Regoor die Westerse wêreld word ‘n interessante politieke tendens die afgelope tyd waargeneem. Politieke leiers en regerende partye is toenemend ongewild, maar die landsburgers beskik nie werklik oor die vermoë om die probleem aan te spreek nie.
In die VSA daal die steun wat President Barack Obama geniet steeds byna daagliks en is hy nou byna so ongewild soos wat President George W. Bush op dieselfde tydstip van sy presidentskap was. Amerikaners sal egter vir jou sê dat die idee wat in 2008 in die VSA geheers het dat Obama werklike positiewe verandering sou meebring heeltemal vervaag het. Obama se presidentskap word net soos dié van Bush gekenmerk deur geheimsinnigheid, ombekwaamheid en politieke moddergooiery wat met tye die regering lamlê. Amerikaners is omtrent siek vir politici, maar weet nie regtig hoe om die situasie te verander nie.
In Europa speel dieselfde probleem af. David Cameron in Engeland is uiters ongewild, maar geen ander politieke leier bied werklik ‘n alternatiewe visie nie. In Frankryk is Francois Hollande so ongewild dat ‘n groot aantal mense wat vir hom gestem het vandag baie spyt daaroor is. Italië beleef tans politieke chaos met korrupsie, rugstekery en ‘n totale politieke verlamming wat tot woede onder kiesers aanleiding gee. Die een regeringskoalisie na die ander stort in duie terwyl Italië se ekonomie ook ‘n voortdurende afwaartse kurwe toon. In Nederland is die regerende koalisie van die Volksparty vir Vryheid en Demokrasie en die Partij van de Arbeid so ongewild dat sou ‘n nasionale verkiesing vandag plaasvind beide partye se steun gehalveer sal word. Dié twee regerende partye het ook verlede week tydens munisipale verkiesings in Nederland sleg pakslae gekry. Dieselfde tendens van politieke ongewildheid geld in die meeste lande in die Weste en in besonder in Europa.
Een rede vir die ongewildheid van politieke leiers in Westerse lande is natuurlik die voortslepende ekonomiese probleme. Werkloosheid is steeds hoog in die VSA en Europa en regerings slaag nie daarin om hul staatskuld onder beheer te kry nie. Verder veroorsaak massa-immigrasie uit derde wêreldlande groot ongelukkigheid by gewone burgers wat met hierdie immigrante vir werksgeleenthede, mediese sorg, onderwys en ander dienste moet meeding, terwyl die regerende elite eenvoudig die politieskorrekte ding doen deur nie immigrasie in te perk nie.
Die probleem bly egter nie net hierby nie. Die dieperliggende oorsaak van kiesers se woede met politici lê in die verwydering wat daar toenemend tussen gewone landsburgers en die politieke wêreld plaasvind. In Europa word besluite in Brussel geneem sonder enige demokratiese reg van landsburgers in lidlande om werklik ‘n inset daarop te lewer. In die VSA het die politieke bedryf wat op groot skaal in Washington D.C. waargeneem kan word soos ‘n ekonomiese sektor op sy eie geraak. Geen politieke instelling is meer daar om die mense te dien nie, maar die stelsel is eerder daar om die politici te dien. Suid-Afrika verskil nie soveel van die VSA en Europa nie.
Of dit nou die ANC of DA of watter ander party of koalisie is wat regeer kan die vraag gevra word of so ‘n regering werklik die mense dien en of die meerderwaardigheid van die politieke elite eintlik maar na kiesers as ‘n soort minderwaardige gepeupel kyk. Dié situasie is nie volhoubaar nie en veral in die VSA en Europa gaan ‘n nuwe soort politieke revolusie vanuit die burgery waarskynlik in die komende jare die speelveld totaal hervorm.
Die probleem is moontlik die gebrek aan integriteit wat die meerderheid politici openbaar.Miskien is Christen -teokratiese separatisme die antwoord vir Suid Afrika.As ons nou net kan saamstem oor die regte kerk!
Ook hieroor gedink toe ek sien hoe die studente wan Taiwan die parlement beset:
http://www.youtube.com/watch?v=1QL3v9QPegI
Dit is deesdae nodig vir burgers om so ver te gan om seker te maak dat die politike sisteem vir hulle werk. Dit behoort anders om te wees, politikuste moet ingestel word vir die ontwikkeling van die mense. Al wat suksesvol ontwikkel word is die politikuste se persoonlike leefstyl na hulle ingestem word vir die paar jare, dan tree hul mos uit sonder om hul te steur an die probleme wat veroorsaak word duer hul vorige kort termyn uitkyk.
Die regering sien homself verwyderd en hoër as die populasie wat hy moet dien. Hy is daar om eerder te luister na wie die koöperasies met die meeste geld. In ‘n tyd waar ons die Internet het kan mense soveel meer betrokke raak by besluite wat geneem word oor hul lewens.
Ek lees nou die dag oor “Direct Democracy” wat in Griekeland toegepas gaan word, of iets van die aard wat daar probeer ontstaan.
Dit is basies die gebruik van verskillende Internet tegnologieë om die populasie ‘n groter deel te maak van besluit neming.
Kan meer lees hier, http://blog.loomio.org/2014/03/14/loomio-used-for-large-scale-citizen-democracy-project-in-greece/
Een heel juiste analyse – maar geen rooskleurig beeld voor de toekomst. Niemand weet waar dit zal eindigen, noch economisch (schulden met nog meer schulden bestrijden, en dus de belastingen omhoog), noch sociaal (de spanning met vooral moslims in de steden loopt hoog op), het onderwijs zakt steeds sneller en sneller weg, … Burgers keren de regeringen de rug toe (de regeerders leven blijkbaar in een andere wereld), maar zonder zelf iets te ondernemen…
As ek my mening mag gee -dit is alles n simtome van menseregte en die evolusie daarna
Gaan kyk wanneer is mense regte n vereiste geword dan sal julle sien dat dit die oorsaak is van die wortel van al die pronleme.
Ek dink die swakheid van demokrasie is dat dit ‘n ingeligte en politiesaktiewe kieserskorps aanneem. Die werklikheid is egter dat wanneer dinge goed gaan, verloor meeste mense belangstelling in die politiek, en fokus net op hulle eie en onmiddelike omstandighede. Dit skep ‘n situasie waar politici nie meer verantwoordbaar gehou word nie, en met al hoe meer onreelmatighede kan weg kom.
Dan is daar ook die probleem dat – so lyk dit my – meeste kiesers sal nie vir ‘n party stem as daar nie reeds baie ander mense is wat vir die party stem nie. Wanneer die Clinton en Bush familie heerlik saam Golf speel, moet mens jouself afvra of daar werklik ‘n verskil is tussen die Demokrate en die Republiekeine? Is dit nie eintlik maar net twee partye in naam nie? En wanneer hierdie twee partye weet dat – tussen hulle twee het hulle ‘n monopolie op politieke mag – kan hulle werlik verantwoordbaar gehou word as Amerikaners nie begin om in groot getalle vir ander partye te stem nie?
Op die ou end van die dag is die hartseer waarheid: Te veel sukses is sy eie grootste vyand. Dwars deur die geskiedenis kan mens sien dat hoogs suksesvolle beskawings mettertyd laks, dekadent en roekeloos raak. ‘n Oormatige vertroue in die beskawing se sukses lei tot arrogante onverantwoordelikheid. Hierdie fase kan of lei tot hervorming en herlewing, of tot algehele ineenstorting. Net tyd sal leer.
My mening is dat Jan Boons die grootste probleem beet het; schulden met nog meer schulden bestrijden, en dus de belastingen omhoog). Jan Burger weet nie dat sy eie regering n privaat instansie met winsbejag as primere doel aangewys het om sy land se geldstelsel te bedryf nie. Valse vertroue in sy leierskorps en n eie gebrek aan tyd,geld en toekomsgerigtheid maak van Jan Burger eintlik Jan Slaaf sonder dat hy dit agtergekom het. In Jan Slaaf se doolhof van daaglikse stryd om oorlewing sien hy net uit na sy eie vermaak wanneer hy “vrye” tot sy beskikking het. Jan Slaaf moet besef dat hy n slaaf is en indien dit hom geval; goed. Indien nie, kry die kennis en soek die geleenthede om weer Jan Burger te word, dit sal kom.
Ek sien ook geen rede waarom enige staatsinstelling skuld moet maak nie.
n Natuurramp met verskriklike skade wat nooit voorsien was nie kan dalk as verskoning gebruik word, maar met die fantastiese tegnologie tot almal se beskikking is bestuursvaardighede (of die gebrek daaraan) die sondebok. Kyk na ons land se geskiedenis, bevestig vir jouself dat alle infrastruktuur tot 1966 met eie bronne opgerig en instand gehou is. In baie gevalle was infrastruktuur gedupliseer uit eie bronne om ook die swart volke te bevoordeel.
Tans sit ons soos die meeste ander lande in n posisie waar geleen moet word om n normale jaar se begroting te laat klop.
Om die probleem te identifiseer; die engelse sê: “Follow the money”.
Ons vadere het ons en ons land verkwansel met of sonder oorreding van enige aard. Ons het ons eie posisie (die doolhof) ge-erf en gedink dit is maar hoe dit moet wees. Nie so nie, kry die kennis en verwag die geleentheid om te verander sodat ons kinders weer n nalatenskap van vryheid sal ontvang.
Ek meen Demokrasie is n regerings stelsel wat die behoefdes van n verantwoordelike gemeenskap dien. Uit die aard van die saak, is daar nie n reg tot demokrasie nie, jy moet dit verdien.
Die “verdemokratiseering” van demokrasie deur onverantwoordelike regeerings stelsels het nou gelei tot die ondergang van westerse waardes.
Demokrasie word voorgele deur allerlei politieke stels om die oningeligtes te kry om in te koop in die waardes wat dit in die verlede verteenwoordig het. Die ingeligtes, wat nou in die minderheid verkeer, staan magteloos en kyk na die agteruitgang.
Die regstelling van hierdie problem gaan nie met mooipraat herstel word nie. Die geskiedenis wys dat herstel kom met massa uitgawe en herbou, soos n oorlog. Dit is maar n mens ding wat ons nie graag aanvaar nie, maar moet deur gaan.
My beskeie mening is dat tradisies van volkere geignoreer word.
Rasse en kulture moet vermeng word en eie waardestelsels moet prys gegee word om uiting te gee aan die …. noem dit wat u wil.
Die kern van ware vryheid is dat volkere hulself organiseer rondom dit wat vir hulle kosbaar is en sodoende n eie etniese bestel te skep.
Hiervan is Orania, of enige ander ‘uithoekie” in die wereld n sprekende voorbeeld.
Trots Afrikaans