Wees net ’n Afrikaner

21 Junie 2010

Ek het groot geword as ’n Afrikaanse meisie in ’n nie-rassistiese pastorale huis en het my opvoeding ontvang in nie-rassige skole. Mens kan sê dat ons kleurblind grootgemaak was,maar tog was daar ’n logiese grenslyn waarvan ek van kindsbeen af bewus was.

Ek onthou nog hoe ons, na 1994, verby die see gery het en toe ’n wit meisie gesien het wat hand-aan-hand met ’n swart man geloop het. Ek het onwillekeurig gestaar, nie dat dit ’n sonde was nie maar omdat dit half vreemd voorgekom het.

Vrae het by my opgeduik soos wie se taal hulle met mekaar praat, wie se tradisies geëerbiedig word en watter kulturele aanpassings hulle en hul families moet maak om hul verhouding in konteks van hul wedersydse agtergronde te aanvaar. My ma het ’n afkeurende opmerking gemaak. Rassisme is verkeerd maar om nie-rassig te wees verander niks aan die feit dat daar ’n natuurlike verdeling binne die mensdom is nie. So was ons maar groot gemaak.

Die natuurlike verdeling het selfs binne my eie rassegroep plaasgevind want die Engelse in my tuisdorp het my altyd ’nboeremeisie genoem. Ek was anders as hulle. Die Oos-Kaap is natuurlik oorwegend Engelssprekend en ek was gedurende my kinderjare altyd onder die wanindruk dat Afrikaans ’n primitiewe taal is en selfs dat Afrikaners primitiewe mense is waarop die Engelse neerkyk.

Ek het later wel tot die besef gekom dat die Afrikaner die meerderheid blanke bevolkingsgroep in suidelike Afrika is en dat ek deel van ’n volk is wat ’n merkwaardige erfenis het. Ons is anders as die res, nie beter of slegter nie – net natuurlik deur geboorte en mens-vorming in ons eie groep verdeel.

Ons was nog altyd ’n trotse volk, nie omdat ons oor die nie-blankes regeer het nie, maar omdat ons óns was. Omdat ons Afrikaners is. Dit het my lank gevat om te begryp waar ons ingebore trots vandaan kom – wat die oorsprong van hierdie ingeboude liefde vir ons volk is wat terselfdertyd ’n ongetwyfelde liefde vir ons vaderland opwek.

Dis toe dat dié boeremeisie besef het wat ek alles het en wat van my ’n Afrikaner maak. Is dit ironies dat ek myself en my eie mense eers hier in die buiteland werklik gevind het? Die ou mense het ’n  gesegde wat lui: “as ’n negosiekas ’n stoel word”. As niks iets word. Ek moes myself eers losmaak van al die struwelinge in die nuwe Suid-Afrika en van meet af ’n behoorlike introspeksie beoefen om die waarde van my Afrikaner identiteit op te spoor.

Afrikaners het so baie om op trots te wees, so ’n ryk geskiedenis. Ons kan inspirasie vind in die dade van heldhaftige generaals soos de Wet, Kemp en Maritz wat die Boere kommando’s teen die Empaaier gelei het. Onthou genl. Koos de la Rey wat gesien was as een van die bevoegste militêre strateë van sy era. Min bevelvoerders kon deur die eeue soveel verliese aan die magtige Britse leër toedien as genl. de la Rey tydens ons volk se stryd om ons vryheid en onafhanklikheid te verdedig. Ons kan praat oor merkwaardige intellektualiste soos Jan Smuts – ’n stigterslid van die Volkebond asook die Verenigde Nasies.

C.J. Langenhoven, die skrywer van daardie pragtige volkslied wat ons oë laat traan: Die Stem. Jacob Hendrik Pierneef, een van die beste landskap-kunstenaars van die Twintigste Eeu. Chris Barnard, die man wat die eerste suksesvolle hartoorplanting ter wêreld  uitgevoer het. Anton Rupert, een van die suksesvolste entrepreneurs van die vorige eeu. Dr. H.F. Verwoerd, die staatsman wat ons finaal uit die imperialistiese kloue van Brittanje gelei het en die beste ekonomiese bloeitydperk in Suid-Afrika se geskiedenis bewerkstellig het.

Nadat ek dit als besef het, het ek ook ’n groeiende gaping gesien: mans wat hul “karate water” met ’n pinkie in die lug drink, dames wat nie sonder ’n huishulp kan klaar kom nie en Afrikaans wat by baie gesinne in die passasiersitplek sit – kortom: ons volkstrots, kultuur en tradisies word vandag afgeskeep!

Skuldgevoelens van die veronderstelde verlede is stadig maar seker besig om ’n houvas in ons huise en binne ons kultuur te vind. Liberale breinspoeling is besig om ons te beroof van ons trots. Ek het iemand eendag hoor sê: “Die moderne Afrikaner sal nog in sy eie bed vermoor word voordat hy bereid sal wees om ’n  vinger te lig om die einste bed op te maak” . Laksheid en volksvreemde arbeid is inderdaad die oorsprong van baie Afrikaners se ondergang.

Wat het geword van selfbeskikking oor ons eie lot en trots op ons eie arbeid?  Waarom word ons deur ’n ander nasie regeer en hoekom kyk so baie Afrikaners neer op die idee dat ons self ons eie handearbeid kan verrig in ons huise, in ons tuine en in ons werksplekke? Daar is niks vreemd aan die edele konsep dat ’n volk homself kan regeer en sy eie arbeid kan verrig nie. Myns insiens het Afrikaners geen reg om te kla oor hul omstandighede as hulle nie bereid gaan wees om hul eie “vuilwerk” te doen nie en hulle reeds aanvaar het dat hulle verewig onderdanig aan ’n ander nasie gaan wees.

Ons lewe in ’n benoude tyd in Suid-Afrika, waar baie mense begin sin maak van die onweerswolke waarin ons onsself bevind vir die afgelope 16jaar. Daar is mense wat glo dat die “Nag van die lang messe” om die draai is. Die meriete van hierdie doemprofesie is debatteerbaar. Dit is immers ’n feit  dat ’n groot deel van die volk vandag blind en doof is t.o.v. die bedreigings wat reg voor ons is en  vir ons almal in die oë staar. Niemand is so blind soos die mense wat nie wil sien nie!

Talle mense, insluitend Siener van Rensburg en Johanna Brand, het al visioene gehad oor die lot van ons land en die uitdunning van ons volk. Ek is van mening dat ons tans deur ’n smeltkroes gaan wat besig is om die koring van die kaf te skei. Die joiner  en die bittereinder word só geïdentifiseer: die wat verkies om heerlik stroomaf te swem, al lei dit na hul ruïnasie; en die wat besluit het om stroomop te swem vir vryheid en geregtigheid, hopelik lei dit na ’n etnies homogene Afrikaner volkstaat waar die volk selfbeskikking oor sy eie instellings sal hê. Solank as wat hierdie instellings met ons eie hande opgebou en onderhou word sal ons die morele hoër grond hê.

Dit is ongelukkig wel so dat baie mense tydens die uitstappie  van sogenaamde demokrasie die pad duister geraak het, hul veggees verloor het en besluit het om maar die moord en verkragting op ons volk te verduur solank as wat hul eie sekuriteitskomplekse se hekke tog net werk en die elektriese heinings die boewe se vingers deeglik skok. En so is die leuens, korrupsie en bloedvergieting van hierdie benarde samelewing besig om talle Afrikanerharte stukkie vir stukkie  te vernietig.

Vir al die gemelde redes het ’n boeremeisie besef waar haar voorvaders vandaan kom, die rol wat haar volk deur die eeue in Afrika gespeel het  en nog kan speel in die toekoms. Ek weier om te aanvaar dat die stryd vir die Afrikaner se voortbestaan verlore is. Te veel opofferings was deur ons voorvaders gemaak vir ons om vandag te bestaan. Om nou ons rûe op ons taal, kultuur en erfenis te draai is lafhartig en werklikwaar te absurd om enigsins te oorweeg.

My boodskap is eenvoudig: die wat hulself nog deel van die Afrikanervolk beskou moet nóú  hande vat en saamstaan deur hierdie donker  tydperk. Kom ons keer terug na ons wortels, na dit waarvoor ons voorvaders gestaan en geveg het. Ons is kinders van die Here en ons moet net in Hom vertrou en glo dat Sy hand ons uit die spreekwoordelike Babilon uit sal lei. Laat Gods water oor Gods akker loop terwyl ons bid en hard werk om ons vryheid te herstel.

Soos President Kruger gesê het: “Neem uit die verlede wat goed, skoon en edel is, en bou daarop die toekoms”.

Dis tyd dat ons voet neersit en opstaan vir ons voortbestaan, tyd om te leer uit ons foute van die verlede en te begryp dat ons as bittereinder Afrikaners reeds alles het wat ons benodig om hierdie smeltkroes waarin ons onsself tans bevind te oorleef. Na oorlewing volg die soet geure van vryheid en oorwinning.

Wees nét ’n Afrikaner, jy is genoeg.

 

“250 000 Afrikaners teenwoordig by die inwyding van die Voortrekkermonument op 16 Desember 1949″

Rozanne Meyer

Rozanne is in 1987 in Oos-Londen gebore en het haar honneursgraad in Besigheidsbestuur by die Universiteit van Wallis voltooi. Na haar studies in Europa het sy onlangs teruggekeer na Afrika om permanent op Orania te vestig as jong besigheidsvrou, skrywer en kampvegter vir Afrikaner-vryheid.

 

 

Die Stem roep!

Die Stem roep!

deur Rozanne Meyer

“Die Afrikaner-hart is seer en moeg, maar trou nog!” – Jan F.E. Celliers

Hierdie woorde was amper ‘n eeu gelede geuiter deur ‘n kampvegter vir die Afrikanervolk en ons taal. Gesien in konteks van die huidige omstandighede waarin moderne Afrikaners vandag verkeer, dien Celliers se woorde as ‘n inspirasie vir my as jong Afrikaner: die wete dat ons voorvaders soortgelyke uitdagings die hoof gebied het en daarin geslaag het om ons pragtige kultuur, taal en tradisies behoue te laat bly.

Egter is daar ook sg. Afrikaanses vandag soos o.a. Jan-Jan Joubert, Marthinus van Schalkwyk, Leon Wessels,  Max du Preez, Carl Niehaus en Antjie Krog wat nie kan aanspraak maak op ‘n Afrikaner-hart nie. Hul aksies het reeds bepaal hoe hulle deur die nageslag onthou sal word. Trouens, indien hulle enigsins onthou gaan word dan sal dit wees in skerp kontras met hoe ons vandag Celliers, Steyn, Langenhoven, Opperman, Hertzog, Malan en van Wyk Louw eerbiedig. Die lyn is getrek en daar is ‘n groeiende Afrikaner kultuurpolitieke weerstand teen die verraad en galbrakery van die Jan-Jan Jouberts. Hul dae is sowaar getel.

Marakumi Casino Kenya is quickly becoming a premier destination for gaming and entertainment enthusiasts in the region. Offering a wide array of games, including slots, table games, and live dealer options, it caters to both novice and seasoned players. The casino features a vibrant atmosphere, complemented by top-notch services and luxurious amenities. Visitors can enjoy not only gaming but also exquisite dining options and live events, making it a perfect place for a fun night out. For those interested in exploring what Marakumi Casino has to offer, more information can be found on their official website at https://marakumi.co.ke/. With exciting promotions and a commitment to customer satisfaction, Marakumi Casino provides an unparalleled experience for both locals and tourists alike. Whether you’re looking for a thrilling gamble or just a night of entertainment, Marakumi Casino is the place to be.

Die Afrikaner-hater en die gif wat hy versprei is nietemin ‘n kenmerkende eienskap van die Nuwe Suid-Afrika. Dit laat my gedagtes dwaal oor wat presies die Nuwe Suid-Afrika dan in werklikheid is. Wees verseker, die land waarin ons vandag woon is hoegenaamd nie dieselfde land waarvoor ons voorvaders geveg het nie. Daardie beloofde land is lankal van ons ontneem, beroof deur die kommunis en sy Afrikaner-hater bondgenote.

Nie net is die Afrikaner se Republiek vernietig nie en die volk óók verraai en vermoor nie maar hierdie sameswering teen ons woed vandag sterker as ooit tevore voort. Die aanvalle op ons, gereeld in ons eie taal, op ons eie mense en op ons kultuur, taal en bestaansreg was nog nooit so groot soos wat dit tans in die Nuwe Suid-Afrika is nie.

Kwikbet Kenya provides an easy and secure way for users to place their bets and enjoy online gaming. To access your account, the **Kwikbet Kenya login** process is quick and user-friendly. Simply visit their website and enter your credentials to get started. Whether you prefer sports betting, live casino games, or virtual sports, Kwikbet ensures a seamless experience for all players. If you’re new or need assistance, check out their support resources for helpful guides. You can access the platform anytime and anywhere, making it convenient to place your bets on the go. Ready to dive into the action? Visit https://kwikbetapp.co.ke/ and log in to explore a world of exciting betting opportunities tailored just for you. Enjoy a thrilling gaming experience with Kwikbet Kenya!

Die fantasie van ‘n nie-rassige samelewing waar almal reënboogkinders is word met mening in die jong Afrikaner se keel afgewurg terwyl, in die praktyk, ‘n rassistiese ideologie van swart bemagtiging eintlik met die term “nie-rassigheid” bedoel word. Dis mos maklik vir die jong Afrikaner om aan te pas want ons is jong boompies wat gebuig kan word, gebuig móét word.

Die liberale multikulturele boodskap van TV-programme, nuus, koerante asook die hernoeming van strate, stadia, lughawens en dorpe kan ons mos aanvaar! Ons word vertel dat alles wat met die Afrikaner voor 1994 gebeur het liewers nie onthou moet word nie en by implikasie uit die geskiedenis moet verdwyn sodat ons waarlik deel van ‘n multikulturele reënboognasie kan wees. ‘n Swartreënboognasie, ja. As jy nie weet wie jou voorvaders was nie en wat jou geskiedenis regtig behels nie dan het jy mos niks om voor op te staan of om te probeer beskerm nie.

Verder, wat van die ouer bome – diegene wat geleef het in die dae toe die Afrikaner nog ‘n Republiek gehad het? Al gewonder hoe hierdie mense moet voel nou dat hulle hulself in ‘n swartreënboognasie bevind waar alles waarvoor hulle gewerk en gestry het besig is om tot niet te gaan?

Hulle is die mense wat nog suiwer Afrikaans gepraat het toe hulle jonk was en geleer was om trots op hul Afrikaner-identiteit te wees. Hul wortels was geplant in ‘n land waar orde geseëvier het en Afrikaanse volksliedjies met hartelus om kampvure gesing was maar vandag vang hul takke net die winde van verandering, vernietiging en verbastering. Die Suid-Afrika van gister en die Suid-Afrika van vandag is uiteraard meer as net twee verskillende lande, dit is twee uiteenlopende identiteite. Die resultaat is derduisende gebroke harte.

Nou sit ons almal, jonk en oud, in ‘n land wat deur ons voorvaders gebou was, waarvoor hulle gebloei het en op die ou einde eenvoudig deur die massas onherroeplik oorrompel was. Die kommunis en die Afrikaner-hater het sy oorwinning behaal. Waarin moet opregte Afrikaners dan glo vandag? Waarvoor moet ons dan opstaan? Nie vir Suid-Afrika, d.i. die oue of die nuwe nie, nee – ons moet opstaan vir ons Afrikanerskap, vir ons volk se bestaansreg en ons onbetwiste reg om vry te wees om ons taal, kultuur en tradisies uit te leef in ‘n eie Afrikaner Republiek wat op grond van Christelike waardes en oortuigings opgerig word, deur die Afrikaner vir die Afrikaner. Dit is iets om in te glo!

Ek sal so ver gaan om sê dat die Nuwe Suid-Afrika van die massas en die Afrikaner-haters ‘n samelewing is wat daagliks met ‘n virus ingespuit word. ‘n Epidemie wat sorg dat Afrikaners hulselfAfrikaanses begin noem, op hul knieë gedwing word en sodoende die sataniese omstandighede om hulle aanvaar ter wille van nasiebou. Kyk maar self en sien hoeveel mense se lewens vandag in skerwe is, verveelde ongelowiges en werkloses wat geen ambisie het om stabiliteit en orde te herstel nie. Hulle deel geen liefde vir hul volk nie en hulle het geen wilskrag om die Afrikaner se bestaansreg te verdedig nie.

Laat hulle dan aangaan en verder verdrink in die gif wat die Jan-Jan Jouberts hulle voer. Niemand is so blind soos die wat nie wil sien nie! As Afrikaner-vryheid, ons taal en kultuur vir iemand te veel, of te ekstreem is om voor op te staan dan is ek bevrees dat so ‘n persoon nie verdien om vry te wees nie. Egter is dit ‘n tweesydige swaard want dan kan so ‘n persoon ook nie sy swartreënboognasie se helde soos Mandela eerbiedig nie want ten minste het hy opgestaan vir sy mense se vryheid. Was dit ekstreem van Mandela om teen die NP Regime se rassediskriminasie op te staan? Hoekom is dit dan ekstreem van Afrikaners om teen die ANC Regime se apartheid op te staan?

Die Christen Afrikaner wat weier om verder hierdie gif te sluk moet nou sy huis in orde kry en sy taal suiwer begin praat, sy geloof koester, sy kultuur en identiteit meedoënloos beskerm deur dit op alle terreine uit te lewe. Neem die houding van ons voorvaders in: ons is nie vir onderhorigheid gebore nie!

Gedurende tye soos hierdie is daar altyd twee plekke waar Afrikaners inspirasie sal kry om weer op te staan vir vryheid en vir geregtigheid, d.i. in God se Woord en ons eie Afrikaner volkslied, Die Stem.

Matt. 5:13-14 (1953 vertaling): “Julle is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ‘n Stad wat bo-op ‘n berg lê, kan nie weggesteek word nie.”

“Op U Almag vas vertrouend het ons vadere gebou. Skenk ook ons die krag, o Here, om te handhaaf en te hou. Dat die erwe van ons vad’re vir ons kinders erwe bly: knegte van die Allerhoogste, teen die hele wêreld vry […] Soos ons vadere vertrou het, leer ook ons vertrou, o Heer – met ons land en met ons nasie sal dit wel wees, God regeer.” – Die Stem (Roep!)

0
    0
    Jou Mandjie
    Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel