Orania is dadelik gereed vir vlak 1!

Persone wat Orania se selfbestuur bo Ramaphosa se staatsbestuur verkies kan hierdie inisiatief tot Maandag 17h00 onderteken.

Ek ondersteun Orania!

Mediaverklaring: Covid-19-vrye Orania dring aan op vlak 1 vir die Noord-Kaap

Die Groter-Orania Inwonersforum (GOIF) beoog om in die komende week ʼn dringende skrywe aan President Cyril Ramaphosa te rig waar in geëis word dat die inperkingsmaatreëls vir die Noord-Kaap drasties verslap word en die Noord-Kaap onverwyld direk oorgaan na ‘n VLAK 1 inperking. Dié aksie, wat reeds die ondersteuning van verskeie instellings in die gemeenskap geniet, sal Maandag in die vorm van ‘n formele skrywe aan Ramaphosa gerig word.

Leierskap in die dorp het aangedui dat Orania reeds gereed is om dadelik en verantwoordelik na vlak 1 te beweeg.

Die Noord-Kaap is die grootste provinsie in Suid-Afrika met ‘n yl bevolking waar mense verspreid woon. Daar is tans net 13 bevestigde, aktiewe gevalle van die virus in die hele provinsie. Daar was tot op hede geen sterftes weens die virus in die Noord-Kaap nie, en 19 persone het reeds herstel. (14 Mei 2020).

Steun word tans onder Orania se duisende ondersteuners vir die voorgenome skrywe gewerf. Persone wat Orania se selfbestuur bo Ramaphosa se staatsbestuur verkies, kan voor Maandagmiddag 17:00 hulle steun hieraan toesê.

Orania het reeds vroeg in die pandemie al die nodige noodmaatreëls getref om sy inwoners teen COVID-19 te beskerm. Die nodige mediese en ander verwante geriewe is opgerig, maskers en reinigingsmiddels word plaaslik vervaardig en mediese personeel is op ʼn gereedheidsgrondslag geplaas. Inwoners handhaaf vrywillig voorkomende maatreëls.

Dit maak geen sin om die ekonomie verder te strem terwyl die risiko met betrekking tot COVID-19 op ander wyses meer verantwoordelik bestuur kan word nie.

Die Groter-Orania Inwonersforum is reeds in gesprek met hulle regspan en verdere stappe sal volg indien Ramaphosa nie bevredigend op die skrywe reageer nie.


Orania het die morele hoë grond: Deur Victor Correia

Orania het ʼn sterk saak, maar elke Afrikaner het ʼn verantwoordelikheid om op een of ander wyse aan die ideaal mee te werk.

Idealisme

Om mieliepap te maak, is op die oog af nie moeilik nie; net drie bestanddele: water, sout en mieliemeel. En tog is alle mieliepap nie lekker nie. Klonterigheid (die beginnersprobleem) buite rekening gelaat, is daar eintlik net een ding wat verkeerd kan wees en dis die...

Orania en die K-woord

En dit, dames en here, is hoe mens die publiek om die bos van onkunde lei sodat hulle jou skryfstuk lees. Die K-woord waarna ek verwys, is natuurlik Katalonië. Ek glo vas dat dit baie belangrik is om uit die foute en suksesse van die verlede te leer. Op die oomblik...

Zur Lage der Afrikaaner („Buren“) im neuen Südafrika – eine deutsche Sicht –

Ihre Einladung zu der heutigen Mitgliederversammlung hat mich erfreut, und ich habe sie gerne angenommen. Denn in Deutschland ist das Interesse am so problematischen Geschehen in Südafrika sehr weitgehend abgestorben. Zwar berichtet die „Informationsstelle südliches...

Die situasie van die Afrikaner in die nuwe Suid-Afrika – ‘n Duitse perspektief

(Toespraak gehou tydens die ledevergadering van die Suid-Tiroolse vriendekring van die Afrikaner te Bozen/Suid-Tirole op 27 Augustus 2017). Uit Duits vertaal deur Sebastiaan Biehl   Ek wil u hartlik bedank vir u uitnodiging om die huidige ledevergadering toe te...

Skakerings van Groen 10: Nuttige onkruid

Ek kyk, vanaf ek hier in Orania is, met nuwe oë na onkruid. Ek is besig met komposhope bou en onkruid is al wat op die oomblik vir my die nodige groen materiaal verskaf. Die gras is nog geel en my plante begin nou eers kop bo die grond uitsteek na hulle winterslaap....

Feite oor die e-Ora.

Soos seker meeste ondersteuners intussen weet is Orania besig met ʼn projek om ʼn elektroniese Ora in te stel. Dit maak ons en ons vriende opgewonde, maar het ook al velle, oningeligte kritiek tot gevolg gehad. Voor daar verkeerde persepsies ontstaan moet ons dalk net...

Duitsland: skok-verkiesingsuitslag.

Die verkiesing vir die Duitse parlement het toe in ʼn taamlike aarskudding ontaard. Nog met die aanloop is aanvaar dat dinge op die voorspelbare, vervelige trant sal voortgaan, met mev. Merkel as kansellier van ʼn sentrum-linkse “groot koalisie” uit haar...

Orania en Maslow se piramied van behoeftes

Abraham Maslow was ‘n Amerikaanse sielkundige van Russies-Joodse herkoms wat van 1908-1970 gelewe het. Hy is veral bekend vir die hiërargie of piramiede van menslike behoeftes wat na hom vernoem is. Maslow het ʼn positiewe beeld van menslike behoeftes gehad, wat hom...

Die republiek, republikanisme en die Afrikaner. Deel 2: Die Afrikaner se strewe

Die Afrikaner het vir die grootste deel van sy geskiedenis stroomop geswem. Daar word deur ons vyande beweer dat ons agter die tyd is en in die verkeerde eeu leef. Die trekboere en Voortrekkers is as argaïes beskou met hulle landelike veeherder- en rondtrekleefwyse in...