Aktiwiteite
Orania het ʼn sterk toerismesektor wat beteken dat daar verskeie geleenthede is vir besighede in die toerisme, avontuur en vermaak bedrywe. In vakansietye is Orania ʼn besoeker se droom met al die aktiwiteite wat plaasvind in en om die dorp en Desembervakansies het selfs ʼn formele program waaraan besoekers en inwoners kan deelneem. Vir die grootste gedeelte van die jaar egter, word die meeste Orania aktiwiteite vanuit die privaatsektor aangebied. Die Orania Beweging sa; gedurig hierdie lys bywerk.
Regdeur die jaar is daar egter verskillende plekke om te sien, dinge om te proe en kultuur om te ervaar wat ʼn besoeker se Orania ervaring sal vervolmaak en afrond.

Grootrivier Brouery
Grootrivier Brouery is geleë in die rustigheid van Stokkiesdraai Park. Hier kan besoekers Jan, Koos en Piet (natuurlik van Riebeeck, de la Rey en Retief!) kom proe. Hierdie brouery spesialiseer in die brou van ‘ale’s’ en het ook verskillende proe-pakkette beskikbaar.

Aan-die-Oewer
Aan-die-Oewer is nie net verblyf vir vakansiegangers nie, hierdie juweel van ʼn oase langs die Oranjerivier bied toeriste die geleentheid om aan ʼn verskeidenheid lekker aktiwiteite deel te neem. Oewer Avonture bied aan vakansiegangers alles van asemrowende Girokoptervlugte oor die Oranjerivier en Orania-gebied, tot vierwielmotorfietsavonture en watersport. Die watersport aktiwiteite sluit ski, jetski’s en roei in. Rustiger vakansiegangers kan ʼn sonsondergangvlotvaart bespreek of afdryf in die rivier met binnebande.
AAN-DIE-OEWER 053 207 0118 / 076 265 2675

Stokkiesdraai Avontuurpark
Een van die eerste aansigte van Orania vir besoekers, is Stokkiesdraai Park reg langs die R369. Hier kan besoekers koffie, boetiekbier of tradisionele kos kom probeer terwyl bokkies, hoenders en ander diere rustig naby hulle wei.
Hier is ʼn verskeidenheid van eet- en kuierplekke en klein winkels om te besoek.

Bavaria Brouery
Bavaria Brouery bied regte Duitse brougenot aan kranige bierproeërs. Sepp, die Duitse broumeester en sy vrou Rita ontvang gaste vir ʼn heerlike saamkuier en proegeleentheid. Kom proe verskillende Weiss-biere, die Afrikanerbier, die Pretorianer of Lager.

Kul’tier’melk Mampoerproe
Loer in by Johan de Villiers om jou staal te toets met die alombekende (of is dit berugte!) kul’tier’melk of Kliprif mampoer. Vir die liggewigte is daar ʼn heerlike heuningmampoer ook beskikbaar.

Sterreland Filmteater
Kom sit heerlik agteroor vir ʼn lekker knus vakansiefilm. Kry gerus ʼn program direk by Sterreland en ontspan met springmielies en koeldrank!
STERRELAND 079 625 2137

Bittereinder Distilleerders
Bittereinder bied ʼn verskeidenheid van ‘slagveldvoggies’ aan vir die hardebaarde. Brandewyn, Vodka, Piesang- en Perskeschnapps en Jenewer gebrou in Orania is hier beskikbaar.

Orania Beweging
Die Orania Beweging is die idee-beweging wat die Orania idee aan belangstellendes verduidelik en Orania bemark. Hier kan belangstellendes by die Orania Inligtingskantoor meer oor Orania tewete kom. Gaan op ʼn gratis dorpstoer onder leiding van een van ons kundige toergidse of gaan ervaar lewende geskiedenis by een van Orania se twee museums of kry net ʼn oulike Orania aandenking te kope!
Inligtingskantoor 053 2070 004