Aansoeke is nou gesluit

Die Orania Beweging het die volgende poste, of kombinasie van poste beskikbaar:

1. Ontvangs- en winkelbeampte

2. Kommunikasie en sosiale media beampte 

3. Junior inhoudbeampte of video redigeringassistent.

 Van die poste kan gekombineer word na gelang van die kandidate se vermoë.

    1. Die kandidate moet die Orania idee verstaan of aanleer, dit aktief wil help vestig en uitbou, in ons Christelike raamwerk inpas, en oor verblyfreg in Orania beskik of aansoek doen.

    2. Verantwoordelikhede van ontvangs/kommunikasie kandidate kan insluit:

    • Hantering van navrae oor Orania
    • Werk met gaste, toeriste, joernaliste en ander besoekers
    • Verkoop van Orania- en ander produkte asook aandenkings
    • Administratiewe vaardighede
    • Uitbou, bemarking en meer van die Orania idee op welke wyse soos deur die Uitvoerende hoof of span bepaal
    • Stiptelikheid, vriendelik, netheid en tweetalig
    • Goeie taalvaardighede
    • Vermoë om goed in ‘n span saam te werk

    3. Verantwoordelikhede van ‘n inhoudskepper/video redigeerder (Kan ook halfdagpos wees):
    Insameling, verwerking en plasing van video- en fotomateriaal. Sluit in afneem van onderhoude, gebeure, advertensies, en ander Orania Beweging media. Skepping van basiese grafiese ontwerpe. Die pos behels ateljee werk, maar ook om uit te gaan en in die “veld” af te neem. ‘n Groot deel van hierdie pos behels die verwerking van rou materiaal en sortering van visuele media in ‘n georganiseerde databasis.

    Minimum vereistes:

    • Matrieksertifikaat
    • Verblyfreg in Orania
    • Kamera bevoegdheid
    • Kennis van video verwerkingsprogram/bereidwilligheid om te leer
    • Kennis van grafiese ontwerpersprogram/bereidwilligheid om te leer

    Die volgende sal in die kandidaat se guns tel:

    • Goeie ervaring in verband met video-verwerking
    • Geoefende oog vir foto- en videografie
    • Goed belyn met Orania en Orania-beginsels
    • Goeie begrip van inhoud
    • Aanvoeling vir sosiale media en media oor die algemeen
    • Stiptelikheid en netheid
    • Vermoë om goed in ‘n span saam te werk

    4. Die aanstellings behels ‘n drie maande proeftydperk. Salaris sal afhang van verantwoordelikhede en kan tydens onderhoud bespreek word. Slegs CV’s in Afrikaans sal enigsins oorweeg word, wat in lyn is met Orania se strewe as Afrikanerkultuurtuiste. Stuur jou CV met ‘n kort motivering na aansoek@orania.co.za. Sluitingsdatum van aansoeke: 31 Mei 2025.

    0
      0
      Jou Mandjie
      Jou mandjie is leegKeer terug na Winkel