fbpx

Die moorde op die Potgieter gesin het die leefwêreld van Afrikaners weereens geruk.

Die vraag wat by my spook is wat nou?

Nog ‘n graf in die gras?

Is dit al?

Gaan dit maar net nog ‘n gebeurtenis in ons geskiedenis wees wat lei tot verdere spanning, polarisasie, vrees, gevoel van hulpeloosheid, vervreemding en verdere emigrasie?

Orania is ‘n gemeenskap vir Afrikaners, deur Afrikaners.  Daardeur voel ons ‘n noue verbintenis met die wel en weë van al ons volksgenote.  Sensitief vir elke bode wat roep dat ons gaandeweg al minder word, meer versprei en op buiteposte soos Lindley en Arlington uiteindelik net ‘n fluistering word van ons voormalige teenwoordigheid.

Hartseer vir elke kind wat nie die geleentheid gaan kry om warm in ons son te bak en in die lafenis van die Oranjerivier te baljaar nie.

Indien u nog nie op Orania tyd spandeer het nie, kom en bring u gesin terwyl daar nog geleentheid daarvoor te maak is.

Ons wag vir u.

Hier is dit veilig.