
Baie welkom by die Orania Beweging!
As ‘n lid van die Orania Beweging is jy meer as net ‘n ondersteuner – jy is ‘n vryheidsbouer! As ‘n lid tree jy op as ‘n ambassadeur vir Orania en deel Orania se visie van selfbeskikking vir Afrikaners waar ook al jy is. Jy is ‘n besluitnemer en jou stem het ‘n direkte invloed in die ontwikkeling en rigting van die Orania Beweging.
Om ‘n lid Orania Beweging te wees is nie net ‘n eer nie – dit is ‘n verantwoordelikheid en ‘n geleentheid om jou bydrae tot vryheid te lewer.
Hou gerus jou e-pos dop; jy hoor binnekort van ons!
