fbpx

Ekonomiese Sektore

Ekonomiese selfstandigheid is seker een van die belangrikste vereistes vir enige ander vorme van selfstandigheid om te volg. ʼn Groot deel van Orania se huidige ontwikkelingsplan is die pad van dorp na (landelike) stad, en die geleenthede rondom spesialisrigtings wat hiermee saamgaan. 

As gevolg van die goeie groei wat die dorp ervaar, is daar ongelooflike geleenthede in konstruksie, eiendomspryse styg en munisipale dienslewering is van top gehalte. Hiermee saam sien ons dat privaat sakeondernemings toenemend in Orania vestig. Die hoeveelheid besighede in Orania is sterk op pad na 200 toe met kliënteverspreiding omtrent om die helfte binne en buite (uitvoere) Orania.

Toerisme en handel

Orania ontvang jaarliks duisende toeriste, wat vakansiegangers, deurreisigers en joernaliste insluit. Orania se toerismesektor is  daarom besonder sterk, daar is byna 500 beddens vir besoekers in verskillende vorme van toerismeakkommodasie beskikbaar. Groot- en kleinhandel en akkommodasie is van Orania se grootste ekonomiese sektore, wat beteken dat daar baie geleentheid in die dienstesektor rondom handel, kos, verblyf en ander toerismegebaseerde bedrywe is.

Konstruksie

Orania het vir die afgelope 5 jaar ʼn gemiddelde groeikoers van 10%, wat beteken daar is baie geleenthede rondom konstruksie; residensieel, kommersieel en industrieel. Omdat messelaars en messelaarassistente opleidingsgeleenthede binne Orania het, skep dit moontlikhede vir ontwikkelaars om goed opgeleide, gekwalifiseerde personeel in die konstruksiebedryf te gebruik. Volgens die 2014 Besigheidsopname in Orania is konstruksie die derde grootste bedryf in Orania, na handel en landbou. Die groei van die konstruksiesektor in die afgelope vier jaar kan egter beteken dat dit heelwat opgeskuif het.

Landbou

In Orania bestaan die landbousektor uit ʼn redelike verskeidenheid van praktyke: mielies, amandels, olywe, soja, lusern, koring, pekanneute, groente, skape en ander kleinvee. Hierdie praktyke word in geen spesifieke volgorde aangebied nie en die skaal van die verskillende sektore verskil heelwat, wat heelwat meer geleentheid in sommige as ander bied. 

Orania se arbeidspraktyke lei daartoe dat boere innoveer, meganiseer en arbeid ‘slim’ met seisoenale reëlings aanwend.