fbpx

Besienswaardighede

Orania is in die eerste plek Ɖ Afrikanerdoeldorp. Hierdie instelling van Afrikanerskap waarmee inwoners daagliks leef en wat hulle belangrik ag, het Ɖ ryk kulturele gevolg. Alhoewel Orania se blote bestaan alreeds Ɖ lewende monument van Ɖ poging tot groter selfbeskikking, en daarom Ɖ besienswaardigheid is, volg hier Ɖ paar besienswaardighede wat besoek móét word deur enige een wat Orania ten volle wil ervaar:

Die Koeksistermonument

Orania se Koeksistermonument is as tong-in-die-kies projek begin, maar het tog Ɖ baie ernstige boodskap. Die monument is nie net vir die soethappie wat so eie aan die Afrikaner is nie, maar ook Ɖ verering van die Afrikanervrou en die fondse wat deur die jare vir die bou van kerke of skole ingesamel is met die bak van koeksisters by basaars. Die monument is te siene langs die Orania Dorpswembad vir Ɖ vinnige ‘selfie’!

Verwoerdgedenkversameling

Kort na die aankoop van Orania het mev Betsie Verwoerd, weduwee van die voormalige eerste minister Hendrik Verwoerd, haar in Orania kom vestig. Mev Verwoerd is selfs deur oud president Nelson Mandela hier besoek. Na haar afsterwe in 2000 is haar voormalige woonhuis omskep in die Orania Verwoerdmuseum. Ɖ Deel van die huis is bewaar net soos dit gelyk het in haar leeftyd, terwyl die ander helfte museumstukke uit hulle tyd in die staatsdiens insluit. Dit sluit beelde, besittings, geskenke en selfs die klere wat dr Verwoerd op die dag van sy dood aangehad het, in.

Slegs op afspraak.
Skakel 053 207 0004

Strooibaalhuise

Na Ɖ spesiale projek deur Orania se plaaslike argitek het strooibaalkonstruksie tot Ɖ volwaardige boumetode in Orania ontwikkel. Strooibale wat deur staalpenne gedruk en gestapel word, word met ogiesdraad oorgetrek en dan gepleister. Die breĂ« mure isoleer uitstekend in Orania se ekstreme klimaat, is 100% brandbestand en bied Ɖ estetiese Karooboustyl. Verskeie strooibaalgeboue is in Orania te sien, onder andere in Orania-Oos, Kleingeluk en die ‘Wynhuis’, Orania se drankwinkel.

Monumentekoppie

Die Orania Monumentekoppie of heldetuin vereer staatsmanne uit die Afrikanergeskiedenis, met een van die mooiste uitsigte in Orania. Die halfsirkel van borsbeelde, met die Klein Reus voor in die middel, simboliseer nie net ons ryk verlede wat agter ons lĂȘ nie, maar dat vryheid deur eie arbeid voor ons in die toekoms wag. Besoeke tydens sonsopkoms of –ondergang word veral aanbeveel. Gaan drink Ɖ koppie koffie op die verlede en die toekoms!

Kultuur-Historiese Museum

Stap deur die gange van die Afrikanergeskiedenis. Die Orania Kultuur-Historiese Museum bied Ɖ ervaring van Jan van Riebeeck se aankoms in die Kaap deur die Groot Trek, Boererepublieke, vryheidsoorloĂ« en konsentrasiekampe tot by die Grensoorlog, Rebellie, Republiek- en Uniewording. Kom kyk na die wapens, die gereedskap en vlae waarmee ons voorvaders in Afrika oorleef het. 

Die museum is daagliks van 11:00 – 15:00 oop.
Skakel 053 207 0004 vir meer inligting.

Rotsgravures

Orania se ryk geskiedenis word vasgevang op ysterklip! Van Boesmantekeninge tot koopkontrakte uit die 1800’s, van Boerekrygers tot die Engelse ‘Black Watch’ het almal hulle merk hier gelos. 

Skakel dr Manie Opperman by 083 225 8199 vir Ɖ besigtigingstoer

Oewer

Die Oranjerivieroewer is Ɖ oase in die dorre Karoo. Hier kan besoekers en inwoners alles van kampeerplek en die Oewerrestaurant tot die Orania Rivier Spa en visvangplek vind.

Ierse Monument

Tydens die Anglo-Boereoorlog het Ierse vrywilligers die Boere kom bystaan in die stryd teen koloniale Engeland. Baie Iere het hier hulle laaste asems uitgeblaas en so met hulle bloed ons geskiedenis help skryf. Die Ierse Monument is in 1976 in Brixton, Johannesburg onthul waar dit in 2002 afgebreek is om plek te maak vir kommersiĂ«le ontwikkeling. Die Vryheidsfront Plus en Orania het saamgewerk om dit Ɖ nuwe tuiste in Orania te gee waar dit vandag steeds staan en onderhou word. Besoek gerus hierdie monument op die Orania Monumentekoppie en vereer hierdie Ierse helde.

Aardskip

Die Aardskip is Ɖ energie-doeltreffende, munisipaal-onafhanklike, selfversorgende ‘groen’-woonhuis. Die huis wat deur Ɖ Orania-ingenieur en sy familie gebou is deur herwinde materiaal, gebruik en hergebruik hulpbronne op Ɖ slim manier om sodoende selfversorgend te wees. ReĂ«nwater, sonkrag en doeltreffende temperatuurbestuur maak van hierdie huis Ɖ onafhanklike eenheid. 

Skakel 073 134 9671 vir Ɖ besoek

Kaalvoettrappies

Die Kaalvoetvroue van Orania (met verwysing na die Voortrekkervroue wat bereid was om ‘Kaalvoet oor die Drakensberge te gaan’) pak verskeie projekte aan om Orania te verfraai. Die Kaalvoettrap wat twee dele van Orania verbind is Ɖ voorbeeld van so Ɖ projek. Die trap is met mosaĂŻekteĂ«ls versier om Ɖ simboliese beeld te skep. Die kunstenaar, mev Cornelia Holm, het OraniĂ«rs se afhanklikheid van ons Skepper, die landbousektor, seisoene en die omgewing uitgebeeld met Ɖ baie sterk Orania boodskap. Aan die een kant van die trap is daar Ɖ tydlyn wat Orania se geskiedenis op teĂ«ls uitbeeld, aan die ander Ɖ kanaal waar fietsryers hulle fietse kan op- of af stoot. Die trappe het ook Ɖ gewel wat in feestye oranje versier word