by Jaco Kleynhans | Mar 12, 2014 | Nuus |
Die Tiroolse volk het onlangs weer op kleurryke wyse Andreas Hofer-dag gevier. In Meran in Suid-Tirool het soos elke jaar ‘n groot aantal Tirolers in tradisionele klere opgedaag om dié rebelleleier te onthou. Hofer word deur ware Tirolers as ‘n groot volksheld geag en die Tiroolse volkslied vertel ook die verhaal van Hofer se heldedade tot met sy teregstelling deur Napoleon se magte.
Die Tiroolse volk se verhaal klink baie soos dié van die Afrikaner. Hul stryd was soos ons s’n ook nog deur eeue ‘n stryd om vryheid. In 1805 is Tirool van Oostenryk na Beiere oorgedra. Gedurende daardie tyd was Beiere saam met die Franse ‘n magtige groepering in Europa en die Tirolers was ‘n klein, landelike volk wat meestal uit boere bestaan het. Hofer was kort na die oordrag aan Beiere bekend as ‘n rebel en het regoor Tirool burgers tot rebellie aangemoedig. In 1809 breek die rebellie van Tirool teen Beiere en die magte van Napoleon uit. Letterlik ‘n Dawid teen Goliat stryd. Die Tirolers moes met minderwaardige wapens en selfs plaasimplemente hul vryheid probeer terugkry.
Kort na die uitbreek van die rebellie verower Hofer en sy sowat 20 000 man Innsbruck en beweeg daarna suid om Bozen, vandag die hoofstad van Suid-Tirool, te bevry. Soos wat die tyd verloop het, stuur Napoleon egter meer en meer soldate en uiteindelik na die aanvanklike sukses van die Tirolers word Hofer en sy manne die berge in gedryf. Hofer wyk uit oor die berge en gaan kruip weg vir die vyandige magte. ‘n Beloning van 1500 gulde word uitgereik vir enige inligting oor waar hy wegkruip en dit lei tot verraad deur sy eie buurman. Die Italiaanse magte wat aan die kant van Napoleon gestaan het, vang Hofer en neem hom na ‘n stad in Italië waar hy tereggestel word.
Sedertdien is Hofer dié simbool van die eeue-oue stryd om vryheid wat deur die Tirolers gevoer word. Hofer se verhaal het in ‘n groot mate bygedra tot die behoud van die Tirolers se vryheidstryd en veral in Suid-Tirool, wat na die Eerste Wêreldoorlog, weer hul vryheid verloor het en by Italië ingelyf is, het Hofer se lewensverhaal, wagmoed, dapperheid en durf gereeld die vlam van vryheid lewendig gehou.
Vandag word Hofer deur Tirolers onthou, nie net deur monumente en gedenkdae nie, maar ook deur ‘n volgehoue stryd om vryheid. Die Tirolers voel dat hulle dit aan Hofer se nagedagtenis verskuldig is om nie hul vryheidstryd te versaak nie.
Die Afrikaner se verhaal klink baie soos dié van die Tirolers. ‘n Goeie, boerenasie wat deur die eeue gereeld sy vryheid aan wêreldmagte moes afstaan. Die afgelope dekade of twee het ons verhaal egter ‘n ander pad begin loop. Dit kan tereg gevra word: Het ons anders as die Tirolers die nalatenskap van ons voorsate versaak deur die vlam van vryheid in onsself te blus of kan ons die klein smeulende kooltjie vuur weer in ‘n lewendige vlam van vryheid omskep?
Laat ons by Hofer en die Tirolers, maar ook ons eie voorsate leer en op ‘n beskaafde, maar gefokusde wyse die vlam van vryheid weer onder ons mense laat brand. Hofer het juis gesê: “Ek sal nie my lewe vir ‘n leuen verruil nie.”
by Jaco Kleynhans | Des 18, 2013 | Nuus |
Dit is alombekend dat Afrikaners se bande met ons stamlande in Europa gedurende die tweede helfte van die 21ste eeu ernstige skade gelei het. Die ANC se propagandaveldtog teen Afrikaners was uiters suksesvol en lande, organisasies en individue wat eens ons vriende was, is oornag in haters van die Afrikaner omskep.
Burgers van lande van regoor die wêreld het tydens die Tweede Vryheidsoorlog aan die Boere se kant geveg. Die lys in die voorportaal van die Oorlogsmuseum in Bloemfontein is ‘n goeie bewys van die omvang van vriendskap wat tydens die oorlog teenoor die Boere geheers het. Ook na die oorlog was die bande met Europa sterk.
Ons weet egter almal wat na die 1948-verkiesing gebeur het. Die resultate van die propagandaveldtog wat teen die Afrikaner gevoer is, is vandag nog oral sigbaar. Vra maar enige ouer Nederlander, Fransman of Duitser wat hy van Afrikaners weet en dink en woorde soos “rassisme” , “apartheid” en “menseregteskendings” sal waarskynlik aangehoor moet word.
Kan die Afrikaner se beeld in die buiteland en in besonder in ons stamlande weer herstel word? Kan ons weer sterk bande met Europese lande bou?
Om hierdie vrae te beantwoord, sal ons eers moet besef dat wat verby is, verby is. Ons kan niks aan die geskiedenis doen nie. Daarmee saam sal ons moet aanvaar dat ons beeld in die buiteland steeds sleg is en dat dit tyd sal neem om te herstel. Europa van vandag lyk ook heelwat anders as die Europa van 1899. Een van die grootste nagevolge van die Tweede Wêreldoorlog is ‘n verskuiwing na links in Europa en in besonder weg van identiteit en die soewereine nasiestaat.
Deur op die behoud van ons Afrikaneridentiteit en ons strewe na selfbeskikking te fokus, sluit ons onmiddellik ‘n groot deel van die Europese bevolking uit. Enige poging om die Afrikaner se beeld oor die algemeen in Europa te probeer verbeter, sal dus ‘n moeisame en bykans onmoontlike taak wees.
Daar is egter goeie nuus. Regoor Europa is daar sterk politieke partye, burgerlike organisasies en verenigings wat weer die klem op identiteit en die nasiestaat begin plaas. In Nederland is daar die Partij Voor De Vrijheid en organisasies soos die Nederlands Zuid-Afrikaanse Vereniging en die Nederlands Zuid-Afrikaanse Werksgemeenschap.
In Vlaandere is daar Vlaams Belang en die Vrienden van Zuid-Afrika. In Frankryk groei Front National tans sterk. Afrikaners moet bande met hierdie partye en organisasies smee, eerder as om te probeer om die algemene beeld van die Afrikaner onder die massas in Europa te herstel.
Nog ‘n groot voordeel is tyd. Die generasie van die 1960’s en 1970’s se opstande is besig om oud te word. Nuwe generasies Europeërs staar hoë werkloosheid, verarming, toenemende misdaad en die verbrokkeling van hul kulture en tale in die gesig weens die toestroming van immigrante en asielsoekers, maar ook weens regerings se pro-Europa en anti-soewereine staat-standpunt oor dekades heen.
Toekomstig geslagte Europeërs sal heel waarskynlik weer met erns na die behoud van hul identiteit begin kyk. Die Afrikaner sal en kan met hulle aanklank vind.
by Orania Beweging | Okt 31, 2011 | Nuus |
As daar een persoon is wat blankes in Suid-Afrika koue rillings gee en hulle emosies opjaag, dan is dit Julius Malema, gunstelingvyand van die meningsvormers en liberale media (is daar enige ander media?) asook van Jan Alleman en die Saterdagmiddagbraaivleis- en politieke praatjies.
Niemand moet Malema en dit waarvoor hy staan, onderskat nie. Die kyk na die res van Afrika leer juis dat ‘n blanke minderheid nie onbeperk die grootste deel van ‘n land se ekonomiese bates kan besit nie, al het hulle dit deur eie arbeid en heeltemal wettig verkry. Die kommunistiese logika van “Ubuntu” en die Afrika-manier om alles as behorende aan almal te beskou is net te sterk.
Malema kan môre sterf en dit sal dinge nie verander nie. Sy voorgangers in die ANC-jeugliga het basies dieselfde goed gesê as hy, net op ‘n onverstaanbare wyse en met pretensieuse pseudo-marxistiese formulerings, terwyl Malema nog beter die taal van die eenvoudiges en agtergeblewenes praat. Waar daar ‘n hoop gepeupel is, sal daar ‘n voorbok opstaan.
Dit is egter nie die punt nie. Die punt is dat Malema en sy soort eintlik hulle eie stryd bemoeilik en ons ‘n guns doen. Ek verwys nie na die effek wat radikale swart nasionalisme op die hernieude oplewing van Afrikaner-nasionalisme het nie, of na die stoot-faktor wat Orania skielik ‘n alternatief maak nie.
Ek verwys na die stereotipering van swartmense wat Malema onbedoeld bereik en veral die veranderde waarneming in die nie-Afrikaanse kringe en veral die buiteland. Na 1994 was dit onmoontlik om ons saak, dat ons vry wil wees van ‘n swart bewind wat alles doen wat in stryd met ons oortuigings is, te stel. Nelson Mandela het juis dit verteenwoordig wat die buiteland graag as die (enigste) Afrika-suksesverhaal wou sien: ‘n sjarmante, gematigde leier wat presies die beeld van die “goeie swartman” verteenwoordig, wat al die regte goed sê, wat by niemand aggressie wakker maak nie, wat versoening preek en met knipoog en laggend gemeenplase uiter wat as tydlose wysheid in die geskiedenis ingaan. Eenvoudig niemand, ook nie die verteenwoordigers van Afrikaner-belange, kon sy sjarme en sy kamstige morele hoë grond ontsnap nie. Enige poging om Mandela as iemand met ‘n terroristiese verlede en bloed aan sy hande daar te stel was van die begin af gedoem. Dit was nie toevallig nie dat die volkstaatstrewe en sy momentum voor die 1994-verkiesing daarna soos mis voor die son verdwyn het in die algemene waarneming.
Julius Malema verteenwoordig die anti-Mandela en is tans die maklikste argument vir selfbeskikking: haatdraende, kru, ongesofistikeerde en ongekultiveerde geraasmaker, die stout en ongemanierde seun teenoor die “goeie oupa” Mandela. Juis dit maak hom die held by sy volgelinge. Malema maak van sy eie mense ‘n karikatuur en doen die saak van swart bevryding eintlik skade aan, selfs al mobiliseer hy groot getalle en lig die griewe van die armes.
Niemand in die buiteland kon verstaan hoekom ons nie deur ‘n ander volk (in hierdie geval, die swartmense van Suid-Afrika) regeer wil word nie as die verteenwoordiger die ikoniese Nelson Mandela is. Dit het soos rassisme voorgekom om nie deur ‘n wyse en gematigde leier regeer te wil word nie net omdat hy swart is. Enige poging om te verduidelik dat Mandela net ‘n seremoniële hoof is en die politiek deur meer radikale persone soos Mbeki bedryf word, of dat ons as volk ook nie deur ander blankes regeer wil word nie, was futiel.
Met Malema as die sigbaarste verteenwoordiger van die swartmense word ons saak skielik geloofwaardig. Selfs liberale Europeërs, wat swartmense per se as inherent goed aansien, ys as hulle Malema se lyftaal sien en sy uitsprake hoor. Selfs hulle wil nie deur iemand soos Malema regeer word nie en selfs hulle begryp dat “kill the Boer” en “vat alles wat die witmense s’n is” nie metaforiese en folkloristiese Afrika-sêgoed is nie.
Malema is besig om die tonne goeie gesindheid en simpatie wat ‘n Mandela en die hartseer verhaal van “300 jaar se onderdrukking” geskep het, vinnig uit te put. Dit is selfs vir optimiste moeilik om nog te glo dat Suid-Afrika die een uitsondering op die reël van Afrika-mislukking is.
Soos wat Malema besig is om die morele hoë grond van swart bevryding te laat verbrokkel, so vorder swart bevryding as regverdigbare saak agteruit. President Zuma is nie die regte persoon om dit te stop nie en sukkel ook maar met ‘n negatiewe beeld, terwyl Mandela homself uit die openbaar onttrek het.
Afrikaners moet egter nie te vroeg juig nie. Dit is nie goed genoeg dat jou vyand flaters begaan nie. Jy moet ook iets doen om self die morele hoë grond te beset. Ongelukkig het ons nog steeds ‘n groot agterstand wat ons beeld betref, weens baie suksesvolle propaganda van ons talle vyande, maar ook weens ons eie foute. Net soos Mandela se lig nog steeds skyn en nie ten volle deur ‘n Malema uitgedoof kan word nie, net so sukkel ons nog steeds met die beeld van die “lelike Afrikaner” wat deur persone soos Terre’Blanche, te reg of te onreg, oor jare gevorm is. Dit is nog steeds verbasend hoeveel buitelanders, selfs joernaliste wat eintlik op hoogte van die nuus behoort te wees, die Afrikaner net in terme van die stereotipiese “AWB-bebaarde-boepens-rassis” sien en glo dat die AWB ‘n magtige organisasie is.
Organisasies soos AfriForum en Solidariteit, in ‘n mate die VF+ (wat egter nog steeds as gebore uit die regse voor 1994-bewegings gesien word) en ook die Orania Beweging en die nuwe FAK, en leiersfigure soos Flip Buys, Kallie Kriel, Pieter Mulder en Carel Boshoff (iv) help om die negatiewe beeld te breek. ‘n Afrikaanse Mandela-figuur sien ek egter nie en geen wit persoon kan daardie emosies van jammerkry gemeng met bewondering wat ‘n charismatiese persoon soos Mandela of Obama by die buitelanders wakker maak nie, tans weergee nie. ‘n Leier met die ou boodskappe, met kwasi-fascistiese optrede, opruiende toesprake en rassistiese en Nazi-simpatieë is die laaste ding wat ons nou nodig het.
Dit is beter om geen leier te hê nie as een wat jou in die afgrond lei, óf deur verraad, óf deur uitsprake en optrede wat ‘n verleentheid vir sy volk raak. Ons het genoeg goeie mense wat leiers op hulle terreine is, organisasies wat in die regte rigting werk en ‘n ideaal wat ons saamsnoer.
by Orania Beweging | Sep 28, 2011 | Nuus |
By Aaron Kahland, ambassador of Orania in Germany.
I’d like to start by telling you a story from the country where I live, Germany. It is the story of Max Planck, the great German physicist. In 1918 Professor Planck won the Nobel Prize for his work on quantum theory. With this new fame he was asked at universities throughout Germany to give speeches on his discoveries. One evening he was due to give a speech in Munich. On the way there, Planck was having a discussion with his driver and his driver asked him if he had prepared the speech he was to give that night. Planck answered ‘no, I haven’t prepared, I have given this speech so many times that I can tell it by memory.’ His driver responded, ‘I have heard your speech so many times I could probably give it.’ Hearing this, Max Planck thought for a moment and then said to his driver, ‘why don’t we test your theory and you dress nicely and give the speech and I’ll sit in the front of the audience and pretend to be your driver and we’ll see if anyone notices.’
And, according to their plan, when they arrived Planck’s driver got up in front of the audience and gave a speech on very complicated physics in front of an audience of Munich’s scientific community. He delivered it so well that no-one noticed that it was not Planck himself. However, after the speech was given, there was time for questions from the audience. Sure enough someone from the audience stood up and asked a question on Planck’s quantum theory. For a moment the driver stood still and then he slowly shook his head and said, ‘I was led to believe that Munich was a sophisticated and intellectual city. So it surprises me that someone from this audience could ask me such a simple question.’ The driver then pointed to Max Planck in the audience and said ‘Indeed it is so simple that I am confident that even my driver could answer it.’
The reason I told you this story is that today I feel a little bit like Max Planck’s driver because I have been asked to speak a little about Afrikaner history. I am an economist by trade but I shall do my best and hopefully, I can introduce something new to you anyway.
I’d like to begin by going back in time to the mid seventeenth century when the Dutch state established a mercantilist outpost in Southern Africa whose mission it was to establish a port to provision Dutch trading ships travelling between Europe and the Dutch East Indies. In 1652, around two hundred Dutch East India employees and indentured servants arrived to create a settlement that would later become Cape Town. I want to emphasize that this was not some colony of free settlers but that the people brought over were in an initial state of semi-slavery and were provided very few freedoms. In 1657, 40 of these indentured servants were freed by the Governor. These freed men took up farming and grazing. These activities were permitted by the Dutch East India Company who wanted food to feed their growing town. Any other activities were strictly regulated and attempts by freemen to engage in free enterprise were forbidden including trading with the local KhoiKhoi though this happened despite the regulations. The monopolist V.O.C. did not allow the establishment of a free market but instead fixed the prices for goods produced by the burghers. These fixed prices often did not cover the costs of transportation and left free burghers economically impoverished. To escape this tightly controlled economic environment, many burghers began trekking east beyond the company’s control. The company then forbade migration or trade with the natives, a law that was introduced in 1677. The law wasn’t terribly effective because the government reintroduced similar laws in 1727, 1739, 1770, 1774, and 1786.
I have to say that I very much admire the attitude of your ancestors towards stupid laws restricting their freedoms. A very healthy attitude in my view.
I want to return to the Boer treks a little later but first I want to take a little look at what else was happening in the world at around this time.
The most important political development at this time was the growing rebellion against British rule in North America which had broken out in 1775.
Around a year after the outbreak of war against Great Britain the Declaration of Independence was issued which outlined the reasons the American colonists now considered themselves free of political ties to the former motherland.
The most often quoted portion of the declaration is the following,
‘We hold these truths to be self-evident, that all men are created equal, that they are endowed by their Creator with certain unalienable Rights,[75] that among these are Life, Liberty and the pursuit of Happiness.’
These words were largely borrowed from John Locke a philosopher of the Enlightenment who wrote that man had the right to life, liberty and property.
Perhaps more important than this part of the preamble however is the means of achieving them. So wrote Thomas Jefferson,
‘That to secure these rights, Governments are instituted among Men, deriving their just powers from the consent of the governed, That whenever any Form of Government becomes destructive of these ends, it is the Right of the People to alter or to abolish it, and to institute new Government, laying its foundation on such principles and organizing its powers in such form, as to them shall seem most likely to effect their Safety and Happiness.’
These words are very powerful and help to make this document, I feel, one of the key political writings of Western Civilization. Peoples have a God given right to rebel against their government. This was the principle upon which the United States of America was founded – and according to Thomas Jefferson, a principle which all men were granted.
Going back to the Cape now, it wasn’t long after the US achieved independence that the first Boer attempt to break-away from Dutch colonial rule was attempted with the creation of the short lived Graaf-Reinet republic along the frontier. By the time the British returned to the Cape in 1806, the Boer national consciousness was well established and with it the concept of self-rule.
In 1815, some frontier Boers began a renewed revolt against British rule at Slagters Nek after colonial authorities attempted to enforce British law along the frontier. In the trials following the failed rebellion, which led the execution of five men, one of the defendants stated before the court, ‘I am a young man who does not yet know what a Government is, as I was never near one.’
If the young man’s statement in his defense is representative of the motives for rebellion then this early Boer rebellion is illustrative of something very interesting. Unlike the American rebellion against British rule which established the right to rebel and form a new government, this early Boer rebellion was a fight to remain free from government. This is an important distinction.
The idea that a people can live without government seems, in our day and age, a difficult concept to accept. People tend to think of chaos and lawlessness. However, living without government, or living without a state, is not the same as living without governance. I believe that the early Boer experience is a good place to look to find evidence of this.
Indeed the American historian Joseph Stromberg wrote of the early Boer ideal as maatskaapy, a society of ‘free and independent men.’ A Boer felt that he required 6000 acres to be economically independent and as Stromberg writes, ‘Boers would move each generation, and would trek large distances to get away from unwanted government supervision.’
Stromberg also writes that ‘The Boers were united as maatskappy, a loose community of individual proprietors, the commando, a volunteer military arm their society, and as co-relioginists. More supervision than this they did not want. A Boer patriarch, sovereign on his own plek, with his wife, children and retainers, and armed for defense of his family and property, corresponded quite well – like the Anglo-Celtic Southerner – to the ideal citizen of classical republican theory.’
Indeed, Stromberg was right. The old Boers very much represented the ideal citizen of classical liberalism which was promoted most prominently by many of the founding fathers of the United States, and in particular, Thomas Jefferson.
Jefferson believed that an agrarian society was one which offered the best prospect for a free society. Despite being well known as an author, he only wrote one book, titled ‘Notes on the State of Virginia,’ written in 1781. In it he wrote,
“Those who labor in the earth are the chosen people of God, if ever he had a chosen people,
whose breasts he has made his peculiar deposit for substantial and genuine virtue. It is the focus
in which he keeps alive that sacred fire, which otherwise might escape from the face of the earth.
Corruption of morals in the mass of cultivators is a phenomenon of which no age nor nation has
furnished an example. It is the mark set on those, who not looking up to heaven, to their own
soil and industry, as does the husbandman, for their subsistence, depend for it on the casualties
and caprice of customers. Dependence begets subservience and venality, suffocates the germ of
virtue, and prepares fit tools for the designs of ambition. . . . “
Thomas Jefferson as US president went to great lengths to achieve his vision of a free people in a new land. He reduced the size of government, cut taxes and avoided conflict with foreign nations as best he could. He wrote that,
‘Every government degenerates when trusted to the rulers of the people alone. The people themselves are its only safe depositories.’
Jefferson’s ideal of an agrarian republic was best illustrated in the south of the U.S., including his native Virginia, where society was dominated by independent farmers. This is a society that shared some similarities with the Boer republics established in Southern Africa.
Stromberg wrote however that, ‘unlike the Southerner, the Boers were of a simpler school. Their nearest approach to liberalism was the notion of covenant. Thus it makes sense to think of the Boers as patriarchal, pastoral Calvinists living out a practical frontier anarchism.’
Now, I realize the word anarchist might seem unusual but what Stromberg means here anarchy in its true definition which comes from the original Greek meaning ‘without a leader’ or ‘without a state.’ Living without a state today seems like an unusual concept however what is it we speak of when speaking of a ‘state’? The German philosopher Hans Hermann Hoppe defines it as such,
‘A state is a territorial monopolist of compulsion, an agency which may engage in continual, institutionalized property rights violations and the exploitation of private property owners through expropriation, taxation, and regulation.’
So a state affords itself a monopoly on violence so that it can exploit those living within its territory of control. And so it is here South African government that has forbidden the use of the age old Commando system of voluntary self-defense. The Commando threatens the state’s monopoly on violence.
Piet Retief wrote in his manifesto before undertaking his Great Trek that he and his followers had decided to ‘quit this colony with a desire to lead a more quiet life than we have heretofore done.. under the full assurance that the British government had nothing more to require of us, and will allow us to govern ourselves without its interference in future.’
Hermann Giliomee writes that Retief emphasized in his manifest that ‘those undertaking the trek would take no-ones property but would defend themselves against attacks on their lives and property. They would make laws to govern themselves and would make their intention to live in peace clear to the black tribes amongst whom they settled.’ Retief wrote in his manifesto that ‘We desire to be considered a free and independent people.’
So off the Voortrekkers went to free themselves from Imperial state control. When they undertook their monumental trek, it is important to note that they did not travel without purpose. They intentionally avoided areas already settled. So they did not travel directly to the North where they were aware the Griqua lived. Nor did they travel to the East where the main Xhosa areas were. Instead the wagon trains headed North East into territory that had been decimated by a violent Zulu war of extermination against neighbouring tribes – a war that is estimated to have killed up to one million Africans.
So when the Voortrekkers set-off to live free of British rule they intended from the outset to find land on which to live that would not bring them into conflict with existing inhabitants. This is something that is largely unique in the history of the New World. Unlike Northern European settlers in North America, Australia, or New Zealand, the Boers did not engage in the extermination of already established peoples in order to settle a new land for themselves.
by Orania Beweging | Sep 28, 2011 | Nuus |
In sy onlangse bitsige aanval op AfriForum skryf Adriaan Basson, die assistentredakteur van City Press, dat hy net soos Kallie Kriel, aan wie die opebrief gerig is, ‘n wit Afrikaner van Afrika is. Hy gaan voort om te sê: “Ek dink egter ons interpretasies oor wat dit beteken om ’n Afrikaan-Afrikaner in Suid-Afrika te wees, verskil wêrelde, so ook ons menings oor die plek van Afrikaners in 2011.”
Verlede Saterdag sit en luister ek na dr Christoph Von Ach, voorsitter van ‘n Orania-ondersteuningsgroep in Suid-Tirool, ‘n grotendeels outonome provinsie in die noorde van Italië, tydens die Orania Beweging se jaarlikse Burgervergadering. Dr Von Ach vertel van die pad wat sy minderheid, die Duitssprekende mense van die provinsie Suid-Tirool, sedert die einde van die Eerste Wêreldoorlog geloop het om deur groter selfbeskikking beheer oor hul eie lot te kon bekom.
Die mense van Suid-Tirool beskou hulself eerstens as Suid-Tirolers. Hul identiteit as Italianers is ‘n geografiese toevalligheid. Tog beskou niemand in Europa hierdie minderheid van sowat 500 000 mense as ‘n groep wat in die pad van ‘n beter Italië of selfs ‘n sterker Europa staan nie.
Na die Eerste Wêreldoorlog is Suid-Tirool by Italië ingelyf en is die Duitssprekende minderheid se taal en kultuur vir dekades deur die Fascistiese regering onderdruk. Suid-Tirool het eers vanaf die 1970’s daarin geslaag om groter beheer oor sy eie instellings en regering te kry.
Tog het die taal en kultuur van die mense van Suid-Tirool sterk gebly. Dr Von Ach skryf dit toe aan ‘n sterk samehorigheid van dié minderheidsgemeenskap na die Eerste Wêreldoorlog. Ten spyte van al die pogings van Italië om Suid-Tirolers van hul taal en kultuur te ontneem, het die teenoorgestelde gebeur en het Suid-Tirolers saamgestaan en moeite gedoen om hul taal en kultuur uit te bou en te bevorder.
Indien jy vir die meeste mense in Suid-Tirool sal vra wie hy is, sal die antwoord vinnig en maklik kom: Südtiroler! Regoor die wêreld is daar vandag minderhede wat stoei met die vraag oor identiteit. Die Baske en Kataloniërs in Spanje, die Franssprekende bevolking in Kanada, die Samis van Skandinawië, die Hongaarse minderheid in Roemenië, die Mapuche-minderheid in Chili en baie ander word almal uitgedaag met die vraag oor watter identiteit eerste gestel moet word.
Daar is toenemend ‘n tendens dat minderheidsgroepe ‘n veelvoudigheid van identiteite erken, maar hul voortbestaan direk koppel aan die belang van die posisie van hul volksidentiteit.
‘n Professor van die Universiteit van Pretoria, en groot ondersteuner van Orania, noem die afgelope naweek tydens ‘n werkswinkel in Orania, dat Afrikaners juis vir lank teen die idee van ‘n nasionale identiteit gestry het. Vroeë Afrikaners was in hul wese teen kolonialisme en latere Suid-Afrikaanse nasionalisme. Juis daarom was die twee Boererepublieke sterk libertyns van aard en het baie Boere steeds nie van die klein juk van ‘n regering gehou nie! Eers na Uniewording het Afrikaners die Suid-Afrikaanse identiteit opgeneem en juis in die hoop om daardeur weer beheer oor hul eie lot te verkry, soos wat dan ook die geval was tydens die twee periodes van Afrikanerregering wat in 1994 tot ‘n einde geloop het.
Wat egter nie in 1994 gebeur het nie, was ‘n verlies aan juis daardie nasionale identiteit onder Afrikaners. Dit is dan ook hier waar Afrikaners in ‘n ander rigting as die mense van Suid-Tirool beweeg, want toe Suid-Tirool in 1918 deel van Italië geword het, het sy mense geweier om Italianers te word. Toe Afrikaners egter in 1910 deel van ‘n nuwe Suid-Afrika geword het, het hulle die identiteit van Suid-Afrikaners hul eie gemaak en ten spyte van ‘n verlies aan die beheer oor hul eie lot het hulle selfs na 1994 daardie identiteit grootliks behou.
Dit bring my terug by Adriaan Basson se brief aan Kallie Kriel. Daar is ‘n sterk stroming van Afrikaners wat hul Afrikaneridentiteit erken, nie omdat hulle dit wil behou of bevorder nie, maar wel vanuit ‘n posisie van skulderkenning en selfbejammering. Dit is ook die groep mense wat oordrewe uitdrukking aan hul Suid-Afrikaanse identiteit wil gee deur die Suid-Afrikaanse vlag op hul motors te vertoon en tydens rugbywedstryde op hul voorkoppe te laat verf. Dit is ook dié groep mense wat soos Basson hulself Afrikaan-Afrikaners noem. Hul liefde vir die nasiestaat en die Afrikakontinent moet opmaak vir die las van Afrikanerskap.
Ek weier om toe te sien hoe my Afrikanerskap as ‘n soort van simbool van selfmarteling gebruik word. Ek sê dit dus hard en duidelik: Ek is ‘n Afrikaner! En ja ek is ook ‘n Suid-Afrikaner en Afrikaan, maar nie omdat dit my wese vorm nie, maar omdat ek noodgedwonge in Suid-Afrika en op die Afrika-kontinent woon.
Basson se verstaan van waar Afrikaners in 2011 moet staan – in diens van die nuwe nasiestaat wat assimilasie van minderhede as voorwaarde vir voortbestaan vooropstel – is dus iets waarin ek nie belangstel nie. Die kamma-identiteit van Afrikaan-Afrikaner staan my nog minder aan. Dit beteken egter glad nie dat ek minder lief is vir hierdie grond en hierdie plek as enige ander groep in hierdie land en op hierdie kontinent nie. Dit beteken ook nie dat ek minder omgee vir die lot van die res van Afrika en Suid-Afrika se mense nie.
Die Afrikaner sal net ‘n toekoms hê as ons, onsself kan begin losmaak van ons groot liefde vir die nasiestaat en as ons, ons eie identiteit eerste kan stel. En laat ek dit duidelik stel: Dit het niks met velkleur te doen nie, want jou identiteit word nie deur jou velkleur gevorm nie, maar deur jou verbintenis aan ‘n geskiedenis, kultuur, taal en tradisies wat oor eeue hier aan die suidpunt van Afrika gevorm is.
Hierdie artikel het oorspronklik op www.maroelamedia.co.za verskyn.