fbpx

deur dr Wynand Boshoff

Vir ingeval iemand nie agtergekom het nie, daar is mense in Suid-Afrika wat net mooi niks van selfbeskikking hou nie. Veral nie as Afrikaners dit wil beoefen nie. Panyaza Lesufi, byvoorbeeld.

Politieke liberalisme en sosialisme het een ding in gemeen: ’n Teensin in die gedagte dat kulturele verskille politieke betekenis het. Vir dié twee ideologieë het net die individu en die staat politieke betekenis.

Vir die liberalisme gaan alles om die individu en sy/haar belang, maar die staat is tóg nodig, omdat individuele belange soms bots.

Vir die sosialisme gaan dit weer oor die samelewing en dat almal daarbinne gelyk moet wees. Die staat beliggaam die samelewing. Daarom het dit die mag (en plig) om individualisme te onderdruk.

Al wat kulturele verskeidenheid volgens die liberale – of sosialistiese staat doen, is om die harmonie te versteur; dit bring verdeeldheid deur politieke betekenis aan private voorkeure te gee.

Dat die liberale én sosialistiese staat wel een of ander taal gebruik en een of ander dominante kultuur vertoon, is volgens hulle suiwer toevallig. Eintlik is taal neutraal en wat jy kultuur noem, is maar net goeie orde.

Dan is daar die Afrikanisme, vir wie taal en kultuur nie neutraal is nie, maar ’n vorm van óf onderdrukking, óf bevryding. Ter wille van bevryding moet stamgebondenheid (“tribalism”) met ’n groter, enkele Afrika-identiteit vervang word.

In hierdie drie beskrywings (al is dit baie vereenvoudig) vind ons die politieke denke van die DA, die ANC en die EFF. Selfbeskikking druis in teen die wese van elkeen van dié drie denkraamwerke.

En tog. ’n Mens se kultuur is so deel van jou, dat jy dit nie eers kan aflê as jy probeer nie. Daarom is etniese spanning in land wat dit onderdruk, nooit ver van die oppervlak nie.

Daar is nog ’n probleem. Selfbeskikking moet van liberaliste, sosialiste en Afrikaniste beding word, wat niks anders hoor as apartheid onder ’n nuwe naam nie.

Ek sê maar, sodat ons nie dálk dink dis maklik nie.

Die menings van skrywers weerspieël nie noodwendig die mening van die Orania Beweging nie

8 Comments

  1. Roussouw Badenhorst

    Dankie Dr Wynand – Na ek die gelees het sou ek amper se dat dit nou sin maak om op te hou met hofsake, gespreke met ee-tv en om net onder die radar te bly tot die reus reg is om te praat. Dan moet jy seker ook jou ander vriende vra om nie die Lesufis van die wereld aan te wakker nie en net om die gedagte te laat groei… Dit is dalk ook veral belangrik in so vrugbare tyd soos nou en getalle te laat groei, selfs eksponesieel. Of nie?

    Reply
  2. Charl Loubser

    Dit is baie maklik.

    Want in Suid Afrika word ons almal grootgemaak met die gesindheid van “as jy nie vir my is nie is jy teen my.” So, weereens is dit ‘n rasse-ding en ‘n geleentheid om rassisme te bevorder. En ja, die ANC is die tweede grootste rassiste in die land.

    So, met daardie gesindheid is enigiets wat nie VIR iemand of iets anders is nie TEEN hulle. So, as jy net vir jouself of vir iemand/iets anders is, is jy mos duidelik teen die ander groep en dus as jy vir jouself is, is jy duidelik teen enigiemand wat nie vir jou is nie. So dit beteken as jy oor jouself wil beskik haat jy enigiemand anders en is jy teen hulle. Maak nie saak wat hulle aksies en dade sê nie.

    Terwyl ons almal (behoort) te weet dit is nie so nie.

    Reply
  3. VIRIATVS

    The justified endeavour for a sovereign Afrikaner Republic will only be possible with an embrace of the Orania Movement as the standard bearer for all White Africans.

    After decades of the Oranian Administration, complying with the exigencies of forces who despise any White endeavour to survive, have resulted in a small town of less than three thousand citizens. Why? Orania explicitly functions on an Afrikaner cultural axis.

    Untill recently, the success of the White New World, United States of America, Canada, Australia and New Zealand were founded on a policy of White immigration with White labour.

    If Orania wants to grow into a veritable seed for Afrikaner liberty and cultural growth, the Orania Movement needs to attract the entire White World to support the cause of the White African and their principal foundation, the Afrikaner Volk.

    Start by having the Orania Internet platform broadcasting in not only Afrikaans but also in English, French, German and Russian.

    The Orania Movement’s brand needs to expand their presence with relevant and updated dissemination on all subjects pertaining to the Afrikaner and a White African perspective.

    Alternative platforms need to be established and the facilitation for supporters of this White African cause to financially support the Orania Movement.

    Wynand Boshoff and Pieter Groenewald can talk and perform as much as they want at the occupied legislature in Cape Town, until a sovereign Afrikaner state is established, the extermination of the White African will continue with increasing savagery.

    Reply
  4. LELANIE SMUTS

    Ek wil meer uitvind hoe ons orania toe kan trek

    Reply
  5. Johan Pretorius

    Dagse^ ! Ek het eiendom net buite Port Elizabeth . 8.5 HT (10 morg). Ek betaat belasting teen ‘n waardasie R 2.5 m. Help my om die grond te Verkoop Dan trek Ek more! Groetnis en sterkte vir 2021. Johan Pretorius.

    Reply
  6. Lenard P. Sprang

    Beste Dr. Boshoff,

    hartelijk dank voor dit zeer leuk artikel!
    Jullie, Afrikaners, hebben veel aanhangers hier in Europa. Uiteindelijk zal het recht zegevieren en zullen de Afrikaners vrijheid en zelfbeschikking krijgen. Daar ben ik zeker van.

    Reply

Submit a Comment

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.

nineteen − 16 =