Dit is vanjaar presies 100 jaar sedert die Armeense volksmoord deur die Ottomaanse ryk in die gebied wat vandag as Turkye bekend staan. Daar word beraam dat tot soveel as 1,5 miljoen Armene vanaf 1915 tot 1918 deur die Ottomane uitgemoor is.
Verlede jaar het ons regoor Europa herdenkings van die Eerste Wêreldoorlog gesien. Ons sien ook dat die Duitse volk verantwoordelikheid aanvaar vir die Tweede Wêreldoorlog en die volksmoord op die Jode. Australiërs het onlangs sover gekom om verskoning te vra vir die behandeling van inheemse volkere tydens Westerse vestiging daar. Regoor die wêreld sien ons hoe Westerse volkere verantwoordelikheid neem vir die foute wat hulle in die verlede gemaak het.
Dieselfde geld egter nie vir volksmoorde en misdade in Moslemlande, die Verre-Ooste en veral die Derde Wêreld nie. Moenie verwag dat daar vanjaar in Turkye ‘n groot herdenking van die volksmoord 100 jaar gelede sal plaasvind nie. Die Turkse regering weier steeds om die moorde op Armeniërs as ‘n volksmoord te erken en daar word selfs druk geplaas op ander lande om ook nie die volksmoord te erken nie.
Die Armeniërs is een van die oudste volkere van Wes-Asië en woon reeds vir meer as 4000 jaar op die Armeense hoogland. Voor die Armeense volksmoord in 1915 was daar groot Armeense gemeenskappe sover wes as Konstantinopel. Die Armeniërs is vir lank deur die Ottomaanse Ryk regeer. Met die aanbreek van die Tweede Wêreldoorlog het die Turke weens die suidelike beweging van Russiese magte agterdogtig oor die Armeense minderheid geraak. Omdat die Armeniërs Christene was het die Turke beweer dat die Armeniërs met die Russe sou saamwerk en is daar met ‘n stelselmatige wrede uitwissingsproses begin.
Vandag woon daar bykans drie miljoen Armeniërs in die Republiek van Armenië, maar is nog sowat 2 miljoen Armeniërs verstrooi oor dele van Asië, Europa en tot sover as die VSA. Hierdie verstrooing is direk die resultaat van die volksmoord in 1915.
Ten spyte van al die pogings deur die Armeniërs om erkenning van die volksmoord 100 jaar gelede te kry word dit steeds dood geswyg. Die vraag is waarom? Die Turke ontken dit weens die klad wat dit op hul identiteit plaas. Die meeste ander lande wat nie openlik die Armeense volksmoord wil erken nie, doen dit omdat hulle nie verhoudinge met Turkye wil versuur nie. Die Westerse wêreld het sedert die twee wêreldoorloë so polities korrek geraak dat daar voortdurend gevrees word om deur die erkenning van misdade wat nie deur hulle gepleeg is nie, nuwe spanningslyne te skep. Hoewel die meeste Westerse lande wel die Armeense volksmoord erken probeer hulle versigtig daarmee handel ten einde nie spanning met Turkye en die Moslemwêreld te ontlont nie.
Die Armeense volksmoord en die wêreld se reaksie daarop is relevant vir die Afrikaner. Ons staan ook vandag as ‘n verspreide minderheid onder vreemde beheer. Afrikaners en blankes in die algemeen word toenemend as vyande gebrandmerk. Ons is so weerloos soos wat die Armeniërs in 1915 was. Laat die geskiedenis homself nie herhaal nie en laat ons vanjaar saam met die Armeniërs 1915 onthou.
Jaco
Hierdie berig is gedupliseer.
Dankie. Ek het reggemaak.
Sjoe, ‘n kragtige artikel. Hopelik word dit wyd gelees en sink in. Nou het ek sommer ook ‘n onderwerp vir more se Blik na buite.
Die Armeniër mense moord was beplan en stadig uit gevoer , die mense was gedwing om na veiligheid te loop ”Long march” na nêrens . Op pad was hulle beroof , aan geval en dood gemaak.
Die Armeniese mense moord moet herken word.
In Suid Afrika verstaan mense nie wat mense moord is nie, dit bestaan uit agt stadiums wat eindelik uit loop op die intensie vd aanvallers, Een miljoen mense hoef nie dood gemaak te word om dit ʼn mense moord te noem nie, as daar net een persoon dood gemaak word onder die regte intensie is volks moord besig om te gebeur .
https://www.youtube.com/watch?v=obi9I96AT_A
http://www.loyalbooks.com/book/Ambassador-Morgenthaus-Story
‘n Verdere faktor in die apatiese gesindheid jeens hierdie volksmoord, soos jeens die Afrikaner, is die globale anti-nasionalistiese neiging tot eenheid.
Nasionalisme (gesonde nasionalisme) is die enigste bolwerk teen onderdrukking van enige aard.
Maar dit staan in die pad van wereld-oorheersing en word daarom verdag gemaak deur vele slagspreuke, wat maar net van tyd tot tyd en plek tot plek aangepas word.
Die Armeense volksmoord was wat hierdie groot moonthede betref bloot ‘n ongerieflike gebeurtenis op hulle weg na groter rykdom en groter invloed, en moet nou weggewens word, soos die Afrikaner en ons eertydse Republieke en ook meer onlangs die nadraai van die koue oorlog in Afrika.
Die kleurling se problematiek is stellig net so kompleks soos die Afrikaner s’n, aangesien hulle dikwels uit uiteenlopende genetiese poele kom: die Moslem Maleiers en afstammelinge van slawe, die KhoiSan en vermenging met ander, waaronder Europeers, invloede van swart rasse ens. Was een van Dmitri Tsafendas se wrewels nie juis a.g.v. die feit dat hy nie ‘n kleurling vriendin mag gehad het nie; dan moet ‘n mens ook Andries Pretorius met sy slawe stammoeder in ‘n ander kamop geplaas het… Was Simon van der Stel nie ook bruin nie?
Beklemtoon geloof, taal en kultuur en vergeet van velkleur.
Ek stem met Ben, die saak is kompleks.
Korrek oor Andries Pretorius se afkoms. Selfs Genl de la Rey se een ouma was ‘n Buys van die Kaap.
Paul Kruger het vir die Buyse grond gegee by Warmbad en by Buysdorp in N Transvaal.
Maar, die feit dat ons die land op ‘n skinkbord weggegee het, beteken ipso facto dat daar verskoning aangeteken is, ook by Die Waarheidskommissie (Lieg en Bieg komitee).
Die die rektor van Maties en die voorsitter van die Die Afrikaanse Taalraad (ATR) is Michael le Cordeur, kleurlinge.
Onthou ook die eerste man wat gesê het, Ik been een Afrikander’ was Hendrik Biebouw, ‘n kleurling.
Jan Bantjes wat die Gelofte by Bloedrivier opgestel het, was ook ‘n kleurling.
Ons moet deeglik kennis neem van geskiedeniswaarhede en ook wetenskaplike feite soos bepaal deur DNA.
Daar heers nog soveel onkunde.
Groetnis.
Coen. “glad nie” is twee woorde.
Coen,
Die aard van ‘n blog is dat mense kommentaar kan lewer en ander (insluitende die skrywer) kan besluit waarop hulle verdere kommentaar wil lewer.
Ek dink die oomblik wanneer ‘n mens persoonlik en selfs beledigend raak verkies ander deelnemers om nie meer op jou inskrywings te reageer nie.
Jou vraag op 27 Januarie is ongelukkig nie ‘n vraag waarop ‘n mens net JA of NEE kan antwoord nie.
Ek dink ons aanvaar almal dat daar baie foute gedurende Apartheid gemaak is. Ek dink daar is reeds deur verskeie Afrikanerleiers en -organisasies oor jare heen omverskoning hiervoor gevra.
Ek kan nie insien waarom Afrikaners (kollektief – iets wat in elk geval bykans weens interne verskille onmoontlik is) dus nou omverskoning moet vra nie. Anders as in Australië is ons nie in beheer nie en kan ons nie vanuit ‘n gesagsposisie namens ons mense omverskoning vra nie.
Individue vanuit hul eie siening en organisasies namens die mense wat hulle vertoon kan dit natuurlik doen.