeveelste keer uit. Die frustrasie, woede en ja, selfs magteloosheid binne my maak dat die woorde wat ek wil sê net nie reg uitkom nie. Maar van een ding is ek seker, en dit is dat Orania ‘n werklike oplossing bied. Ons is nie Europeers nie, ons is Afrikaners. Ons naam sê dat ons hier hoort! Ek en my taal is hier gebore. ‘n Afrikanerstad gaan ons nie beperk nie, dit gaan ons net die platform gee waarvandaan ons ‘n meer sinvolle en praktiese invloed in Afrika kan hê. Ek is ook vas oortuig dat ‘n Afrikanerstad meer probleme vir die huidige regering gaan oplos as wat dit gaan oorsaak. Dit wat die Oraniers uit hulle eie kon doen is gedoen. Dit is tyd dat die res van ons los wat verlore is, vat wat nog oor is en iets doen terwyl ons nog kan. Dit is nog die laaste keer wat ons so iets kan doen.
Abram, jy praat uit my hart uit!
Net gewonder wat is die kanse dat die regering of ander links gesinde satans Orania met stad en al in die wiele kan ry? Wat is die kanse dat hulle die water kan besoedel? Iets verskrikliks kan doen soos n bom daar gooi, of militias daar een stuur om moelikheid te maak soos in die Weskaap? Is julle greed vir sulke gebeurtenisse?
Bart,ons is bewus daarvan dat Orania kwesbaar is en ‘n teiken kan word. Daar is noodplanne in plek. As ons egter by alles wat ons doen net die ergste verwag, dan sal ons moed ons gou begewe en dan moet ons maar eerder emigreer. Afrikaners behoort nie banggatte te wees nie,ons is pioniers en Afrika was nog altyd vyandig en gevaarlik.
Vir ‘n breedvoerige uiteensetting oor jou vraag, lees ‘n rubrike wat ek in 2012 geskryf het:
http://www.oraniablog.co.za/vrees-probleme-en-struikelblokke-is-kleingelowiges-se-kos/
Sebastiaan
Dankie vir die verwysing na jou vorige skrywe.
Ek was nog nooit n doemprofeet van Orania nie en wens alle goeie mense van ons Volk
( uitgesluit Volksveraaiers en Jingo’s en bedrieërs) net die beste toe vir die toekoms.
Ek weet die wêreld is gebou uit dinge wat ander gedink het onmoontlik is, maar jy verstaan my verkeerd. Ek vra die vrae omdat ek opreg belangstel en ek dink so ook met baie van die ander wat jy gedink het julle net gekritiseer het. Ek verstaan ook jou vrees en weet presies waar jy vandaan kom daaromtrent, maar ek dink nie ons mense kan meer bekostig om die liberale uitweg te neem nie want die regering ís boos soos jy ook tong in die kies genoem het in jou skrywe.
Ek prober nou nie n demper plaas op jou vreugde nie, maar daar is wel feite wat soos n paal bo water uitstaan:
“Welwillenheidsbesoeke van Nelson Mandela, Julius Malema, verskeie premiers van die Noord-Kaap en onlangs selfs Jacob Zuma het die wind uit die kritici se seile gehaal”. Dit is baie mooi, maar moet asb. nooit vergeet wat met Piet Retief en sy manne gebeur het nie. Daar is sekere dinge in die lewe wat nooit verander nie. SA stuur af op n siviele oorlog en wie weet wat kan gebeur.
Moet asb. nooit die mag van Satan onderskat nie.
(Wie sou ooit kon dink dat n veroordeelde moordenaar en terroris opgehef sou word tot n ikoon?)
Miskien is van julle ouens baie jonk en weet nie wat gebeur het in ons land in die 1960’s tot 1980’s nie. Moet nooit vergeet nie, dat die ANC is gestig deur “wit” Edomietiese Kommunistiese Satanskinders.
Ek wens vir ons almal net die heel beste vorentoe! Mag God met ons wees!
Hopelik is daar later twintig of meer ‘Oranias’ oor die uithoeke van die land versprei. Hulle kan mekaar ekonomies, kultureel en op vele ander gebiede ondersteun. Daar kan teen mekaar sport beoefen word, uitruil aksies, vakansie oorde, besiheids ondersteuning, polisie, militêr, brandweer, verskillende skole en universiteite kan spesialiseer ens. Miskien moet Orania se breine begin met ‘n dokument vir die vestiging van meer toekomstige stede. ‘n Tipe van ‘Vestig jou eie volkstaat vir dommies (dummies)’ – soos die tipe doen jouself boeke… Natuurlike nie so veralgemeend nie. Die krag van die individuele stede sal in die sterkte van die groep lê.
Baie volke moes maar eers afstand en tyd benut om hulle self te versterk.