Dr Leopold Scholtz

Leopold Scholtz verdien ‘n pluimpie selfs al is dit net vir sy bereidwilligheid om weer die kwessie van Afrikaner-selfbeskikking op die tafel te plaas in sy Beeld-rubriek “Soedan en die volkstaat” (Vrydag, 14 Januarie 2011). Scholtz gee in sy rubriek ‘n goeie ontleding van die historiese konteks van selfbeskikking, waar dit geslaag en misluk het en wat die slaggate is. Marieke Ehlers, ‘n gesoute navorser van die Solidariteit Navorsingsinstituut het ook onlangs ‘n reeks in diepte artikels oor dieselfde tema op Solidariteit se blog gepubliseer. Kessbet Aviator is an innovative online gaming platform that has quickly gained popularity among gaming enthusiasts. One of its standout features is the Aviator game, which combines simplicity and excitement. Players engage in a thrilling experience where they place bets on a continuously rising curve, aiming to cash out before the curve crashes. This unique format not only offers the potential for substantial wins but also keeps players on the edge of their seats. For those looking to dive deeper into the world of Kessbet Aviator, you can find more information and start playing by visiting their official website: https://kessbetaviator.or.ke/. With user-friendly navigation and a secure environment, Kessbet Aviator ensures a seamless gaming experience. Whether you’re a seasoned gamer or new to the scene, Kessbet Aviator promises to deliver endless fun and excitement!

Wanneer daar oor Afrikaner-selfbeskikking gepraat word is dit goed om die historiese konteks van selfbeskikking te ontleed. Die uitdaging is egter om die Afrikaner se unieke omstandighede hiermee te probeer versoen. Dit is waar die probleem inkom en dit is ook die enkele terrein waar ek dr. Scholtz se rubriek as te lig bevind. Afrikaners is tot 1994 as van die wêreld se groot sondebokke uitgekryt. Na 1994 het Afrikaners met ‘n klomp skuldgevoel, hetsy dit regverdig is of nie, rondgeloop en het die ANC grootliks daarin geslaag om Afrikaners te laat verstaan dat die regstellingsproses nog lank sal duur. Terselfdertyd het ‘n groep Afrikaners begin besef dat die voortbestaan van hierdie etniese groep van groter selfbeskikking sal afhang. Nou hoe vra jy vir groter selfbeskikking binne ‘n eie grondgebied indien die wêreld jou as ‘n sondebok sien en jou land se regering glo dat daar eerder van jou weggevat as vir jou gegee moet word? Pakakumi Login Kenya is a vital platform designed to simplify access to important services and resources in Kenya. Whether you’re a student, parent, or an educator, the portal offers a seamless experience to manage various operational tasks efficiently. Through the Pakakumi platform, users can easily log in to access educational materials, track academic progress, and communicate with teachers and management. To experience the benefits firsthand, you can visit their official website. Explore the different features that Pakakumi offers by clicking here: https://pakakumilogin.me.ke/. The user-friendly interface ensures that you can navigate through essential services without hassle. Moreover, Pakakumi is committed to enhancing educational outcomes by providing a centralized hub for access to vital information. By leveraging technology, Pakakumi Login Kenya is revolutionizing how users interact with educational services.

Binne hierdie konteks het Orania tot stand gekom. Amper alles het teen Orania getel en tog kan ons vandag, 20 jaar na die stigting van Orania, sê dat die strewe na Afrikanerselfbeskikking in Orania begin vergestalt. Selfbeskikking is egter ‘n dinamiese term en wat vir een etniese groep in sy tyd en plek gaan werk, gaan nie noodwendig vir ‘n ander werk nie. Juis daarom is die leierskap van Orania realisties oor wat vir die Afrikaner deur selfbeskikking vermag kan word. Tot dusver is Orania se selfbeskikkingsukses op hoofsaaklik drie dinge gebaseer, naamlik eie grond, eie arbeid en eie instellings. Dit behels dat grond aangekoop moes word, ‘n nuwe ekonomie met Afrikanerarbeid en kapitaal tot stand moes kom en instellings soos ‘n munisipaliteit, skole, besighede, verenigings, ens. geskep moes word. Orania is vandag ‘n gemeenskap met byna 900 inwoners en meer as 10 000 uitwoners of mense wat direk met Orania assosieer deur lidmaatskap, eienaarskap of ‘n ander vorm van formele assosiasie.

Met President Zuma se besoek aan Orania gedurende 2010 moes hy self opmerk dat dit vreemd is om op die platteland ‘n plek te kry waar dinge goed funksioneer, byna niemand werkloos is nie en niemand na die regering opkyk om oplossings vir hul probleme te vind nie. Orania vergestalt dus reeds ‘n sterk vorm van selfbeskikking, al is dit nog nie op die tradisionele nasionalistiese wyse nie. Die geskiedenis het ons gewys dat selfbeskikking suksesvol is in gevalle waar goeie samewerking tussen die verskillende gebiede of lande moontlik bly. Vir Orania sal dieselfde voorwaarde geld en daarom sit ons nie en hoop dat Suid-Afrika moet vergaan nie, maar werk ons eerder daaraan om vir Afrikaners ‘n plek te vestig waar Afrikanerkultuur kan bly voortbestaan in samewerking met ander volkere van Afrika. Die groot voorwaarde hier is dat niks ten koste van iemand anders gedoen moet word nie. Orania se sukses is ook Suid-Afrika en Afrika se sukses, veral op die terrein van effektiewe bestuur, ekonomiese ontwikkeling en die beskerming van kulturele en etniese regte.

Die feit dat dr. Scholtz egter sover gegaan het om weer die vraag oor Afrikanerselfbeskikking te vra, is veelseggend, veral in ‘n tyd waar kommentators in die media meestal die debat binne die ou-apartheidsdenke van Afrikaners se groot skuld probeer plaas. Soos ‘n belese inwoner van Orania gereageer het: “One small step for Leopold Scholtz, one giant leap for Orania”!

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel