Raadsverkiesing 2023
Baie dankie vir u gewilligheidheid om persone te nomineer wat u waardig ag om as Orania ambassadeurs op die Orania Beweging se Raad te dien!
Volg asseblief die instruksies hieronder.
‘n Verkiesing van nuwe Raadslede van die Orania Beweging vind op Saterdag 18 Maart 2023 tydens die ledevergadering in Orania plaas. Slegs lede van die Orania Beweging mag kandidate, wat ook lede van die Orania Beweging is, nomineer. Slegs lede wie se ledegeld opbetaald is sal toegelaat word om kandidate, wat ook opbetaald moet wees, te nomineer. Die voorgesteld lid moet toestemming gee om as Raadslid nomineer te word.
Nominasies moet die Orania Beweging se kantoor voor Woensdag 15 Maart 17:00 bereik. Hierdie nominasievorm kan elektronies ingevul word. Harde kopieë kan by die kantoor ingevul word vir persone wat dit so verkies.
Soos kommunikeer met die relevante Raadslede, verstryk die volgende persone se tydperk op die Raad. Almal is herverkiesbaar, indien hulle hulself beskikbaarstel.
1. Dr JC Strydom. (alreeds genomineer)
2. Mnr Flip Buys. (alreeds genomineer)
3. Mnr Frans de Klerk. (alreeds genomineer)
4. Mnr Francois Joubert. (alreeds genomineer)
5. Mev Lida Strydom. (alreeds genomineer)
6. Mnr Carel Boshoff. (alreeds genomineer)
7. Dr Pieter Mulder. (alreeds genomineer)
8. Mnr Albert v Zyl. (alreeds genomineer)
9. Mnr Christiaan v Zyl. (alreeds genomineer)
10. Dr Dirk Herman. (alreeds genomineer)
11. Frans de Klerk jnr (alreeds genomineer)
Gekoöpteerde Raadslede.
1. Mev A Joubert. (alreeds genomineer)
2. Mnr Jaco Mulder. (alreeds genomineer)
3. Dr Manie Opperman. (nie herkiesbaar)
4. Mnr Ebert Terblanche (alreeds genomineer)
5. Mev Hester van Zyl. (alreeds genomineer)
6. Dr Chris Verwoerd. (nie herkiesbaar)
Raadslid wat op eie versoek uittree:
Mnr Sarel Roets. Posisie vakant
Nuwe Raadslede kan ook genomineer word.
Elke Raadslid (insluitend herverkiesings, moet nomineer word) vorms binnekort beskikbaar.
NB: ‘n Nuwe (of herverkose) UR moet ook vanjaar aangewys word.