fbpx

Die Orania-streekstrategie:
wat is Orania se plan?

 

Denke rondom meerderhede in Orania

Hierdie aanbieding is deur Frans de Klerk by die Orania Beweging se jaarlikse ledevergadering gedoen. Die aanbieding is gebaseer op die indiepte navorsing van ‘n stads- en streeksbeplanner wat realistiese modelle gebou het wat betref Orania se toekoms as dorp, stad, streek, of staat. Van die vrae wat die navorsing beantwoord is die effek van Orania op sy omgewing, die omgewing op Orania, grootskaalse vestiging van Afrikaners in die Orania gebied, en die ekonomie wat daarmee saamgaan.

Hierdie aanbieding word in drie dele hanteer:

1. Die beginsel van meerderheidsvorming.

2. Meerderhede en mobiliteit rondom Orania.

3. Huidige eienskappe van die toekomstige Orania-streek.

 

 

1. Die beginsel van meerderheidsvorming

Verskillende groepe, bewegings en partye beywer hulle vir die oorlewing van Afrikaners in Afrika. Die enigste manier wat Afrikaners blywend gaan oorleef, is met die konsep van demografie-politiek/konsentrasie-politiek.

Konsentrasie-politiek is om ‘n demografiese groep, in ‘n sekere geografiese gebied te vestig om sodoende kultuur te bewaar en plaaslike politieke beheer oor eie instellings te behou.

1. Afrikaners is ‘n klein minderheid in die totale bevolking van Suid-Afrika. Dit is gevaarlik vir die oorlewing van ons kultuur, maar nie fataal nie.

2. Afrikaners is wyd versprei oor Suid-Afrika. Dit kan wel fataal wees.

Konsentrasiepolitiek is die KERN van die Orania-idee. Afrikaners kan slegs eie besluite neem indien ons ‘n meerderheid in eie gebied vorm. Die meerderheid word deur die volgende faktore bepaal:

a. Wie hier woon.

b. Wie hier werk.

c. Wie hier dienste gebruik.

d. Wie reëlmatig hier deurreis.

2. Meerderhede en mobiliteit rondom Orania

‘n Persoon se mobiliteit word deur die omvang van sy leefwêreld bepaal. Dit beteken die omgewing rondom Orania, en persone wat reëlmatig deur Orania reis, het ‘n invloed op Orania. Die koop van produkte, gebruik van dienste en bywoning van ander aspekte van gemeenskapslewe, deur mense in die omliggende gebied, het ‘n invloed op Orania. So ook het Orania natuurlik ‘n effek op daardie mense.

Orania moet met hierdie beginsels in gedagte aan drie vereistes voldoen om ‘n streeksentrum te word:

1. Afrikaners vorm ‘n meerderheid.

2. Afrikaners se invloed is groter as die groter as die grootste nabye dorp.

3. Afrikaners is demografies in getalle groter as al die dorpe in die omgewing se invloed gekombineer (volwaardige streeksenturm)

Hier word met bewoningsyfers onderskei van Orania as woonbuurt, na Orania as afhanklike dorp, na Orania as selfstandige dorp, tot Orania uiteindelik ‘n streeksentrum is.

Die formule wat deur die onafhanklike navorser bepaal is, dui daarop dat een enkele ekstra Orania inwoner, buite-invloede met ‘n faktor van 3 (drie) laat afneem!

Dit lê weereens klem op die belang dat Orania se posisie net versterk kan word deur vestiging, demografie is lotsbepalend!

Die navorsing onderskei tussen ‘n hartland, grensland en buiteland. Die verskillende invloedsfere van Orania op sy omliggende gebied.

3. Huidige eienskappe van die toekomstige Orania-streek

Orania se posisie in ‘n demografies laag bewoonde gebied is ideaal. Dit is ook so gekies deur die vroeë pioniers van die Orania-idee. Dit, gekombineer met Orania se huidige streek-omstandighede, markwaarde van grond, en reeds ontwikkelde infrastruktuur sit Orania in ‘n unieke stel omstandighede.

Groeiende selfbeskikking hang af van genade van Bo, die inisiatief van Oraniërs en die Orania-model, en demografiese-vestiging van Afrikaners.

Die volhoubare getallevestiging van Afrikaners in hierdie gebied, bied dus ‘n wonderlike geleentheid vir ‘n Afrikanertoekoms.

Hierdie aanbieding bied rede tot optimisme, en natuurlik ook ‘n baie duidelike pligsbesef vir iedereen wat ‘n sukses van hierdie strategie wil maak.

word 'n lid!

Orania Beweging nuusstories word volledig deur ons lede befonds. Indien u hierdie storie geniet het, sluit aan as lid deur hierdie skakel te volg. Baie dankie!

Orania Beweging-nuusspan

Opgestel deur die Orania Beweging se nuusspan

Hierdie berig is deur die Orania Beweging-nuusspan geskryf, verwerf of opgestel.
Eksterne bronne of berigte kry volledige erkenning vir gebruik in stories.
Nuus kan gestuur word na inligting@orania.co.za