Dienste
Orania se dienslewering word alles intern hanteer sonder enige staatshulp. Dit beteken alles van watersuiwering en elektrisiteitstoevoer tot rioolhantering, paaie, vullisverwydering en dies meer word deur werknemers in Orania hanteer met ʼn Orania begroting en met eie hulpbronne. Elke liewe diensleweringsaksie in Orania is eintlik ʼn klein monument van selfbeskikking!