Baie word deesdae gepraat van die Westerse Beskawing en die Westerse waardes. Dit het natuurlik te doen met die aanslag op dié beskawing deur die stroom Moslem-immigrante uit die Midde-Ooste en Afrika. Ek wil nie weer oor die “botsing van beskawings” skryf nie, ek het dit reeds gedoen. Dit is egter belangrik om die Westerse beskawing en grense van beskawings kortliks te beskryf, omdat daar deesdae so gereeld daarna verwys word en almal iets anders daarmee bedoel.
Elke volk het sy eie kultuur, gewoontes, literatuur, kuns ensovoorts, maar is gewoonlik ingebed in ‘n beskawing wat volke met mekaar verbind. Daarom dat prof. Samuel Huntington ook gepraat het van die botsings van beskawings, nie van volke of state nie. Beskawings het gewoonlik ‘n baie langer lewensduur as state en selfs volke. Nogtans het beskawings ook al vergaan, maar dikwels leef hulle gedeeltelik voort in hulle opvolgbeskawings. Beskawings is ook nie staties nie maar verander, word beinvloed en ervaar dekadensie en herlewing. Ter will van beter begrip wil ek kortliks ‘n paar beskawings noem, om die verskil teenoor lande of volke duidelik te maak. Prof. Huntington onderskei die volgende agt beskawings:
Ten eerste uit ons perspektief die Westerse beskawing, waaroor ek later meer sal sê. Sy ontstaan was in Europa, maar het met die verspreiding van Europeërs na ander wêrelddele soos Amerika en Australië en selfs Suid-Afrika ook daar wortel geskiet. Binne die Westerse beskawing is daar weer onderverdelings tussen die Noord- en Wes-Europese oftewel Germaanse kultuursfeer, die Meditereense of Romaanse kultuursfeer en die Oos-Europese of Slawiese kultuursfeer. In watter mate laasgenoemde, met sy sterk invloed vanaf Sentraal-Asië, as deel van die Weterse Beskawing gereken kan word, is in elk geval debatteerbaar. Rusland word dikwels as eie beskawing gereken, met die Oos-Europese state wat op die breuklyn tussen die Slawiese en Westerse sfeer lê. Latyns-Amerika, alhoewel dit sterk deur die Meditereense kultuur beinvloed is en daar Europese tale (Spaans, Portugees) gepraat en die Christelike godsdiens aanhang word, word nie as deel van die Weste gereken nie, maar as eie beskawing.
Verder is daar die Midde-Oosterse beskawing, wat van Noord-Afrika tot in Sentraal-Asië strek en Islam as die gemene deler het. Verder Suid is die beskawing van Sub-Sahara Afrika of Swart Afrika. Asië het verskeie beskawings wat duidelik onderskeibaar is, soos Sjina, Japan, die Suid-Oos-Asiatiese streek (met Boeddhisme as hoofgodsdiens) en Indië en sy buurstate waar Hindoeїsme domineer. Elke beskawing het sy eie breë kenmerke wat hulle onderskei van ander beskawings, soos die godsdiens, die taalgroep en skrif, die argitektuur, die filosofie en die kuns. Natuurlik is daar ook variasies en verskillen tussen lande en streke binne die beskawings, maar die duidelikste verskille is tussen beskawings.
Binne elke beskawing is daar die gewone, alledagse lewe: gesinne wat saamwoon, die pa (en soms ma) wat werk en geld inbring, kos wat gemaak word, kinders wat opgevoed word, huise wat gebou word om in te woon, ontspanning ensovoorts. Wat beskawings egter laat uitstaan is die hoogkultuur wat binne hulle ontwikkel het en wat in stand gehou moet word. Die hoogkultuur is dit wat meer is as die gewone lewensnoodsaaklikhede en die basiese, dit wat ‘n beskawing uitmaak en wat by ander beskawings bewondering gaande maak en namaak aanwakker en wat binne die eie beskawing trots en identifikasie stig. Dit is dinge soos skeppende kuns, literatuur, argitektuur, die godsdiens en filosofie. Marxiste en ander materialiste praat juis veragtelik van die “kunsmatige superstruktuur” wat geskep is deur die elite om die armes te onderdruk en materialiste, of hulle Marxiste of globaliste is, wil juis die kenmerke van beskawing vernitig omdat dit in die pad van gelykmaking en beheer oor alles staan. Die sogemaande “Kulturele Revolusie” in Sjina, wat juis kultuur vernietig het, of die Franse Revolusie is voorbeelde van dié neiging, asook die hedendagse barbaarsheid van IS, gepleeg in die naam van Islam, maar eintlik nihilisties van aard.
Westerse beskawing en Westerse waardes is nie net die antitese tot die Islam en tot die waardes van die Orient nie, iets wat dikwels in kort slagspreuks soos “verdraagsaamheid, demokrasie, menseregte/gay-regte/vroueregte, godsdiensvryheid” weergegee word. Dit is hoogstens ‘n paar vrugte (sommige vrot) van die laaste paar dekades.
Die Westerse beskawing is iets veel groter en kom ‘n lang pad. Dit is ook nie net politieke denke en waardes nie, dit sluit ook die godsdiens, literatuur, kuns, argitektuur, musiek en vele meer in, dit wat van ‘n beskawing ‘n beskawing maak, en nie net bloot ‘n samelewing nie. Die Westere beskawing se godsdiens is (ten spyte van grootskaalse sekularisasie) tradisioneel die Christendom, maar die denke is ook sterk deur die Griekse filosofie beїnvloed. Ook in die argitektuur is sowel die Antieke (Meditereense) Grieks-Romeinse invloed asook die Middeleeuse (en Wes- en Sentraaleuropese) Gotiese styl, wat al twee ware beskawingshoogtepunte verteenwoordig, feitlik orals sigbaar. Latere style soos die Renaissance en Historisme het aangeknoop by eersgenoemde style. Die klassieke musiek is een van die pêrels van die Weste, so ook sy skeppende kuns (ten minste tot en met die opkoms van nihilisme in die 20ste eeu).
Elke volk behoort binne sy beskawingsparadigma te streef na hoogkultuur, dit wat was te koester en daarop voort te bou. Hoogkultuur is ‘n skans teen verval en verrotting van binne.
Deel 2 gaan meer spesifiek oor die Afrikaner binne die Westerse beskawing.
Once again, please forgive the use of the English language, but I am woefully a uni-lingual Canadian.
Sebastian, you stated “Elke beskawing het sy eie breë kenmerke wat hulle onderskei van ander beskawings, soos die godsdiens, die taalgroep en skrif, die argitektuur, die filosofie en die kuns.”
All of that is of course true. While you may be hesitant to mention another existential factor in the development of civilizations, I am not. That would be race. In my opinion, race informs culture and therefore the subsequent civilizations that spring from it. Sam Francis, an American journalist of note, was fired from his job at the Washington Times for stating the obvious; “The civilization that we as whites created in Europe and America could not have developed apart from the genetic endowments of the creating people, nor is there any reason to believe that the civilization can be successfully transmitted to a different people.” I think you might agree, although not out loud for your own reasons. The best of luck to all you Oranians!!
Dis ‘n fundamenteel suiwer siening wat Sebastiaan hier uitstippel. Die bewussyn van die kernwaardes van ond volksbestaan vervaag egter by volksgenote omdat gedurig om gewaande polities-korekte optrede konsessies gemaak word, of identiteit verswyg word. Die immigrantekrisis in Europa het op dramatiese wyse die wesenlike verskille tussen kultuurgemeenskappe daar uitgewys, maar by ons in Afrika is ons huiwerig om vir ons kultuureie in die bresse te tree. Die belang van Sebastiaan se bydrae vir my is dat die instandhoudig van die wortels van ons beskawing,sterker uitgeleef moet word.Dit het ons van ons voorvaders in Wes-Europa geërf: dit is die grondslag van die kultuurtaak en die proses van volksbou. In sy boek ‘Trek Verder’ skryf Dr P J Meyer breedvoerig oor die ryk Wes-Europese erfenis waarmee die Afrikaner toegerus is om Afrika te betree. Hy beskryf die Afrikaner nasionalisme wat deur die Groot Trek gedra is, as ‘… direk gefundeer in die geloof aan ʼn eie kersteningstaak in Afrika ooreenkomstig die voorskrifte van Gods Woord’ (p.19). Vir Meyer het die grondslag van die Wes-Europese beskawing en instellings die Afrikaner toegerus met die vermoë om die werklikheid van sy teenwoordigheid in Afrika gestalte te gee. Die belangrike is dat Afrikaners die werklikheid van hulle Afrika teenwoordigheid fundeer in hulle Protestants-Christelike geestesinstelling. Hierdie bewussyn sê Meyer, is ʼn ingrypende bewussyn van ʼn begrypende, teruggrypende en vooruitgrypende bewussyn. Daarmee word dus gesê die werklikheid van die Afrikaner is die werklikheid van Afrika. Die skoonheid van hierdie gedagte is myns insiens daarin geleë dat die Afrikaner se persoonlikheid en karakter gevorm is deur die aanloklike gesigseinders van Afrika – afwisselende klimaatstreke, grondformasies, grasvlaktes, bosveld en kusgebiede. Terselfdetyd is die identiteit van die Afrikaner gegrondves in die instellings van sy wortels of herkoms. Ek onderstreep dus Sebastiaan se seining en onderstreep dat ons verdure dimensie aan die Westerse kultuurerfenis gee duer in Afrika daaraan inhoud te gee. Ons plek is hier, met Westerse beskawingswaardes. Ons mag dit uitleef en opeis.
Sebastiaan vat die belangrike elemente en pilare van ons beskawing wat ook die agtergrond van die Afrikaner vorm, baie goed vas. Ek stem egter saam met John McMillan dat die belangrikste onderskeidende element wat `n beskawing vorm, wel die begrip “ras” is. Ons word regeer deur verteenwoordigers van primitiewe volke en iemand wat hierdie stelling betwis, moet oor moroniese of idiotiese verstandelike vermoe beskik. Ras was en is bepalend soos ook dwarsdeur die Bybel ter sprake is. `n Egiptiese geskiedskrywer het in die tydperk voor Christus reeds melding gemaak van die “wit nasie” uit die gebied tans as Israel bekend en wat destyds die nakomelinge van Jakob bedoel het.
Plaas asb my kommentaar “ongemodereer”.
Oom Harry ek stem volmondig met jou saam veral met jou opmerking oor die “moroniese of idiotiese verstandelike vermoe” van ‘n deel van ons mense wat polities korrek wil wees of dalk te lafhartig is om op te staan vir hulle regte. Daarmee bedoel ek nie ons moet mense persoonlik beledig of onwettige uitsprake maak op sosiale media nie maar eerder om ons standpunte duidelik te stel en deur bestaande prosesse tot ‘n punt te bring waar ons kan besluit wat die volgende stap moet wees. Om te sit en wag soos ‘n volstruis met die kop onder die vlerk verspil ons waardevolle tyd. Die tyd sal ook aanbreek waar mense sal moet besluit of hulle Afrikaners is sodat die wat wel glo dat hulle is, kan voortgaan om ons beginsels en westerse kultuur vryelik uit te leef binne die perke van ons huidige situasie.